100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
1120 – 1140

Pasop vir krokodille in die Laeveld se water

Na raming word steeds sowat 100 krokodille vermis na hulle einde Januarie uit hul teelplaas naby Hazyview ontsnap het. Chris Hobkirk van die Agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA) het met Sanett gesels oor die groot moontlikheid dat hulle steeds in die omgewing van Kiepersol, Hazyview, die Sandrivier,…
23 Mar 2021 15 min

Klubrugby hervat kontakoefeninge

Klubrugby kon hierdie week uiteindelik weer kontakoefening hervat, vir die eerste keer sedert die Covid-pandemie sport in 2020 tot 'n stilstand gedwing het. Witrivier-rugbyklub se voorsitter, Pietman Rademeyer, en president, Chris Labuschagne, het met Ludi daaroor gesels.
17 Mar 2021 9 min

Langtermyn effek van COVID - Dr Kobus Hugo gesels saam.

Een bekommernis nadat jy COVID gehad het is die vraag oor wat die langtermyn effek daarna is. Dr Kobus Hugo van Hazyview het opgemerk dat die navorsing toon dat die hart skade lei na 'n positiewe geval van COVID 19 en dat werknemers veral moet let op werknemers wat uitasem…
4 Mar 2021 14 min

Vra(e) Wat Pla

Wanneer jy nie meer weet wie om te nader terwyl jy met jou hande in jou hare staan oor die penarie waarin jy beland het, selfs al was dit nie jou skuld nie, is 'n goeie prokereur altyd die persoon wat jy in jou telfoonboek wil hê. Ons gesels met…
26 Jan 2021 29 min

Mpumalanga Rugby Instituut Bekendgestel

Ons gesels oor die toekoms van rugby en die ontgin van plaaslike talent in Mpumalanga. Roelof Kotze is opgewonde oor die geleenthede wat die instituut vir sportmense in Mpumalanga gaan beteken.
18 Nov 2020 35 min

'What a band!' - Die Clint Cunningham Show

Ons gesels land en sand oor die musiek bedryf in Suid Afrika en volkslied sages. Wie anders as Elton John het ook 'n liedjie vir 'n prinses geskryf?
24 Oct 2020 1 hr 23 min

Eerstes vir die Laeveld - Nala se storie

Luister gerus saam hoe die ouers Sinhle en Pat met die hulp van Surgi Clinic Fertility in Nelspruit deur middel van kunsmatige inseminasie geboorte aan hulle tweede kind as deel van 'n tweeling, 5 jaar later geboorte gee. Ons stap die proses en deel die ervaring op die ontbytprogram Dagbreek…
22 Oct 2020 20 min

Plaasmoorde Uit Die Perd Se Bek

Dit voel nie reg om die Afrikaanse idioom in die selfde sin as Angus Buchan te gebruik nie maar hy is 'n boer net soos enige ander Suid Afrikaanse boer en voel daagliks die stress van veiligheid op die plaas. Neels en Sanett kry 'n direkte intieme gesprek 'uit die…
15 Oct 2020 17 min

Wiele FM met Neels & Rudi op 100.5FM

Motorsport in grendeltyd en hoe die wêreld verander vir die toekoms. Hierdie gesprek met motorsport kommentator Greg Maloney gesels oor die nuwe e-motorsport weergawe van motorwedrenne.
1 May 2020 1 hr 06 min

Dr Anton gesels met Dagbreek

Het jy geweet dit neem 21 dae deursettingsvermoë om 'n gewoonte af te leer of aan te leer. Met Suid Afrika wat nou vir 21 dae in afsonderring gaan is dit die perfekte geleentheid om dit aan te pak. Hier gesels Dr. Anton met Neels en Sanett met goeie wenke…
25 Mar 2020 22 min

Draaipunt program 11: Drie versteekte juwele

Emma Nyschen het vir die Dagbreek span kom vertel van drie versteekte juwele in die Kruger Nasionale Park. Al ooit gewonder waarheen daardie "Geen Toegang" paadjies lei in die KNP? Luister vir die antwoord. Dankie aan die SanParke ere-veldwagters wat hierdie kampe en roetes vir ons in stand hou.
15 Nov 2019 17 min

Draaipunt program 10: Spesiale projekte van die SanParke Ere-veldwagters

Van bokse vir stink vlermuise tot speelparktoerusting vir voorskoolse kinders tot borde met braille langs 'n staproete. Watter vaardighede jy ook al het, jy kan 'n verskil maak deur jou werk by of jou ondersteuning van die SanParke Ere-veldwagters. Michael Kruger vertel ons meer oor die spesiale projekte van die…
7 Nov 2019 19 min

Draaipunt program 9: Strik verwydering (opvolggesprek)

Jacques Malan en sy span het die afgelope naweek 200 strikke uitgehaal in die Kruger Nasionale Park. Elke strik wat verwyder word, is 'n dier wat gered word! Ons vier dit! Maar ongelukkig is al die diere nie so gelukkig nie en kom die SanParke ere-veldwagters baiemaal af op hartseer…
1 Nov 2019 17 min

Draaipunt program 8: Inheemse plante

Jy kan jou deel vir die natuur en jou omgewing doen deur 'n inheemse tuin aan te plant! Dis mos maklik en dit verhoog sommer die waarde van jou eiendom ook deesdae. Het jy geweet van die Skukuza Inheemse Kwekery? Luister dan hier!
25 Oct 2019 20 min
1120 – 1140