100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
672 Episodes
1 – 20

Bela-wet: Hoe dit jou raak

Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette (Bela) is al ‘n stappie nader om wet te word. Openbare verhore daaroor vind nou weer in Mpumalanga plaas. Donderdag is dit in Ehlanzeni, by Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi. Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole (Fedsas) verduidelik hoe dit die funksionering…
28 Nov 2023 25 min

Antimikrobiese weerstandigheid: Wat dit is

Meer organismes as net bakterieë kan weerstandigheid teen medikasie opbou. Aptekers Eda Verster van Kiaat Private Hospitaal en Leonie van der Westhuizen van Mediclinic Nelspruit verduidelik vir Andri meer oor weerstand teen antimikrobiese middels - en wanneer antibiotika werklik nodig is.
28 Nov 2023 12 min

Kersloffees 10 Desember gehou

Die jaarlikse Kersloffees vind op 10 Desember by die Hervormde Kerk in Mbombela plaas. Die organiseerder, Koos Schoonraad, gesels met Sonop Ontbyt.
28 Nov 2023 9 min

Help om die Witrugaasvoël te beskerm

Veral Witrugaasvoëls sukkel baie tydens die hittegolf. Kerri Wolter van Vulpro gesels met Charles oor hoe jy dit kan aanmeld as jy hulle aantref waar hulle hulp nodig het.
27 Nov 2023 6 min

Mpumalanga Swem bied vakansieprogram aan

Mpumalanga Swem bied vanaf 16 Desember tot 10 Januarie ‘n vakansieprogram aan. Ronel Bekker van Mpumalanga Swem het in die ateljee kom gesels oor wat dit behels, hoekom hulle dit aanbied, en hoe jy daaruit kan baat.
27 Nov 2023 15 min

Verkiesingsregistrasie die naweek

Alle stemgeregtigde kiesers is aangemoedig om hierdie naweek te registreer om te stem. Ter voorbereiding vir volgende jaar se nasionale en provinsiale algemene verkiesings, sal kiesersregistrasiestasies hierdie naweek oopmaak om mense die geleentheid te gee om te registreer. Al 23 296 stemlokale sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00…
17 Nov 2023 12 min

Hoe nou gemaak met veiligheid die feestyd

Jou kans om in die Laeveld deur misdaad geraak te word is een uit drie, sê Frank Swanepoel van Hi-Tech Sekuriteit. Hy gesels met Charles oor maatreëls wat jy kan tref om jou onderneming, huis en self beter te beskerm. Hierdie tyd van die jaar is jy of by die…
17 Nov 2023 13 min

FOR SA gekant teen voorgestelde wysigings aan Spioenasiewet

Die omstrede nuwe Spioenasie-wetsontwerp is 'n baie groot bedreiging vir vryheid van geloof en miskien selfs die grootste dreigement nog sedert die ontstaan van 'n demokratiese Suid-Afrika. So sê Liesl Pretorius, regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (FOR SA). Sy gesels met Sonop Ontbyt.
16 Nov 2023 12 min

Kleinsake Ekspo wil ondernemings na volgende vlak neem

Janine De Bruno Austin is 'n ou Laevelder wat onlangs weer haar intrek geneem het en sy is vol planne om klein ondernemings, wat dalk nog nie eens 'n besigheid is nie maar eerder 'n stokperdjie, na die volgende vlak te neem. Sy sê vir die Verkas-span dat baie mense…
14 Nov 2023 8 min

Mahindra weet voertuie moet wérk

Mahindra Nelspruit weet dat voertuie wérk en nie vir dae buite aksie kan wees wanneer hulle gediens of herstel word nie. Dit is hoekom naverkopediens baie belangrik is, sê Hein le Roux, verkopebestuurder, vir Andri.
7 Nov 2023 12 min

Uniswim Uplands gaan van krag tot krag

Dit is somer en daarmee saam is dit swemseisoen. Daiman Player het saam met Sam en Jeff Howard van Uniswim Uplands Swimming Club by Charles in die ateljee kom kuier. Luister weer hier:
6 Nov 2023 11 min

Universiteit van Mpumalanga vier 10de bestaansjaar

Die Universiteit van Mpumalanga vier vandag sy 10de bestaansjaar. Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon. Die universiteit het die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van…
3 Nov 2023 13 min

Airlink Cup skop die naweek af

Die Airlink Cup skop die naweek af. Jimmy Stonehouse, die hoofafrigter van die Pumas, gesels met Andri en Neels oor die toernooi en hul betrokkenheid.
3 Nov 2023 8 min

Hoe nou gemaak met jou troeteldiere?

Kwaai hitte het 'n groot uitwerking op jou troeteldiere. Dr. Albertus Coetzee van West Acres Dierehospitaal gesels met Charles oor hoe om te maak om mooi na hulle om te sien asook wat jy in plek moet sit voor jy met of sonder jou dierekinders met vakansie gaan.
27 Oct 2023 12 min

Nataniël: Nooit twee keer dieselfde nie

Dit is die 20ste jaar wat Nataniël die Laeveld kom vermaak met sy oorspronklike stories, sy sang en ongelooflike sin vir humor. Riaan Loubser, wat dié konsert reël, vertel vir die Verkas-span hoekom dit al so 'n instelling geword het.
27 Oct 2023 6 min

Maginarium bied volwaardige illusie-vertoning

Die Maginarium, die grootste illusie-vertoning wat die Laeveld nog gesien het, is eersdaags op die planke te sien. Die Amazing André gesels met Amanda oor die kulkuns.
26 Oct 2023 7 min
1 – 20