GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
447 Episodes
360 – 380

FOR SA - Vryheid van geloofs wetsontwerpe waaraan tans aandag gegee word

Annelie gesels met Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en die regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (alom bekend as FOR SA). FOR SA werk in die veld van geloofsvryheid om my en jou reg tot geloofsvryheid te beskerm. Ons gesels vandag oor FOR SA se “Virtual Roadshow” wat die 8ste…
24 May 2021 6 min

For SA -Reg tot geloofsvryheid

Annelie gesels met Daniela Ellerbeck, ‘n prokureur en die regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (alom bekend as FOR SA) oor eerstens, wat die reg tot geloofsvryheid alles behels, en tweedens, oor die voorgestelde wysigings aan die Gelykheidswet.
17 May 2021 7 min

Wie praat nou - 14 Mei

Annelie het 'n luisteraars ma gebel nadat die haar gevra het om te maak asof hulle haar nuwe motor gaan kom terug vat. Rene het 'n nuwe motor in Boksburg gekoop, Annelie maak asof sy 'n agent van die Centurion tak is en dat sy die motor nodig het aangesien…
14 May 2021 5 min

Spreeklewe - Hemelvaart

Lukas 24:50-51 Hemelvaart is 'n dag van Hoop, troos en vreude. Hoop dat ons weer eendag saam met God kan wees, Troos dat ons nie alleen is nie en nooit weer sal wees nie en vreugde dat ons die voorreg het om deur Jesus gelowiges genoem te kan word en…
12 May 2021 5 min

Wie Praat nou - 7 Mei

Annelie het die week 'n luisteraar se baas gebel nadat hulle haar gevra het om hom te "prank" Frank is 'n makelaar en het 2 maatskappye, Annelie het hom gebel en gemaak asof sy hom skakel oor belasting ontduiking en geld verduistering by sy besighede
7 May 2021 6 min

Wie Praat Nou - Tygerberg 104fm

Annelie het ons suster radio stasie in die Kaap Tygerberg 104fm gebel en gemaak of sy 'n ongelukkige luisteraar is en dat sy ontsteld is oor iets wat Jacques Erasmus (wat by Grootfm 90.5 werk) gesê het... Hier is wat gebeur het.
30 Apr 2021 7 min

Spreeklewe - 'n Psalm vir elke seisoen

Psalm 23 is seker een van die bekendste Psalms indien nie die mees bekende nie. Dit is ‘n feespsalm en ‘n troospsalm. Dit is ‘n psalm vir die lewe en die dood. Dis vir al die seisoene van die lewe. En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is…
28 Apr 2021 6 min

Wie Praat Nou? Doepie Prank Call

In hierdie week se #WiePraatNou het Annelie besluit om haar nuwe kollega Doepie (Nuwe anker van #DieGrootTrek 3-6pm weeksdae) in te lyf by Grootfm 90.5
23 Apr 2021 6 min

Spreeklewe - Beheersing van die tong

Na aanleiding van die afgelope tyd se afknouery en sosiale media ge-boelie wat handuitruk kyk ons na Jakobus 3 wat sê dat die tong die moeilikste ding is om te beheer.
20 Apr 2021 8 min

Wie Praat nou? - Francois van Rensburg

'n Lekker Vrydag-lag-insetsel... Annelie Bouwer skerp haar poetsbak-vaardighede op en skop vanoggend af waar sy haar goeie vriend en kollega Francois Van Rensburg onverhoeds betrap.
16 Apr 2021 7 min

JMMM - ROCK OF JOY

Annelie Bouwer het met Sheree en Braam van der Merwe van Rock of Joy gesels oor hulle werk met verworpe babas en hulle geregistreerde plek van veiligheid vir babas en peuters
16 Apr 2021 13 min

Bipolêre gemoedsstoornis - Marenet Jordaan

Dit is Internationale Bipolêre gemoedsstoornis bewusmakings dag. Annelie gesels met haar vriendin Dr. Marenet Jordaan wat 20 jaar terug met Bipolêre gemoedsstoornis gediagnoseer is oor wat dit is om met die siekte saam te leef en dat mens steeds 'n hoogs funksionerende lewe kan lei.
30 Mar 2021 11 min

Watershed - Craig Hinds

Die "lead" sanger van Watershed Craig Hinds het met Annelie gesels oor hulle nuwe enkelsnit "Undone" en laat val dat Watershed 'n nuwe album oppad het.
26 Mar 2021 11 min

Christiaan Baartman

Christiaan Baartman het sy splinternuwe enkelsnit #voordiekerk eksklusief op #BrunchmetAnnelie kom vrystel.
8 Mar 2021 16 min

Spreeklewe - Lei my na U waters van rus

2 Tessalonisense 3:16 Die Here het vrede tussen Hom en ons gebring. Mag Hy nou ook aan julle sy wonderlike vrede gee. Mag julle dit op verrassende nuwe maniere in jul eie lewe beleef. Dink daaraan, die Here is altyd by julle almal.
2 Mar 2021 6 min

Spreeklewe - Carpe Diem!

Soms lewe ons so vir die toekoms of kyk so terug na die verlede dat ons vergeet om in die hier en die nou te lewe. Vandag is hier gryp dit aan
16 Feb 2021 7 min

Spreeklewe - Doen aan ander

Matteus 7:12 “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
9 Feb 2021 7 min

Choc - Flip Flop Dag

Annelie het met die Hoof Maatskaplike werker Alta Bence en Ina Schomper Streeks bestuurder van CHOC (Childhood Cancer Foundation) gesels oor hulle werk en Flip Flop Dag wat on 12 Februarie 2021 plaasvind
4 Feb 2021 10 min
360 – 380