OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,901 Episodes
5080 – 5100

Voernood al hoe groter in Noord-, Wes- en Oos-Kaap

Vredendaller Burre Burger wat hom beywer vir die insameling en verspreiding van hulpvoer, sê die nood word al hoe groter onder boere in die droogtegeteisterde Noord-, Wes- en Oos-Kaap.
19 Sep 2017 5AM 2 min

US kry geld vir gars- en biernavorsing

Nick Kotze, voorsitter van die Universiteit van Stellenbosch (US) se agronomiedepartement, gesels met Dirk Kok, oor AB Inbev SA en die US, se navorsing oor gars en ander bierbrougewasse en die voordeel wat dit ook vir boere inhou.
19 Sep 2017 5AM 6 min

Agri Vryburg hou veiligheid-ekspo

Agri Vryburg hou Donderdag 'n veiligheid-ekspo vir boere en dorpenaars in die stadion op die dorp. Agri Vryburg-voorsitter, Willem de Chavonnes Vrugt, het met ons gesels.
17 Sep 2017 11PM 2 min

Kommer oor nog miljoene rande vir Vrede-melkery

Die DA in die Vrystaat se Roy Jankielsohn sê hulle is bekommerd oor miljoene rande wat steeds in die omstrede Vrede-melkery gepomp word en oor die begunstigdes wat steeds nie deel is van die projek nie.
17 Sep 2017 11PM 2 min

Eerste navorsing onder gebruikers van renosterhoring

Melville Saayman, akademikus en direkteur van die Universiteit van Noordwes se TREES-eenheid vir toerismenavorsing in die ekonomiese omgewing en samelewing, sê in die hele debat word ’n belangrike punt gemis. Hy sê daar is te min markfeite op die tafel om enigsins ’n besluit oor die handel in renosterhoring te…
13 Sep 2017 6AM 3 min

Before Dawn, 31 Augustus 2017: Kobus Laubscher gesels

Vandeesweek se Donderdag-praatjie van landbou-ekonoom Kobus Laubscher: Kobus het verlede week ’n private natuurrservaat in Namibië besoek. Hy sê daar het hy weer eens besef hoe belangrik toerisme vir welvaarskepping is. Ons kan by Namibië leer, sê hy. Landbou, Agri, Agriculture
31 Aug 2017 10PM 6 min

Before Dawn, 31 Augustus 2017: Tierpoort-polisie hou veiligheidsdag vir boere

Die Tierpoort-polisiekantoor buite Bloemfontein hou volgende Vrydagmiddag, 8 September, ’n landelike veiligheidsvergadering waarop sake soos plaasaanvalle, veiligheid op die platteland en plase, die wetlike aspekte van selfverdediging, gemeenskapspatrollies en die gebruik van radiokommunikasie bespreek gaan word. Tierpoort-polisiehoof Chris van der Merwe het met OFM-nuus se Dirk Kok gesels
31 Aug 2017 10PM 1 min

Before Dawn, 1 September 2017, VL oor drama met werkers op Wesselsbron

In die week het ’n bom op Wesselsbron gebars oor seisoenwerkers wat na bewering in haglike omstandighede op ’n wildplaas gehuisves is om op plase mieliekoppe op klaargestroopte lande op te tel. Bewerings word gemaak dat die man die werkers van Noordwes soos slawe behandel het, kinders as arbeiders ingespan…
31 Aug 2017 10PM 4 min
5080 – 5100