Die Airlink Pumas het ’n dramatiese 31-29 oorwinning oor die Boland Kavaliers in die Mbombela-stadion die naweek behaal om ’n tuiseindstryd vir die 2025 SA-bekertoernooi te verseker. Die Pumas het op een stadium met net 12 spelers gespeel ná drie geel kaarte, maar het steeds daarin geslaag om te wen…
Conrad Bure en Hansie Bingle van BUCO Nelspruit verduidelik hoe jy maklik 'n boekrak self kan bou. Hierdie inhoud is 'n promosiegesprek en is deur die adverteerder self betaal.
Die Boland Kavaliers het Saterdag 'n bonuspunt-oorwinning van 36-22 oor die Oostelike Provinsie behaal om die vierde plek op die SA Beker-punteleer te verseker, wat vir hulle 'n plek bespreek in die Curriebeker se Premier-afdeling. Die Griekwas het 'n opwindende 31-29 sege oor die Cheetahs beklink en die onoorwonne Airlink…
21 en 22 Mei hou die KLCBT 'n groot konferensie. Die gassprekers is reeds bepaal. Uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, bespreek die besonderhede met Radio Laeveld.
123 aasvoëls is Dinsdag dood aangetref in 'n afgeleë deel van die Krugerwildtuin. Hulle het vermoedelik aan ’n vergiftigde olifantkarkas gevreet wat waarskynlik deur stropers met landbouchemikalieë behandel is om die liggaamsdele van die voëls vir die onwettige wildhandelbedryf te bekom. 89 voëls is lewend gevind, en van hulle kon…
Die NG Kerk in Hazyview hou 17 Mei 'n groot Familiefees om hul 50ste bestaansjaar te vier. Ds. Ingrid Joubert vertel watter gesinsvermaak jy kan verwag.
Vanjaar bied die Mpumalanga Lugskou tieners 'n spesiale blootstelling aan die lugvaartbedryf. Johan Heine en Alec Groenewald vertel vir Sonop Ontbyt van die Phillip Lewis Project.
Ruan Uys, 'n gr. 11-leerling in Hoërskool Nelspruit het in Oktober armdruk as ‘n sport opgeneem en is nou reeds op pad na die Wêreldkampioenskap wat in September in Bulgarye plaasvind. Hy gesels met die Middag Game Drive.
Die inwoners van Bloubaai – die fiktiewe dorp in Strandloper 2 - vier saam met die res van Suid-Afrika die Afrikaans Amptelik 100 verjaarsdag die maand. Die verjaarsdagviering is amptelik môre, 8 Mei. Bettie Kemp is die skrywer en regisseur.
Jy verlaat die een maatskappy om aan te sluit by 'n ander, maar hoe nou gemaak met jou kontakte en ander inligting wat jy bymekaargemaak het? Mag jy dit in jou nuwe betrekking gebruik? Daniel Schoeman verduidelik wat sê die wet oor handelsbeperking.
Dit is weer tyd om álles lekker by Innibos te vier vanaf 3 tot 6 Julie. Die fees vier vanjaar Afrikaans se 100-jarige taalviering en Innibos se 21ste bestaansjaar. Die tema vanjaar is bloot "Lekker".
Die 15-maande oue baba Olivia van Vuuren het 'n baie seldsame toestand: Dravet se sindroom veroorsaak epileptiese aanvalle in baba's en is 'n lewenslange toestand. Haar ma, Jacorien, se Laeveld Kwilters Gilde, het 'n spesiale manier gevind om fondse in te samel vir haar mediese uitgawes. Amanda Brugman vertel meer…
Dit is weer tyd om álles lekker by Innibos te vier vanaf 3 tot 6 Julie. Die fees vier vanjaar Afrikaans se 100-jarige taalviering en Innibos se 21ste bestaansjaar. Die tema is bloot “Lekker”. Om dit te vier gaan die stalletjies in die Bosmôl daagliks tydens die fees vir 21…
Peet Groenewald, hoof van die tegniese afdeling van Platorand Spesiale Skool in Belfast - wat daarin spesialiseer om gestremde kinders se tegniese vaardighede te ontwikkel - het Saterdag in die ateljee van dié kinders se suksesverhale gedeel. Hy is ook hoof van die Pumas se rugbyliga vir gestremdes.
Deon Furstenburg, ‘n ekoloog en dierkundige, sê die aantal olifante in die Krugerwildtuin is te groot. Hy voorspel dat die hele ekologie binne tien jaar onherroeplik sal verander as hulle nie dringend uitgedun word nie.
Hoe werk Ozempic - en hoekom werk dit en soortgelyke middels vir gewigsverlies? Elzaan van der Merwe, 'n dieetkundige, verduidelik alles wat jy moet weet oor die "wondermiddel".
29 Apr
8 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.