OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,645 Episodes
1000 – 1020

Welkom TikTokker se kop staan na Kanada

Vanaf die uitgestrekte lande van die Vrystaat na die digitale wêreld van TikTok, maak Bianca Janse van Rensburg golwe met haar avonture op die plaas.
27 Mar 2024 8PM 3 min

Dr. Johnny van der Merwe - vleisprysoorsig

Dr. Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom, gee vir ons die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers en die nuutste oliepryse.
26 Mar 2024 9PM 4 min

Afname in Suid-Afrika se somer-oesvooruitskattings

Die oesskattingskommitee het die oppervlakte- en tweede produksieskatting vir somergewasse vir 2024 vrygestel. Die voorspellings, skets 'n ontstellende prentjie van verminderde opbrengste oor verskeie basiese gewasse in vergelyking met vorige skattings en die vorige jaar se oes.
26 Mar 2024 8PM 1 min

Veiligheidsmaatreëls voor langnaweek

Die komende langnaweek bring ‘n welkome blaaskans, maar kan ook ‘n veiligheidsrisiko inhou. Johan Gunter gesels met Vrystaat Landbou se Isabel Kruger…
26 Mar 2024 7AM 3 min

Graan SA-kongres: Kom só deur huidige siklus

Hoe kom graanprodusente deur die huidige siklus? Deelnemers aan ‘n paneelbespreking by Graan SA se onlangse jaarkongres het hul raad gedeel. Ons hoor van megaboer Kallie Schoeman, gasspreker David Hughes, en Koos Blanckenberg…
25 Mar 2024 8PM 4 min

TLU SA Jongboer-konferensie ’n groot sukses

Die onlangse Jongboer-konferensie, aangebied deur TLU SA, het ’n opwindende geleentheid gebied vir jong boere om saam te kom, kennis te deel en strategieë te bespreek vir die toekoms van die landboubedryf.
25 Mar 2024 8PM 9 min

Boer vooruit met tegnologie

Tegnologie kan sorg dat produsente een tree voor bly wanneer dit by veranderende landboutoestande kom. NWK se Johan Bezuidenhout het by TLU SA se onlangse Jongboerkongres vertel hoe die maatskappy tegnologie ingespan het en hoe produsente dieselfde beginsels kan toepas…
24 Mar 2024 8PM 4 min

Fezile Dabi mini veiligheidsberaad

Verlede week het 'n mini veiligheidsberaad in die Fezile Dabi distrik in die Noord Vrystaat, plaasgevind. Johan Gunter gesels met Pieter Kemp, streeks-veiligheids-verteenwoordiger vir Vrystaat Landbou om meer te hoor.
20 Mar 2024 8PM 2 min

KI ingespan vir beter varkteling

Kunsmatige intelligensie en groot data word ook aangewend in varkproduksie veral as dit by seleksie kom. Irmarie Taljaard van The Pig Improvement Company het by TLUSA se onlangse jongboere kongres in Pretoria meer besonderhede gegee oor hoe kamerastelsels ingespan word om beter produksie besluite te neem.
20 Mar 2024 8PM 4 min

Droogte, hitte belemmer sojaoes

Met die oog op die sojaboonoes, ’n kritieke gewas vir produsente in die Vrystaat en Noordwes, is daar gemengde reaksie op vanjaar se opbrengsverwagting, ná wydverpreide droogte- en hitte toetstande.
19 Mar 2024 8PM 3 min

Dr. Johnny van der Merwe - Vleispryse

Dr. Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom gee die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers, asook die jongste oliepryse.
19 Mar 2024 8PM 5 min

Graan SA HUB bemoedig graanboere

‘n Spesiale boodskap van Agri SA hoof-uitvoerende beampte, Johann Kotzé. Hy het boere by Graan SA se onlangse kongres bemoedig wat onder die droogte gebuk gaan.
17 Mar 2024 8PM 5 min
1000 – 1020