Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,415 Episodes
900 – 920

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium en Christiaan Wessels, gesertifiseerde finansiële beplanner by Futurum Financial Group (FFG), beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
25 Jul 2025 9AM 23 min

Suid-Afrikaners het te veel skuld

Jean-Pierre Lombard, finansiële konsultant by DebtBusters, gesels oor hulle jongste Stresindeks, en Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor goeie en slegte skuld.
25 Jul 2025 9AM 15 min

Die JSE Alsi haal bietjie asem

Craig Gibson, portefeuljebestuurder by Portfolium, bespreek die dryfkragte agter die JSE se Algehele Indeks (Alsi) wat tot bo 100 000 punte gestyg het, asook Hyprop wat wegstap van sy aanbod om MAS te koop.
25 Jul 2025 9AM 6 min

Aandelemarkte klim weer

Omri Thomas, direkteur by Abax Investments, deel sy perspektief oor die jongste hoogtepunte in die mark en hoe beleggers dit behoort te benader.
24 Jul 2025 8AM 11 min

JSE breek deur 100 000 punte

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor die JSE se se indeks van alle aandele wat vir die eerste keer tot meer as 100 000 punte styg, Natco Pharma se aanbod aan Adcock Ingram, en Canal+ wat goedkeuring kry om MultiChoice oor te neem.
23 Jul 2025 8AM 12 min

“SA se bek-en-klouseer stelsel werk nie” – Steenhuisen

Dewald Olivier, uitvoerende hoof van Red Meat Industry Services (RMIS), bespreek die minister van landbou, John Steenhuisen, se kommentaar oor die reaksiestelsel op bek-en-klouseer, en hoe lank dit sal neem om die uitbreking onder beheer te kry.
22 Jul 2025 8AM 8 min
900 – 920