OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,645 Episodes
380 – 400

Rapportering van rondloperdiere

Johan Gunter gesels met Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee oor die probleem van rondloperdiere in dorpe en landelike gebiede en watter wette in plek is om hierdie probleem aan te spreek…
3 Feb 7PM 6 min

Klag gelê oor swak selfoonseine

Vrystaat Landbou het ‘n klag gelê by Okosa oor swak selfoonseine in die Oos-Vrystaat en die veiligheidsrisiko verbonde daaraan. Johan Gunter gesels met dr. Jane Buys…
2 Feb 9PM 6 min

Friedl von Maltitz oor rooivleiswerkswinkel

Johan Gunter gesels met Friedl von Maltitz, adjunk-president van Vrystaat Landbou oor die jaarlikse rooivleiswerkswinkel wat buite Kroonstad aangebied is en ondermeer biosekuriteit, gradering, naspeurbaarheid en veldvoorbereiding onder die loep gekom het.
30 Jan 7PM 4 min

New in Farmer's Weekly - 7 February 2025 Edition

Sindira Chetty, digital editor of Farmer’s Weekly, unpacks the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
30 Jan 7PM 2 min

John Melville: Peste wat skaap pla na die reën

Johan Gunter gesels op ‘n Vrydag skaapsake met John Melville van OVK. Vandag vertel hy oor al die parrasiete, muskiete, vlieë en muggies wat toeslaan op jou kudde in die dele wat reeds goeie reën gekry het.
30 Jan 7PM 3 min

Chris Derksen Vleispryse

Chris Derksen gee vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig 29 Januarie…
29 Jan 7PM 1 min

AMT Graanmarktendense

AMT se Dr Johnny van der Merwe gee die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte…
28 Jan 8PM 4 min

AMT Vleispryse

AMT se Dr Johnny van der Merwe gee die jongste lewende hawe en ander pryse deur…
28 Jan 8PM 5 min

Droë en warm toestande kelder positiewe vooruitsigte

Landbouers in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes is tans onder geweldige druk aangesien die huidige seisoen nie die verwagte reënval gelewer het nie. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met onafanklike weerkundige , Johan van der Berg, oor wat ons kan verwag in die komende weke.
28 Jan 7PM 3 min

Onteiningswet - wat nou verder?

Die ondertekening van die Onteiningswet deur President Cyril Ramaphosa het verlede week ‘n herrie ontketen. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger gesels met Agbiz se Annelize Crosby oor die pad vorentoe…
26 Jan 7PM 5 min

SAPV hoop op BTW aankondiging

Die begrotingsrede is skeduleer vir 19 Februarie en een van die aankondigings wat die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging hoop gedoen gaan word, is die kwytskelding van BTW op seker hoenderprodukte. Die organisasie se Izaak Breitenbach deel meer…
26 Jan 7PM 3 min

New in Farmer's Weekly - 31 January 2025 Edition

Sindira Chetty, digital editor of Farmer’s Weekly, unpacks the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
23 Jan 7PM 2 min

OVK-wolveilingnuus

Die Suid-Afrikaanse wolmark het 'n geringe afname ervaar ten opsigte van gesertifiseerde wol, terwyl die alle-merino aanwyser onveranderd gebly het in vergelyking met die vorige veiling. In die lig van die sterker Rand, het die mark goed presteer met 'n styging in die waarde van wol in Amerikaanse Dollar terme…
23 Jan 7PM 2 min
380 – 400