Radio Pulpit Delf steeds dieper

Delf steeds dieper

Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
66 Episodes
1 – 20

Moses

Vir ‘n laaste keer word hierdie program op ‘n Maandag uitgesaai. Kuier gerus voortaan saam op Vrydag 9 tot 11 vm. In hierdie program gesels ons oor Moses. Wat ‘n man. Watter gehoorsaamheid en opoffering. Luister en beleef saam!
15 Apr 43 min

Die wortels van Abraham

Die ankers van ons geloof, lê in die Woord van God – die Bybel. Waar die Nuwe testament soos ‘n handskoen is, word die Ou Testament die hand. Dit is waar die wortels van ons geloof te vinde is. Dit is waar ons Vader die oorsprong van alles uitlê. Kom…
8 Apr 42 min

Die betekenis van Pase

Gedurende die Paas-tyd, is dit goed om te fokus op die gebeure wat aan hierdie tyd van die jaar sy naam gegee het. In die program Delf Steeds Dieper wat op Maandag 1 April 2024 om 11h00 uitgesaai word, nooi ek jou om te luister na boodskappe wat ons Vader…
1 Apr 33 min

Wat het die Nuwe Verbond regtig verander?

Jaco Scholtz - ‘n Navoser van die Woord en die waarheid van die Woord. Wat is dit wat die Ou verbond van die mens gevra het? Wat hét die Nuwe Verbond kom verander. Kom ons leer – sodat ons kan verstaan wat dit is wat ons werklik moet lééf!!
25 Mar 42 min

Mike Krige, Annie Jacobs en Annelet Krige

Afhanklikheid is soos ‘n versmorende kleed wat ‘n lewe geheel kan toedek in ‘n plek van grysheid sonder lewe. Dit bekruip die mens en versmoor dan baie stadig. Verstaan ons die gevaartekens? En dan die korrekte optrede? Luister gerus na hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper en laat weet dan…
18 Mar 44 min

Pastoor Peter Sekhonyane

Hoe dikwels ry ons met die N1 Suid deur Johannesburg Vrystaat toe en verder Suid. Min of meer by die eerste groot tolhek, Oos van die snelweg as mens Suid ry, is een baie groot woonbuurt met die Naam “Orange Farm” Daar bly intens baie mense wat soos almal van…
11 Mar 40 min

Koning Dawid - Psalms

Vandag gesels ons oor Koning Dawid, Wat was regtig in hierdie man se hart wat daartoe gelei het da thy op een na die helfte van die Psalms in die Bybel geskryf het. Ons het baie om van hom te leer. Kuier en dink saam terwyl ons leer.
4 Mar 42 min

Benjamin #2

Verlede week het die gesprek ook die stam van Benjamin begin en dit word in hierdie program afgerond. Hierdie jongste seun van Jakob was waarskynlik as baba bederf, veral met die dat hy sy moeder verloor het tydens geboorte. Sy lewe en sy nageslag sou uiteindelik ook ‘n paar interessante…
26 Feb 40 min

Mense in nood

Dis so eenvoudig om jou eie lewe te leef en self jou eie struikelblokke te hanteer – en dit hou ons so besig dat ons nie eers kan opkyk na ander se nood nie. Wat weet ons van mense wat waaragtig niks het nie. Af-vlerk mense wat alles probeer om…
12 Feb 44 min

Efraim

Die onderwerp vir vandag se uitsending van Delf Steeds Dieper, die tweede seun van Josef – Efraim. Hoewel daar baie ooreenkomste tussen Manasse en Efraim is, lê die grootste verskille in die mense wat uit hierdie besondere stam gebore is. Luister en leer.
5 Feb 43 min

Manasse #2

Josef het twee seuns gehad. Die oudste was Manasse. In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, gesels ons verder oor hierdie oudste seun van Josef uit wie se nageslag onder andere die rigter Gideon gebore is.
29 Jan 40 min

Manasse

Die twaalf seuns van Jakob het ‘n sterk fondasie gelê vir die volk van Israel ten opsigte van volk wees, profetiese vooruitskouing en uitkomste. Dit bly verstommend hoe die Woord wat oor elke stam uitgespreek is, deur die hele lewe van die volk sou manifesteer. In hierdie gesprek, die oudste…
22 Jan 43 min

Dr Carla Winter

Kinders gaan soms gebuk onder trauma van verskillende aard – inbraak, ouers en egskeiding, maar trauma kan selfs so ver terug gaan soos trauma by geboorte. Trauma wat nie aangespreek word nie, kan die kind se ontwikkeling en toekoms beïnvloed. Luister gerus na ‘n kenner, Dr Carla Winter wat verduidelik…
15 Jan 39 min

Verstaan jou identiteit & outoriteit in Christus

Pieter Badenhorst gesels oor die wonder daarvan dat ons ons identiteit in Christus moet ken. Eers wanneer met hierdie identiteit vetroud raak, besef ons die verantwoordelikheid en ook die groot belangrikheid van outoriteit in Christus wat daarmee saamgaan. Identiteit bring outoriteit. Leef ons dit?
8 Jan 42 min

Die begin van 'n nuwe jaar

Met die begin van die nuwe jaar is daar soveel gedagtes en begeertes en selfs onseker wat by mens opkom. Kom ons leer van drie kosbare Bybel-figure wat groot opdragte van ons Vader ontvang het, hoe hulle dit hanteer en ons Vader se Hand deurgevoer het!
1 Jan 44 min

Die kwaliteite van Sebulon

Is jy bewus daarvan dat jy ‘n kunstige mens i met ‘n opregte hart wat begeer om selfs Woord - Waarhede op skrif te stel op ‘n manier dat almal dit sal verstaan!? Luister dan na die kwaliteite van Sebulon!
18 Dec 2023 42 min

Wouter en Lulu Powell

Dit gebeur nie aldag dat ‘n boer en sy vrou Hulle eie plaas in Suid-Afrika in ander se hande laat sodat hulle in ‘n buurland kan gaan boer – met die oog daarop om die liefde van ons Messias daar te gaan uitdra nie. Luister gerus na die gesprek met…
11 Dec 2023 34 min

Issaskar en Sebulon

Kom kuier weer saam rondom kosbare inligting oor twee van die stamme van Israel – Issaskar en Sebulon Heerlik om al die groei maar ook waarskuwings wat ook vir ons bedoel is, deur die doen en late van die stamme te ontdek.
4 Dec 2023 44 min
1 – 20