Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
720 – 740

Premier verras aan die positiewe kant

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor die markte se onsekerheid, Premier Foods se handelsverklaring en Raubex se nuwe kontrak.
24 Mar 8AM 10 min

Hoe suksesvol is FICA?

Denzel Bostander van die Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid verduidelik die doel van die FICA-wet en hoe finansiële instansies verseker dat hulle kliënte se persoonlike inligting beveilig word.
24 Mar 8AM 10 min

Stadio begin baat by ekonomieë van skaal

STADIO het vandag finansiële resultate vir sy boekjaar tot einde Desember aangekondig. Die omset is 14% hoër, en die wins spring met amper 30%. Die uitvoerende hoof, Chris Vorster, bespreek die resultate.
24 Mar 8AM 8 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur vir batebestuur by Kruger Internasionaal en Rita Cool, hoof van individuele advies-strategie by Alexforbes, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
21 Mar 10AM 32 min

Die rentekoers bly op 11%

Die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank het vandag aangekondig dat die rentekoers onveranderd bly. Die onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, lewer haar insette.
20 Mar 8AM 9 min

Momentum tel momentum op

Momentum Metropolitan het vandag winssyfers vir die ses maande tot einde Desember aangekondig. Die uitvoerende hoof, Jeanette Marais, gesels oor die resultate.
20 Mar 8AM 12 min

’n Lewe in lugvaart

Deon Cloete, besturende direkteur van die Kaapse Wynland-lughawe, gesels oor sy agtergrond, loopbaan, industrie en wat hy doen om te ontspan.
20 Mar 8AM 11 min

Kleuterzone-skole is “roekeloos” bestuur

Philip Kilian, voormalige werknemer van KleuterZone, gesels oor die bestuur van skole, en Liesl Peyper, senior joernalis by Moneyweb, bespreek onder meer Ludus Holdings, die maatskappy wat baie van die KleuterZone-skole wil oorneem.
19 Mar 10AM 14 min

Die JSE bereik rekord hoogtepunt

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die rekordhoogtepunt van die JSE, die inflasiesyfer en ArcelorMittal se aanlegte.
19 Mar 8AM 11 min
720 – 740