100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
1020 – 1040

Die gevaar van hondsdolheid is altyd daar

Hondsdolheid gaan nooit weg nie. Daar is landyd vanjaar 'n skerp styging in gevalle van die siekte onder mense aangemeld - die meeste van hulle kinders. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in Mbombela, waarsku dat mense steeds op hul hoede moet bly, selfs wanneer daar nie 'n…
14 Dec 2021 14 min

Hoe jy na 'n Alzheimer's-pasiënt kan omsien

Mense met Alzheimer's siekte het spesiale versorging nodig, en dit moet dikwels deur geliefdes gedoen word. Elria Erasmus, maatskaplike werker by Alzheimer's Nelspruit, het raad as jy jouself in daardie situasie bevind.
13 Dec 2021 20 min

Child Welfare: Geweld teen kinders word al hoe meer, en dit is oral

Dit is 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Nomfundo Myeza van Child Welfare Nelspruit sê dit is bitter nodig om te praat oor die mishandeling van kinders, wat al hoe erger word, en elke gemeenskap raak, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond of kultuur.
29 Nov 2021 23 min

Belowende jong tennisspeler behaal sukses in Europa

Laerskool Nelspruit se JP Snyman (12) is pas terug van sy tennistoer in Europa. Hy het op die Paris West Tennis Academy se kleibane geoefen en aan sy eerste toernooi op dié oppervlakte deelgeneem waar hy sewe van sy nege wedstryde gewen het. Hy en pa, Tiaan, het met Gerhardt…
22 Nov 2021 12 min

Swemveiligheid vir kleintjies hierdie somer

Om te kan swem is 'n noodsaaklike lewensvaardigheid, en selfs meer so in Suid-Afrika (en die Laeveld) waar water en swembaddens en damme 'n leefstyl is. Hoe hou jy klein kindertjies egter veilig? Lauren Roberts van Swim Dynamics het met Amanda daaroor gesels.
16 Nov 2021 8 min

Nog somerstorms rig groot skade aan in Ehlanzeni

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Jacques Benade van provinsiale rampbestuur het vir Gerhardt vertel wat hulle die res van die somer van die weerspatrone verwag. Luister hier weer daarna.
10 Nov 2021 12 min

Groot inisiatief vir mense met gestremdhede tot Desember

Mense met gestremdhede het dieselfde uitdagings as ander, net nog meer. So verduidelik die Mpumalanga Raad vir Mense met Gestremdhede se Steven Mthombeni oor hoekom dit so belangrik is om mense met gestremdhede te help, en hoe groot die vraag na hul dienste is.
26 Oct 2021 21 min

Bietjie-Bietjie-Bos se program nou beskikbaar

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember 'n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Die program is gefinaliseer, en kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig is daar net 1 800 kaartjies vir elke dag beskikbaar, weens inperkingsregulasies.
25 Oct 2021 2 min

Matriekeindeksamen: Moenie hierdie foute maak nie

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was 'n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun. Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies…
21 Oct 2021 5 min

Universiteit van Mpumalanga groei en groei

Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê dit sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Hy het vir Ludi en Mireille meer vertel oor UMP se groei.
19 Oct 2021 3 min

City Changers wil stad oplig en herstel

City Changers Social Services bestaan uit drie dele van diens aan die gemeenskap. Daar is Tamar-restourasiesentrum, hul Celebrate Recovery-inisiatief en His Bounty-projek. Past. Leanie Erasmus en Monique Duvenhage het vir Ludi meer vertel oor hul ondersteuningsdienste.
14 Oct 2021 7 min

Alles wat jy moet weet oor katgriep in hondjies

Die parvovirus, wat katgriep in honde veroorsaak, is dodelik en hoogs aansteeklik, waarsku dr. Christo Nortje van die Van Wijkstraat Dierehospitaal. Hy het vir Ludi vertel hoe doeltreffend inentings teen dit is, wanneer dit op datum gehou word.
7 Oct 2021 9 min

4 Eva Young stel 'Ek is net 'n kind' vry

4 Eva Young Band het pas hul nuwe enkelsnit, "Ek is net ‘n kind", vrygestel. Hul eie oupas en oumas vertolk in die musiekvideo rolle. Johan van Rooyen, Caitie Rock, Reuben Herbst en Zandri Bezuidenhout het met Gerhardt gesels oor hul 'band"-familie.
5 Oct 2021 5 min

Hoërskool Lydenburg vier 100ste jaar: 'n Kykie terug

Hoërskool Lydenburg is amptelik op 27 Julie 1921 gestig. Die skool hou hierdie naweek sy Eeufeesviering. Louise Steenkamp, 'n oud-leerling en afgetrede onderwyser van die skool, het met Gerhardt gesels.
1 Oct 2021 4 min

Curro, Lowveld High vat hande vir koorfees

Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente beter ten toon te stel. Curro se laerskool junior- en seniorkoor gaan daarom nou saam met Lowveld High se koor optree by die koorfees wat hulle saam aanbied in Oktober. Alta Ehrke, Curro se…
30 Sep 2021 9 min
1020 – 1040