OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,645 Episodes
140 – 160

Landbousakevertroue-indeks daal effens

Die Agbiz/IDC Landbousakevertroue-indeks (ACI) het in die tweede kwartaal van 2025 met vyf punte gedaal na 65, ná ’n merkbare styging vroeër vanjaar. Wandile Sihlobo, Agbiz hoofekonoom, meen egter die indeksvlak bly bó die neutrale 50-puntvlak, wat beteken dat besighede steeds oorwegend positief is oor die huidige sakeklimaat.
17 Jun 7AM 1 min

What's new in Farmer's Weekly - 20 June Edition

Farmer’s Weekly’s digital editor, Sindira Chetty, tells us more about the latest issue that hits shelves today. Or read more online at farmersweekly.co.za and follow their social media pages for regular updates.
12 Jun 8PM 1 min

Skaapbeestuur: Verhoog veselwaarde

Johan Gunter gesels met OVK se John Melville oor waarna om te kyk vir veselwaarde verhoging en Dawie Killian het die nuutste vanaf die wolmark.
12 Jun 8PM 5 min

Chris Derksen Veeverslag

Chris Derksen verskaf veilingspryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig 11 Junie 2025.
11 Jun 8PM 2 min

Hommeltuie in die nag - RPO Vrystaat deel insig

Landbougemeenskappe kla toenemend oor hommeltuie wat dikwels in die nag oor hul eiendomme waargeneem word. Daar word gevra: “Wat doen hierdie tuie en wie is in beheer daarvan?” OFM Agri se Isabel van Tonder het by prof. Andries Raath, vise-voorsitter van die Rooivleisprodusente Organisasie in die Vrystaat gaan aanklop om…
11 Jun 8PM 4 min

SAPV verwelkom massa inentingsveldtog

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het die regering se aankondiging van ’n massa-inentingsveldtog teen voëlgriep met groot entoesiasme verwelkom. Elzette Boucher-Kruger gesels met Izaak Breitenbach, bestuurder van die braaikuiken afdeling by die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging.
11 Jun 8PM 3 min

Bek-en-klouseer: hoe versprei die siekte?

Familieboedery organisasie, Saai, het einde verlede week ‘n aanlynbespreking met kenners oor die jongste verwikkelings in die bek-en-klouseer uitbreking aangebied. Dr Theo de Jager het die gesprek gelei met Dr Danie Odendaal en Dr Frikkie Maré. In hierdie tweede deel hoor ons oor die verspreiding van die siekte vanaf dr…
10 Jun 11PM 5 min

Bek-en-klouseer: Verwagte effek op markte

Familieboedery organisasie, Saai, het einde verlede week ‘n aanlynbespreking met kenners oor die jongste verwikkelings in die bek-en-klouseer uitbreking aangebied. Dr Theo de Jager het die gesprek gelei met Dr Danie Odendaal en Dr Frikkie Maré. In hierdie eerste deel hoor ons oor die verwagte effek op markte van Maré.
10 Jun 11PM 4 min

RPO Vrystaat jaarkongres: veediefstal

Die RPO in die Vrystaat het verlede week hulle jaarkongres aangebied waar veediefstal ook weer onder die loep geneem is. Isabel van Tonder doen verslag…
10 Jun 12AM 2 min

Is jy verseker vir jou boerdery se gasvryheidskomponent?

Verskeie boere het ‘n gasvryheidskomponent as deel van diversifikasie of ‘n bykomende inkomstestroom in hul boerdery. Elzette Boucher-Kruger het by die onlangse Nampo Oesdag by die Santam-standplaas gaan inloer om meer te hoor oor versekering in hierdie verband…
10 Jun 12AM 3 min

RPO Vrystaat Jaarkongres: Veiligheid onder loep

Die RPO in die Vrystaat het verlede week hul jaarkongres gehou. Van die brandpunte wat bespreek is, is veiligheid. Isabel van Tonder het met vise-voorsitter prof. Andries Raath by die geleentheid gesel…
8 Jun 8PM 2 min

What's new in Farmer's Weekly - 13 June Edition?

Farmer’s Weekly’s digital editor, Sindira Chetty, tells us more about the latest issue that hits shelves today. Or read more online at farmersweekly.co.za and follow their social media pages for regular updates.
5 Jun 10PM 2 min

Skaapbestuur: skeerwaardes en wolnuus

Hierdie week gesels John Gunter en John Melville verder oor die verhoging van jou skeerwaarde en waarvoor om op te let en dan is dit tyd vir Dawie Killian van die OVK wolkantoor met die nuutste in die wolmark.
5 Jun 10PM 5 min

Wys Jou Vleisfees op 13 Junie in Kimberley

Die Rooivleis Produsente Organisasie Noord-Kaap bied op 13 Junie in samewerking met Beefmaster die ‘Wys Jou Vleisfees’ aan in Kimberley. Elzette Boucher-Kruger gesels met Yolande Botha om meer te hoor…
4 Jun 9AM 6 min

Stroperreasies staan oor na haelskade

Die legendariese stroperresies wat Vrydag op die Du Preez Landgoed by Grootpan in Noordwes sou plaasvind, moes verlede maand uitgestel word nadat ‘n haelstorm groot skade aan die mielielande waar die resies sou plaasvind aangerig het. Elzette Boucher-Kruger gesels met Waldo du Preez om te hoor wat die nuwe planne…
4 Jun 9AM 3 min
140 – 160