GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
447 Episodes
280 – 300

#KomOnsPraatDaaroor - 15 Februarie - Met Liz Meiring

Kom Ons Praat Daaroor” is ‘n bekroonde geselsprogram wat bestaan ​​uit ‘n paneel van 4 uiteenlopende aanbieders wat oor relevante en vuurwarm onderwerpe gesels asof hulle by ‘n “braai” is. Soms word ‘n bekende persoon/kenner genooi om sy/haar mening oor die kwessie te deel, maar meestal word luisteraars aangemoedig om…
15 Feb 2023 44 min

Spreeklewe - Jesus eet saam met die tollenaars

Lukas 5:27-32 vertel die verhaal van Levi die tollenaar. Jesus het gekom vir die tolenaars en sondaars. Ons moet pasop om nie die tipe gelowiges te word wat net meng met mense wat ons goed genoeg ag nie. Ons werk as gelowiges is juis om saam met die swakstes, die…
14 Feb 2023 8 min

Skrik Snotkop rerig vir niks

Snotkop het op die #BrunchmetAnnelie kom kuier om vir Annelie te vertel van sy nuwe liedjie #SkrikvirNiks en sy dokumentêr met dieselfde naam. Annelie het besluit om te kyk of hy rerig vir niks skrik nie…
10 Feb 2023 20 min

Petrus en sy geloof wat hom uit die boot uit laat klim

Matteus 14:22-36 vertel die verhaal van Jesus wat op die water loop en Petrus wat in geloof uit die skuit klim en na Jesus toe loop. Ja hy begin twyfel en hy word bang maar Jesus steek dadelik sy hand uit en help hom. Dit is wat geloof is selfs…
7 Feb 2023 9 min

Oppinuus - Tiere in aanhouding en die wetgewing rondom dit

Annelie gesels met Elize Parker van Four Paws en Adjunk-Direkteur generaal van Biodiversiteit en Bewaring van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omegewing, Flora Mokgohloa, oor die wetgewing en probleme rondom Groot Katte soos Leeus, Tiere, Luiperds en Jagluiperds in aanhouding.
6 Feb 2023 21 min

Spreeklewe - Wees die verandering wat jy wil sien

Romeine 12:2 sê "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle kan onderskei wat die wil van God is en wat vir Hom goed, aanneemlik en volmaak is. Ons moet toelaat dat God ons denke vernuwe…
17 Jan 2023 8 min

Jaco Deacon - Skoolplasings

Annelie gesels met die Hoof uitvoerende beampte van FEDSAS oor die skoolplasings probleme in Gauteng
16 Jan 2023 9 min

Wat jy moet weet oor beleggings

Annelie gesels met Dr. Francois Stoffberg van die Effiecient groep oor beleggings. Wat is dit, hoe kies mens 'n finansiele adviseur ens.
16 Jan 2023 17 min

Spreeklewe 11 Januarie - Nuwe jaar ou boodskap

Ek begin 2023 met dieselfde seënbede as verlede jaar. 'n Seënbede wat ek hoop ons as gelowiges ter harte gaan neem om hierdie jaar die lig en verskil in 'n donker wêreld te wees.
10 Jan 2023 6 min

Spreeklewe - Vredevors

Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
29 Nov 2022 10 min

Goeienuus - Oom Hendrik Fourie is 91 jaar oud

Oom Hendrik Fourie se kleindogter Natasja Strauss het vir Annelie 'n boodskap gestuur waarin sy sê dat sy graag die goeienuus met Grootfm 90.5 wil deel dat haar oupa 91 jaar oud word en haar ouma Martha, sy vrou van 70 jaar, die week daarop 90 word. Annelie het vir…
25 Nov 2022 14 min

Die Here gee ons die krag om te "Cope"

Die lewe is nie regverdig nie en die Bybel waarsku ons ook dat Christene se lewens nie noodwendig net Maanskyn en rose nie. Maar God gee vir ons die krag om te kan "cope" Prof. Jan van der Watt het 'n baie oulike stuk geskryf spesifiek hieroor, wat ek in…
15 Nov 2022 7 min

Spreeklewe - Nederigheid

Nederigheid beteken nie jy dink minder VAN jouself nie dit beteken net jy dink minder AAN jouself
5 Oct 2022 5 min
280 – 300