Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,415 Episodes
1 – 20

Sanlam se nuwe besigheid groei

Sanlam het vandag finansiële resultate bekend gemaak. Anton Gildenhuys, uitvoerende hoof van Sanlam Lewensversekering en Spaarprodukte, bespreek die resultate.
12 Mar 8AM 8 min

As vervoer werk, werk die ekonomie

Marius van Reenen, bedryfshoof vir vlootbestuursdienste by Absa, verduidelik hoe belangrike seisoenale produkte tans in die vragvervoerbedryf vaar en hoe groter ekonomiese veranderinge dié bedryf raak.
11 Mar 8AM 6 min

Die ekonomie groei, maar...

Omri Thomas, direkteur by Abax Investments, deel sy mening oor die wisselvalligheid op die markte, Naspers- en Prosus-aandele ná Tencent se aankondiging, en Suid-Afrika se BBP-syfer.
10 Mar 8AM 10 min

Waterfall City hou net aan gee

Attacq is een van die voorste ontwikkelaars in die land, en hul vlagskipontwikkeling is Waterfall City in Midrand. Die uitvoerende hoof, Jackie van Niekerk, bespreek die maatskappy se finansiële resultate.
10 Mar 8AM 9 min

Iran-oorlog kan boere eerste hárd slaan

Jolanda Andrag, bedryfshoof van Agri SA, gesels oor die moontlike impak van die Iran-oorlog en stygende oliepryse op Suid-Afrika se landbousektor en die vooruitsigte vir boere.
10 Mar 8AM 4 min
1 – 20