Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer.
Badprop Produksies het vanjaar twee komedies op die planke by die Toyota Innibos. Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden gesels met Laeveld Brunch oor Pampelmoesmampoer en Tronk met 'n D.
Die Laeveld Jeugkoor is redelik onlangs op die been gebring en hulle soek nog sangers om by hulle aan te sluit. Elet Kruger gesels saam met Johann Oosthuizen en Zoë Grové met die Middag Game Drive.
Wat kan ons môre te wagte wees wanneer March and March se "spertyd" vir onwettige immigrante om die land te verlaat verstryk? Frank Swanepoel van die Laeveld JOC gesels met Sonop Ontbyt.
Grondeienaars is besonders verantwoordelik vanjaar en berei fluks voor vir die brandseisoen. André Scheepers van Lefpa sê toestande is tans uiters gunstig om voorbrande te maak en ander voorbereidings te tref voor droë, winderige toestande later in die winter die brandgevaar aansienlik verhoog.
Op Donderdag 9 Julie kom nie-winsgewende organisasies en sakeondernemings bymekaar om hande te neem om hul gemeenskappe beter te ondersteun. Shirley Khoza van Touch a Million gesels met ons oor die Mpumalanga NPO Ekspo.
'n Groep Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon het onlangs 'n veldtog geloods om die Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg te ondersteun. Gerda Venter vertel meer oor die 150 afhanklike mense na wie hulle tans omsien.
Sekuriteitsrolspelers berei voor vir enige onlus Dinsdag, die "sperdatum" wat die teen-immigrasiegroep March and March immigrante gegee het om die land te verlaat. Callum MacPherson van Securicon sê inwoners moenie bekommerd wees dat hulle in die duister gelaat sal word oor verwikkelinge nie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor hoe…
'n Vier-dag Blues-naweek tref die Laeveld hierdie naweek met optredes deur top-kunstenaars vanaf Witrivier en Nelspruit tot in Kaapsehoop. Kitaarspeler Wiam Otto sal ook saam met Illimar 'n kitaarwerkswinkel aanbied. Hy kuier saam met Werner Botha van LiveVeld in die ateljee.
Die Pumas speel eersdaags weer in die premierafdeling van die Curriebeker na hulle die SA Beker-titel suksesvol verdedig het. Jimmy Stonehouse gesels met Sonop Ontbyt.
Die o.15 Pumas-rugbyspan het sover die seisoen geen wedstryde verloor nie en is tans bo-aan die punteleer voor hulle Saterdag Oosterland in die halfeindronde aandurf. AJ Sutherland, die kaptein. kuier saam met pa Nico by Sonop Ontbyt.
Het van Verlangekraal word na 60 jaar vanjaar die eerste keer as teaterprduksie opgevoer. Charl Senekal, bedryfsbestuurder van Lefra Produksies, gesels met Laeveld Brunch.
Nagkantoor in Kaapsehoop bied die naweek ‘n Elma Potgieter kultuurnaweek aan. Isobel Potgieter gesels nou met ons oor die twee uitsonderlike vertonings en 'n boekbespreking wat jy nie wil misloop nie.
Club 21-leersentrum se "I can"-program fokus daarop om mense van alle ouderdomme met downsindroom op te lei en voor te berei om onafhanklike loopbane te kan hê. Leon Laubser vertel meer.
Yolanda Odendaal was een van die busdrywers tydens Sondag se Comrades marathon. Sy vertel vir die Middag Game Drive van die groot verantwoordelikheid wat dit is.
George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop 'n nuwe rekord opgestel. Hy gesels met Coenie tydens die Middag Game Drive.
Die SPAR Women’s Challenge Laeveld op 18 Julie is ten bate van GRIP en dit is uitverkoop! Tarryn Lokotsch vertel vir die Middag Game Drive hoekom hulle hierdie ondersteuning nodig het.
19 Jun
8 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.