PIETER-DIRK UYS: WEERKLINK VAN ’N WANKLANK
--:--
Aangebied deur Missing Ink.
Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed
om die storie ágter die stories te vertel
in hierdie teatermemoires, wat saam met
sy Engelse weergawe, Echo of a Noise,
nou in boekvorm verskyn. Hy bied ’n
kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en
gesag – van sy familie in Pinelands met
Ma Helga en Pa Hannes, wat met liefde,
musiek en dissipline sy lewensiening help
vorm het, tot die latere spartelings met
sensuur en Nasionale Party-kaskenades.
Kom beleef dele van die boeke as
opvoering, maar hoor ook hoe die
verwerking die storie help ontwikkel het.