Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar het gister vyfde geëindig in die negende trajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië om nou algeheel sewende te lê in die T3-klas. In die T1-klas het Nasser Al Attiyah van Katar 'n algehele voorsprong van 1 uur en 21 minute…
Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor staatskole môre vir die 2023 skooljaar heropen. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas. Die wat nog op plek wag is hoofsaaklik in vinnig groeiende…
'n Proeflopie om navorsing te doen oor die impak van 'n vierdag-werksweek in Suid-Afrika skop in Februarie af. Dit is reeds in verskeie Europese lande op die proef gestel. Die idee is om aan werknemers 100% van hul salaris te betaal in ruil vir 80% van hul gewone werksure -…
Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië in die T3-klas. Hulle ry vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België. Nou dat die ren die halfpad-merk bereik het, geniet die spanne vandag 'n afdag, sê hy.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hul oranje vlak 5-waarskuwing vir die Laeveld verhoog na vlak 9. Dit geld vanaf middernag tot 1-uur môremiddag vir Ehlanzeni-distrik en Mkhondo-munisipaliteit. Tussen 60 en 100 mm reën word verwag, en meer as 100 mm op plekke langs die platorand. Die weerdiens waarsku die kanse op…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf laatmiddag tot môreoggend hoë reënval te wagte wees. Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder…
Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. So lyk die situasie voor die begin van die vyfde skof vandag.
Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. Basson vertel hoe skof 3 gister verloop het. Luister weer hier.
'n Groep plaaslike tieners met drome om die musiekwêreld te betree, het hul moue opgerol en self 'n konsert gereël. Berno Venter, Neelsie van Dyk, Michelle de Lange, Juvan Sewenster en Reney Wessels is Vrydagaand in die Sudwalagrotte te sien in "Venter en vriende". Berno gesels met Ludi en Mireille…
Die Airlink Pumas het op 25 Junie geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die gesogte Curriebeker te wen. Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen. Dit was ook die eerste keer dat hulle die eindstryd van die Curriebeker gehaal het. Afrigter Jimmy Stonehouse…
2022 het afgeskop met 'n 14-jarige wat in haar been geskiet is terwyl sy saam met haar ma en jonger boetie op pad was terug huis toe van vakansie af in die Krugerwildtuin. Die gesin van Pretoria het in Pretoriuskop gekamp en het die wildtuin by Numbi-hek verlaat. Linda Grimbeek…
Vir baie mense is die feestyd stresvol en eensaam. Wat kan jy doen om jouself of ander te help? Annriette Slabber van Lifeline Nelspruit gesels met Ludi en Mireille.
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, waarsku tydens haar feestydboodskap motoriste dat wetstoepassers enige oortreders op die paaie in Mpumalanga nie ongestraf sal laat nie.
Frank Swanepoel van Hi-Tech Nelspruit kuier in die ateljee saam met Charles en gesels oor die nuwe voertuig wat geskenk is waarmee hulle voortaan die N4 sal patrolleer om reisigers veiliger te hou.
Politici moet ophou op die regbank te kritiseer wanneer hulle nie van hul uitsprake hou nie, sê dr. Mathews Phosa. Hy was een van die uitgelese sprekers by die onthulling van ‘n bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, gister by die Mpumalanga Hooggeregshof…
‘n Bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, is gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela onthul. Bernard Ngoepe, afgetrede regterpresident van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, sowel as dr. Mathews Phosa was van die sprekers. Legodi tree volgende jaar, op 69-jarige ouderdom en na 20…
Malaria kom voor in die Laeveld, en is lewensgevaarlik as dit nie spoedig behandel word nie. Dr. Stephan Smith van Nelspruit Health & Travel-kliniek beantwoord al ons vrae oor die siekte.
Die feestyd het met 1 Desember amptelik aangebreek en daarmee saam is meer mense op reis, en dalk meer geneig om onverantwoordelik op te tree. Solange Soares van TRAC N4 gesels met Charles oor padveiligheid op die N4 hierdie feestyd. #Hoe nou gemaak?
Indiese spreeus, 'n indringerspesie, het baie goed aangepas om in stedelike omgewings te floreer. Hulle het 'n baie swak reputasie en is allermins geliefd. Tog sê dr. Garth Batchelor hul reputasie is 'n bietjie onverdiend. Hy gesels met Ludi en Mireille.
We Care 4 Nelspruit werk hard om die dorp skoner, veiliger en mooier te maak. Die afgelope drie dae het hulle die hele area rondom die Boschstraat-glybaan skoongesny en rommel opgetel dat dit amper onherkenbaar is. TJ Maré vertel van hul suksesse en planne vorentoe.
30 Nov 2022
18 min
820 – 840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.