Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,719 Episodes
860 – 880

Dít is die reëls as jy ’n boorgat wil sink

Die watertekorte in Gauteng dryf talle inwoners en besighede om na alternatiewe waterbronne, soos boorgate, te soek. Buks Venter, mede-eienaar van Buks Boorwerke, bespreek die regulasies en vereistes vir die sink van 'n boorgat.
20 Feb 8AM 8 min

Dowe mark beur voort

Hennco Kruger lewer die markverslag, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, bespreek die mark se reaksie op die uitstel van die begrotingsrede en die goudprys se nuwe hoogtepunt.
20 Feb 7AM 8 min

BTW breek toe die begrotinng

Liesl Peyper – senior joernalis, Moneyweb, Dawie Roodt – stigter en hoofekonoom, Efficient Groep, prof Alex van den Heever – voorsitter: studies oor die bestuur en administrasie van maatskaplike sekerheidstelsels, Universiteit van die Witwatersrand (Wits), en Hassan Essop – dosent: Departement Ekonomie, Stellenbosch Universiteit.
19 Feb 7AM 35 min

Rekordhoogtepunt vir die JSE

Henco Kruger lewer die markverslag, en Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor die JSE se rekordhoogtepunt en Kumba se finansiële resultate
18 Feb 8AM 4 min

Goudprys laat DRD-wins blink

DRDGOLD het vandag finansiële resultate bekendgemaak en 'n toename van 65% in verdienste aangekondig. Die uitvoerende hoof, Niël Pretorius, gesels oor die resultate.
18 Feb 8AM 10 min

Kleuterzone se Bougas reageer op kommer oor sakemodel

Anthonie Bougas, stigter van KleuterZone, reageer op die kommer oor hul sakemodel, en Dawie Klopper, welvaartbestuurder en beleggingsekonoom by PSG Wealth, verduidelik hoe 'n kleuterskool se sakemodel werk.
18 Feb 8AM 19 min

So werk belasting-oesting

Jac de Wet, welvaartsbestuurder by PSG Wealth verduidelik hoe om jou beleggingsportefeulje se belasting effektief te bestuur.
18 Feb 8AM 8 min

’n Nuwe lugskip is op die horison

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool, gesels oor ’n nuwe lugskip wat dalk in kommersiële bedrywigheid kan ontaard.
17 Feb 8AM 5 min

'n Nuwe hoogtepunt vir Naspers en Prosus

Henco Kruger bespreek die markaanwysers, en Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor die wisselkoers asook Naspers en Prosus se nuwe hoogtepunt.
17 Feb 8AM 8 min
860 – 880