Die 26-jarige Mia Vorster en haar pa, die bekende ekonoom Theo Vorster, gesels openhartig oor als van persoonlike geldsake en finansiële beplanning tot begrotings en Bitcoin.
Elke Vrydagoggend plaas twee van Netwerk24 se ondersoekende joernaliste, Mia Spies en Almari Wessels, die groot nuusgebeure van die week onder die vergrootglas.
Aanbieder en gesoute Media24-joernalis Gerda Engelbrecht nooi elke week ’n joernalis of oudjoernalis om diep te delf in die stories wat hul loopbaan en lewe gevorm het.
Gee jou huis nuwe lewe, een leefruimte op ’n slag! Tuis-redakteur Wicus Pretorius en kenners staan by met planne, truuks en oplossings vir regrukdilemmas in elke leefvertrek.
Malani Venter, redakteur van Die Burger se Eiendomme-bylae, klop by kenners aan vir raad oor hoe om slim in die eiendomsmark te belê en slaggate mis te trap.
Elke maand gee die tuinmaakkenner JJ van Rensburg en medeaanbieder Beatrice Moore-Nöthnagel, artikelredakteur van Tuis, slim wenke en leiding oor dít wat daardie maand in jou tuin moet gebeur sodat jy heeljaar ’n lushof kan geniet.
Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans. Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.
verDUIDELIK is ’n weeklikse 101-gids waarin aanbieder Wynand Louw help om sin te maak van komplekse dinge wat ons aan die wonder het. Hy gee eenvoudige antwoorde op moeilike vrae én omskep ’n tawwe onderwerp maklik in ’n braaivleisvuurgesprek.
Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.
Ons gesels in "Koelbloedig" oor ware misdaad in Suid-Afrika. Die eerste reeks deel verskeie forensiese deskundiges en spesialiste oor misdaad en misdaadondersoeke hul ervarings. "Koelbloedig" word vervaardig deur Maroela Media.
Hallo en welkom by "Kom in rat", die SimplyBiz-podcast-reeks, waar ons 'n diep duik in die wêreld van sakebestuur neem en entrepreneurs, soos jy, help om hul sakebedrywighede beter te hanteer. Ons sal jou gasheer wees, met die meeste - die nuttigste besigheidsbeplanningswenke om jou en jou besigheid te help…
29 Jun 2023
4 episodes
Afrikaans Business · Management
Gefokusde kliënte-onderhoude oor ons kliënte se produkte of diens. Dit is ‘n lekker informele gesprek wat nie net op die produkte of diens van die kliënt fokus nie, maar ook ’n informatiewe fokus geniet op die kliënt se industrie.
Jean-Louis Knouwds bespreek daagliks vrae oor die 2025 KosMOS Fees. Hy gesels oor algemene vrae wat deur die publiek gevra word.
16 Apr 9PM
5 episodes
Afrikaans Arts · Arts
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.