Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
20 – 40

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman en Lee-Ann Whitehead, welvaartbeplanners van Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
5 Sep 8AM 17 min

Transnet maak sy winsverslag bekend

Die staatsonderneming Transnet het vandag sy finansiële resultate bekend gemaak. Die groeptesourier, Andre Pillay, bespreek die resultate en die groep se planne vir die toekoms.
5 Sep 8AM 5 min

Is die slegste vir die ekonomie verby?

Dr. Francois Stofberg, hoofekonoom by Efficient Group, deel sy mening oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en hoe belangrik elektrisiteitsvoorsiening en logistiek is vir die stabilisering van die ekonomie.
5 Sep 8AM 7 min

SA taakspan gee aanbevelings aan die B20

Shadi Chauke, Sanlam se uitvoerende beampte en adjunkvoorsitter van die taakmag vir indiensneming en onderwys, gesels oor hul aanbevelings aan die B20.
4 Sep 9AM 6 min

Skole gaan geraak word deur SARS se BTW planne

Pieter Faber, uitvoerende beampte van belasting by Saica, bespreek die kern van die Inkomstediens se modernisering van sy BTW-stelsel, die risiko’s wat skole hiermee in die gesig staar, en wat dit vir belastingbetalers beteken.
4 Sep 9AM 7 min
20 – 40