Radio Pulpit Delf steeds dieper

Delf steeds dieper

Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
67 Episodes
40 – 60

Delf Steeds Dieper

Ons het nodig om die boodskap van ons Vader wat Hy deur die karakters en geskiedenis van die Ou Testament vir ons gee, te hoor en te verstaan sodat dit wat Hy in die Nuwe Testament vir ons leer, te kan begryp en toe te pas. Verder speel die twaalf…
11 Jul 2023 24 min

Die karakter van God - Jaco Scholtz

Daar is soveel opdragte wat ons Vader-God veral in die Ou Testament vir die volk gegee het, waaroor ons vandag kan dink dat dit nou regtig – veral in ons hedendaagse lewe - niks met ons uit te waai het nie. Maar dink weer. Wat is daarin wat eintlik veral…
3 Jul 2023 44 min

God se stem en jou unieke pad

Dr Andre Vermeulen is andermaal die ateljeegas om verder te gesels oor die verskillende maniere waarop mense slim is en dan veral ook hoe dit die mens raak ten opsigte van die hoor van God se stem asook ons verstaan van die betekenis van die Woord. Nie twee mense hoor…
26 Jun 2023 42 min

Goddelike skeppingsdoel - Dr Andre Vermeulen

Elke mens is geskep met ‘n spesifieke Goddelike skeppingsdoel in gedagte. Dr Andre Vermeulen van die maatskappy Neurolink, gesels oor 11 verskillende maniere waarop die mens slim is. Dit kan logies / wiskundig wees of visueel / ruimtelik, intra – of interpersoonlik ... Daar is 11 verskillende maniere waarop die…
19 Jun 2023 50 min

Die lering van ons Messias deur gelykenisse

Die Koninkryk van die Hemel is sekerlik die mees wonderbare geskenk wat ons Skepper-God vir die mensdom kon bedink. Maar sonder begeleiding en onderrig sal ons nooit leer en verstaan wat dit alles behels nie. Daarom het ons Messias reeds tydens Sy aardse wandel, die mens begin onderrig sodat ons…
12 Jun 2023 34 min

Karakter van die Koninkryk van die Hemele

Op Maandag 29 Mei 2923 was die tema vir die program Delf Steeds Dieper, die uiteensetting van die betekenis van die “Koninkryk van God”. Twee van die elemente van hierdie Koninkryk, behels die “Koninkryk van Hemele”. As jy nou ook al gewonder het wat die verskil tussen die twee benaminge…
5 Jun 2023 41 min

Koninkryk van God en die Koninkryk van die Hemele

Het jy al ooit gewonder oor wat die verskil kan wees tussen Die Koninkryk van God en die Koninkryk van die Hemele? Waarom is dit belangrik om hierdie dinge te verstaan? Dit het alles te make met die tweede koms van Christus en ook die groot uiteinde van alles wat…
29 May 2023 37 min

Wonderbare lering van ons Messias

Verlede week, in die program Delf Steeds Dieper, was die mense van die Galilea asook die eerste drie Saligsprekinge die punt van bespreking. In vandag se program volg ons die wonderbare lering van ons Messias verder op ten opsigte van die res van die Saligsprekinge. Kuier saam en oorweeg die…
22 May 2023 36 min

Die gawe van barmhartigheid

Volgens Paulus, soos verduidelik in sy brief aan die gemeente in Rome, Romeine 12:3 – 8, is daar sewe verskillende bedieningsgawes waarmee alle gelowiges toegerus word. In hierdie program, is die laaste en sewende bedieningsgawe bespreek, naamlik die gawe van barmhartigheid. Let op dat daar ‘n groot verskil is daartussen…
8 May 2023 37 min

Die gawe van die Uitdeler asook die Leier

In Delf Steeds Dieper gesels ons op die oomblik oor die Spesiale Bedieningsgawes soos vir ons uitgespel in Rom 12:6 – 8. Kom jy by verduideliking hieroor gemaak deur manne soos Arthur Burk, besef jy hoeveel agter hierdie paar teksverse lê wat ons regtig nodig het om te verstaan. In…
1 May 2023 45 min

Leraar en die Bemoedigende Vermaner

In hierdie aanbieding van die program Delf Steeds Dieper word nog twee bedienigsgawes bespreek – die van die Leraar en ook die Bemoedigende Vermaner.
24 Apr 2023 45 min

Die Spesiale Bedieningsgawes

Ons Hemelse Vader het elkeen van die mense wat Hy ooit op aarde toegelaat het, “bedraad” met die kosbaarste gawes – Die Spesiale Bedieningsgawes waarvan ons lees in Romeine 12:3 – 8. Dit is moontlik en belangrik dat ons ‘n studie maak van hierdie gawes en ons leiding van Heilige…
17 Apr 2023 42 min

Wat maak ons met dit wat ons leer?

Nadat ons verlede week gesels het oor die wonder van die krag en die funksie van die bloed van ons Messias, lê die klem in vandag se program op die vraag – wat maak ons met dit wat ons leer? Ons het nodig om die waarheid van die Woord te…
10 Apr 2023 45 min

Die betekenis & krag van die bloed van Jesus

Ons vier Paasfees. Die belangrikste element van hierdie vieringe - die Goddelike Offer wat God Almagtig, ons Hemelse Vader gebring, deur Sy Seun namens die ganse mensdom aan ‘n kruishout te laat sterf. Wat is die Goddelike betekenis en die krag van die bloed van Christus Jesus, ons Messias se…
3 Apr 2023 41 min

Die begrip van geregtigheid

“Kom gesels saam oor die begrip van geregtigheid wat sy wortels vind in waarheid. Waarheid wat seer maak voordat dit vry maak! Waarheid wat nie kan groei sonder dat dit gerig word deur heiligheid nie.”
27 Mar 2023 45 min

Gehoorsaamheid aan die God van geregtigheid

Die kuier met Brindley en Janine gaan voort! Dit is belangrik om te verstaan dat veiligheid en sekuriteit in hierdie lewe slegs te vinde is in gehoorsaamheid aan die God van geregtigheid. Dit is waarvan hierdie egpaar ook getuig – gehoorsaamheid tot die punt waar jy alles wat bekend is,…
20 Mar 2023 34 min

Wanneer God mense aanraak - Brindley en Janine Pritchard

Wanneer God mense aanraak en hierdie mense reageer in gehoorsaamheid, gebeur daar Goddelike dinge!! Dit is waarvan Brindley en Janine Pritchard getuig. Brindley, ‘n uiters begaafde skilder, was gelukkig en tuis in wêreldse kringe en dinge, toe ons Hemelse Vader hom daar uitgehaal en op ‘n nuwe baan geplaas het…
13 Mar 2023 38 min

Hoe eg is die huwelik ?

Die eg van die huwelik tussen twee mense, word ‘n verbond met mekaar voor God die Vader. Die erns van hierdie verbond word wonderbaarlik weerspieël wanneer dit te vergelyk met die verbondsark wat Moses moes bou. Kom besin saam oor die betekenis van die Huweliksark.
6 Mar 2023 42 min

Ons het woorde wat bemoedig nodig in die dae

Ons kan onomwonde vir mekaar sê- ons leef in die “Laarse Dae”. Dit beteken dat ons waarlik onsself moet gereed maak om ons Bruidegom te ontmoet! Is ons in ons gesprek met mekaar daarop ingestel om mekaar waarlik lief te hê? Of raak ons skuldig aan die 5 dinge waarna…
27 Feb 2023 41 min
40 – 60