Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,970 Episodes
1880 – 1900

ToekomsVenster: Die wet as bouwerk

Jesus beskryf slegs twee tipes bouers. Die vraag aan elkeen van ons vandag sal wees: Watter een is ek en jy? Bou ons op die vaste fondasie, of bou ons op sand?
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van gebed

Vir wie moet jy dalk vandag bid? Is jy bereid om daarna op te staan en te gaan doen? Vir wie moet jy gaan omgee, al is dit swaar en moeilik?
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van omgee

Omgee is weggee. Dit is meer as net meegevoel; dit is betrokke wees, naby wees en dit is een van die unieke eienskappe van die burgers van die koninkryk, want Jesus se lewe is dié voorbeeld wat hulle volg.
11 May 2018 3AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van kuisheid

Moenie dat jou oog jou laat struikel en jou uiteindelik verlore die ewigheid instuur nie. Jesus se radikale opdrag sê: Pasop waarna jy kyk!
11 May 2018 3AM 4 min

ToekomsVenster: Jy kry nuwe stories om te vertel

Wanneer die Here jou lewensreisplanne verander, is dit nie net ’n reis na Damaskus wat verander nie, maar die totale fokus van jou lewe. Elke dag daarna sal ’n nuwe belewenis oplewer, omdat die Koning van die reis teenwoordig is.
11 May 2018 3AM 4 min

ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe foto

Nuwe foto’s is ’n herinnering dat ons nuwe mense is. Ons is God se skeppingswerk (Efesiërs 2:10); sy geliefdes (1 Johannes 2:7) en Hy is stil tevrede in Sy liefde oor ons; Hy jubel en Hy juig oor ons (Sefanja 3:17).
30 Apr 2018 2AM 4 min

ToekomsVenster: Die koninkryk is soos suurdeeg

Trek ’n 10 km radius om die gemeenskap waar julle woon. Identifiseer daardie plekke waar die nood die grootste is. Begin deur te bid, waag dit dan om te gaan en deel te word. Skyn die lig. Begin klein.
30 Apr 2018 2AM 3 min

ToekomsVenster: Die koninkryk is soos saad

Indien ’n klein mosterdsaadjie kan groei en ’n geweldige boom kan word, wat sou ’n gehoorsame daad in die koninkryk vandag vir jou gemeenskap beteken?
30 Apr 2018 2AM 3 min
1880 – 1900