Aangebied deur Penguin Random House: Vuilspel was die eerste roman in Afrikaans wat fokus op lesbiese karakters uit die bruin gemeenskap. Haar nuwe roman, Slaafs, breek grond in Afrikaanse fiksie met sy fokus op mensehandel. Melt Myburgh gesels met die bekroonde krimi-skrywer.
Aangebied deur Penguin Random House Chris Schoeman gesels met Albert Grundling oor die derde Van Gogh-broer, Cornelis, wat in Nederland grootgeword het, maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Sy boek steun op briewe en argiefstukke wat lig werp op Cornelis se verhouding met sy beroemde broer Vincent.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Adele van der Merwe en Jeske Wellman (Eet gesond, voel gesond: Beveg kanker met voeding), Arien van der Merwe (Hanteer diabetes) en Hilda Lategan (SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit) gesels met Carmen Niehaus oor hoe die regte voeding ons gesondheid beïnvloed en verbeter.
Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Adri-Louise was die redakteur van LiG en die eerste vroulike redakteur van Kerkbode. Danny werk as vryskut in die mediabedryf. Hulle het laat in hulle lewe verloof geraak, maar kort daarna is Adri-Louise gediagnoseer met fase 4 kanker. Milanie Vosloo vra Danny uit…
Presented by Penguin Random House: The Seed Thief is a modern love story with an ancient history, a tale that moves from flora of Table Mountain to the heart of Afro-Brazilian spiritualism. Author and editor Helen Moffett talks to Jacqui L’Ange, former editor of The Oprah Magazine, about this entrancing…
Piet Naude en Julie Claassens Die woord “evangelie” kom van die Grieks “euangellion” en dit beteken die goeie of blye boodskap. ’n Mens wonder egter of die nuus wat eng’lekore eens oor herdersvelde uitgesing het, vandag nog ter sake is. En met soveel vrae oor die gesag van die Bybel, wat…
Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Lien Botha is ’n kunstenaar-fotograaf wat bekend is om haar talle nasionale en internasionale tentoonstellings. Haar debuutroman, Wonderboom, speel af in ’n postapokaliptiese Suid-Afrika en is deur resensente beskryf as een van die belowendste en opwindendste debute in ’n lang tyd. Saartjie Botha…
Mandla Langa (The Texture of Shadows) and Ingrid Winterbach (It Might Get Loud) were both longlisted for the Financial Times / Oppenheimer Funds Emerging Voices awards. They talk to Michiel Heyns about literary prizes and how they feel about being labelled “emerging voices” after receiving numerous other awards during their…
Aangebied deur Jonathan Ball: Oorlog-Beeld volg die verloop van die Anglo-Boereoorlog in koerantformaat. Daar word nie net oor militêre konfrontasies berig nie, maar ook oor die kommandolewe, ervaringe van krygsgevangenes, vroue in konsentrasiekampe en Boere-afgevaardigdes in die buiteland, asook mense soos president Paul Kruger en Emily Hobhouse. Jackie Grobler in…
Aangebied deur Lapa: Sophia Kapp (Honderd en een oorlewingswenke vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.
Aangebied deur LAPA : Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!
Aangebied deur CUM: 558 dae in Yemen is die aangrypende ware verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat in 2013 deur Al Kaïda aangehou is in Jemen. Yolande is later vrygelaat maar Pierre is na 558 dae oorlede. Monique Strydom gesels met Yolande en Maretha Maartens oor dié uitsonderlike boek.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Rachelle Greeff gesels met Hennie van Greunen oor haar nuwe kortverhaalbundel, Die naaimasjien en ander verhale. Rachelle se stories vertel van stukkende mense en hulle stiltes, maar ook hulle vermoë tot liefde anderkant stereotipes en vooropgestelde verwagtings.
Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Bekende akteur en regisseur Regardt van den Bergh gesels met Danny Fourie oor sy lewe, sy suksesse en teleurstellings, die Suid-Afrikaanse filmbedryf en die onvergeetlike ontmoeting met God wat sy hele lewe vir goed verander het.
Schoeman Boerdery bestaan al vanaf 1919 en Kallie is reeds vir 37 jaar aan stuur van sake. Die familieboerdery staan hoofsaaklik op twee bene: akkerbou in die distrik Delmas en sitrus op die bekende plaas Moosrivier by Marble Hall. Mense is hul grootste bate en Kallie streef daarna om goeie…
Aangebied deur Penguin Random House: Jack Parow het meer as 7 miljoen aanhangers op YouTube, cd-verkope van oor die 100 000, en sy lirieke word as van die bestes in Afrikaans beskou. Skrywer en joernalis Herman Lategan kuier saam met Parow. Kom ervaar Parow soos jy hom nog nooit gesien…
Sy het die meeste boeke in Afrikaans verkoop, boer steeds op topverkoperlyste en het onderwerpe soos huishoudelike geweld aangespreek toe dit nog taboe was. Uitgewers Etienne Bloemhof, Nèlleke de Jager en Ettie Williams bing hulde aan Ena Murray, die skrywer wat as die doyenne van die Afrikaanse romanse beskou word.
Aangebied deur Protea: Op 87 publiseer Dirk Mudge sy langverwagte outobiografie oor sy betrokkenheid by die politiek van Suidwes-Afrika, en later Namibië. Hy verduidelik aan Willie Breytenbach waarom dit Namibië so lank geneem het om onafhanklikheid te verkry en watter rol Suid-Afrika daarin gespeel het.
Aangebied deur Naledi: In hierdie biografiese verhaal vertel Randall Wicomb vir Amos van der Merwe van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom ʼn huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie, die duur prys van roem, en hy onthou die besonderse mense wat sy loopbaan beïnvloed…
Presented by Penguin Random House Claire Robertson’s The Spiral House won the the 2014 Sunday Times Fiction Prize. She talks to Michiel Heyns about her arresting new novel, The Magistrate of Gower, which is set in 1930 and explores the courage to choose love over fear.
8 Mar 2016
56 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.