Maroela Media Net nog enetjie

Net nog enetjie

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · News
52 Episodes
1 – 20

Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49

Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor…
31 Jul 2025 35 min

Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48

Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl…
22 Jul 2025 23 min

Net nog enetjie | Staan die “D” in “DA” vir doen of dreig? | Ep. 46

Die regering van nasionale eenheid (RNE) se fondasie is die afgelope week geskud met president Ramaphosa wat DA-adjunkminister, Andrew Whitfield, afgedank het. Groot drama het gevolg, maar op die ou end het die DA eintlik maar net gereageer met ʼn sterk bewoorde brief. Het die DA nog murg in hulle…
3 Jul 2025 23 min

Net nog enetjie | Is Wêreldoorlog 3 op pad? | Ep. 44

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of die derde wêreldoorlog op pad is. Konflik in die Midde-Ooste het wéér vererger na Israel ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het. Is hierdie die laaste strooi voor ʼn globale…
19 Jun 2025 29 min

Net nog enetjie | To BEE or not to BEE | Ep. 43

President Ramaphosa het in sy nuusbrief hierdie week gal gebraak oor hoe belangrik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is, hoe verkeerd kritici van transformasie is en hoekom die regering gaan voortgaan met dié verwoestende beleid. In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel…
11 Jun 2025 24 min

Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42

Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of…
6 Jun 2025 33 min

Net nog enetjie | Bring BEE-lon binnekort Starlink vir SA? | Ep. 41

Musk sê hy is net bereid om te kom as hy sy maatskappy op meriete mag bedryf. Die ANC sê hy mag net kom as hy aan hulle rasreëls voldoen. Intussen sit Suid-Afrika en wag om te sien of BEE-lon gaan seëvier? Luister na hierdie week se episode van Net…
29 May 2025 30 min

Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het. Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die…
22 May 2025 34 min

Net nog enetjie | DA vir die eerste keer ooit sterker as die ANC | Ep. 39

In hierdie episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor hoe ʼn mens die meningspeilings moet peil. ʼn Nuwe opname van die IRR wys dat die ANC vir die eerste keer ooit minder steun as die DA het. As Suid-Afrika vandag ʼn verkiesing sou…
15 Apr 2025 36 min

Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC…
9 Apr 2025 34 min

Net nog enetjie | Die begin van die RNE se einde | Ep. 37

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor of die RNE uiteindelik sy (regering van nasionale) einde bereik het? Tans lyk dit asof Ramaphosa sy houtwerkvaardighede gaan moet opskerp, omdat hy binnekort dalk aan ʼn nuwe kabinet gaan moet timmer.
3 Apr 2025 46 min

Net nog enetjie | Ambassa-Dirk, Flip-lomaat en Malema se wêreldtoer | Ep. 36

Terwyl Ebrahim Rasool nog sy vlugvoosheid afskud na sy terugkeer van die VSA, wonder ʼn mens. Moet ons dalk ʼn Superbru begin om te wed op wie die volgende ambassadeur gaan wees? Ambassa-Dirk? Of dalk ʼn Flip-lomaat uit die Solidariteit Beweging se leierskap. Die slim skuif sal natuurlik wees om…
25 Mar 2025 38 min

Net nog enetjie | VSA ruk die diplomatieke mat onder Rasool uit | Ep. 35

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die sondes van Ebrahim Rasool, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VSA. Na Rasool uit Amerika geskop is, het die ANC verbasend genoeg nie tot sy verdediging gesnel nie. Dit lyk al meer…
18 Mar 2025 36 min
1 – 20