ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

Malcolm Wentzel gesels met Nina en Doepie op ONTBYT

Malcolm Wentzel gesels met Nina en Doepie op ONTBYT oor die FKN Army liefdadigheids-gholfdag wat op 17 Julie by Silverlakes Gholflandgoed gehou word. Om jou vierbal of putjie te bespreek, besoek fknarmy.com. Nog enkele vierballe en putjies oor. Spring gou!
29 Jun 4 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Juanita Du Plessis

Afrikaanse musiek-ikoon Juanita du Plessis het Vrydag, 26 Junie, haar splinternuwe album Hierdie Oomblik vry. Die album bevat 'n versameling liedjies wat Juanita se unieke vermoë om stories deur musiek te vertel, ten toon stel. Die fokuslied, Bly In Jou Baan, is 'n ligte, humoristiese snit met catchy lirieke en…
28 Jun 14 min