Die blommetjies is so fraai, maar die impak van indringer plante is een van die grootste gevare vir ons natuurlike inheemse habitat. Kevin Conway is dalk een van die oudste SanParke ere-veldwagters, maar hy stap nog maklik tot 20 km op 'n dag om areas met indringer plante te identifiseer…
Die land is in 'n krisis as gevolg van die grootste droogte in 100 jaar. Wie neem verantwoordelikheid vir die bestuur van water in die land, in die provinsie, in jou dorp en voorstad, wie neem verantwoordelikheid by jou huis. Hierdie gesprek en nog veel meer is op Laeveld Ervaring…
Die SanParke ere-veldwagters het baie passie, toewyding en HART! Eloise Brooks het op 55 jarige ouderdom by die ere-veldwagters aangesluit en leef haar passie vir die natuur hier op verskeie maniere uit. Een daarvan is om 'n uitreik aksie te lei na die gemeenskappe wat rondom die Kruger Nasionale Park…
Het jy al ooit aan 'n olifant se stert gevat? Of aan sy voet? Wat van sy slurp? Die ere-veldwagters van SanParke bied 'n PEAP (Public Education and Awareness Program) vertoning aan wat jou weer so opgewonde soos 'n kind sal maak oor die wonder van die natuur. Karel de…
Die K9 honde eenheid werk baie nou saam met die perde eenheid van die SanParke ere-veldwagters. Gerhard Kotze van die Hoëveld ere-veldwagers vertel ons meer oor hoe die perde eenheid tot stand gekom het en oor hulle suksesse.
K9 "Watchdog" Nasionale Projek: Die K9 nasionale projek bestuur al die honde eenheid se betrokkenheid in ons nasionale parke. Grant Coleman is aan die hoof van hierdie projek en vertel ons wat hulle doen en hoe jy betrokke kan raak.
Gerben Janse van Rensburg het saam met Neels en Sanett kom kuier op Dagbreek om te vertel van die SAPA Nasionale Konferensie (19-21 September) by Ingwenyama Konferensie Sentrum. Hierdie is die geleentheid vir skoolhoofde en adjunk hoofde om hulle batterye te herlaai!
Strikke in die natuur is 'n groot probleem...in natuurreservate, wildplase en selfs in dorpareas. Luister wat die SanParke Ereveldwagters doen om hierdie uitdaging aan te pak. Hoor ook hoe jy deel kan word van die oplossing.
Die ere-veldwagters klink soos 'n elite groep...het mens spesiale kwalifikasies nodig? Of kan gewone mense soos ek en jy ook aansluit om 'n verskil te maak?
Jy kan die SanParke Ereveldwagters help om 'n bobbejaan veilige omheining aan te bring by die Skukuza Inheemse Kwekery. Dis om spesifieke jong boompies waaraan die bobbejane graag vreet, te beskerm. Hoe kan jy help?
Die nuwe rolprent van die Kendrik broers ( ook bekend vir War Room, Courageous, Fly Wheel en Fire Proof). Prescilla vertolk die rol as skoolhoof in die nuwe rolprent. Ons gesels met haar oor haar persoonlike invloed op die rolprent.
Toerisme in die Laeveld is 'n groot bekommernis en Linda van KLCBT (Kruger Mpumalanga Chamber of Business and Tourism) wys punte uit waaroor daar met die Minister van Toerisme binnekort gaan gesels word. Ons vind ook meer uit oor die padwerke op die N4 tussen Belfast en Machadodorp en die…
'n Eerste vir die Laeveld op die N4 snelweg, Witrivier kry sy eie reservaat sowat in die hartjie van die dorp, kenners insae benodig t.o.v. die voorgestelde myn digby Marlothpark en entrepeneurial geleenthede in die Laeveld, word in vandag se program bespreek.
Pieter Malan van Nelspruit praat oor sy inskrywing vir die nuwe Kokkedoor seisoen wat onlangs bekendgestel is. Wie maak kos in sy huis, en hoe lyk 'n goeie tjoppie is maar 'n paar van die geheime wat hy deel. #TrotsLaeveld
Dr Charissa Ruth-Coetzer van 'Lig Die Sluier' deel haar ervaring met ons na haar besoek aan Jerusalem en beleef die areas soos wat dit na verwys word in die bybel en gesels met inwoners wat steeds die geskiedenis van die bybel met besoekers deel.
4 Jun 2019
15 min
1140 – 1160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.