Elands-marathon vanjaar 'n familiebyeenkoms

Loading player...
Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April by Milly’s-vulstasie op die N4. Mandla Nxumalo van die organiseerders, Nedbank LVCC-hardloopklub, sê vanjaar het Elands 'n groter familie-atmosfeer.
31 Mar 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min

Advies: Moenie ingedoen word met jou waardevolle items nie

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
9 Sep 18 min