100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
860 – 880

Laerskool Laeveld hou weer kleurvol pretloop

Laerskool Laeveld hou op 10 November hul jaarlikse, kleurvolle pretloop. Dit is pret vir die hele gesin en die skool se laaste fondsinsameling vir 2022. Me. Anzel Beattie en me. Cornelia Janse van Rensburg het met Ludi en Mireille gesels oor wat jy alles te wagte kan wees.
1 Nov 2022 6 min

Laeveld Rock: In gesprek met Worsie van Wyk

Worsie van Wyk is 'n nuwe musikant op die toneel. Hy is trots Afrikaans en beskryf sy genre musiek as “neo-Gereformeerde metal”. (In Charles se woorde: "Boeremetaal"). Hulle het gesels tydens Laeveld Rock. Luister weer hier.
28 Oct 2022 16 min

Nelspruit stoeiers presteer by SA's

Vier stoeiers van Nelspruit Stoeiklub het uitstekend gevaar by die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad. Samuel Odendaal (15) het silwer in Grieks-Romeins en brons in vrystyl o.51 kg gewen. Jaden Deysel (13) het goud in vrystyl en goud in Grieks-Romeins o.51 kg verower. Louis Odendaal (13) is ‘n goue medalje…
26 Oct 2022 12 min

Maatskappy trek aansoek terug om langs die Krugerwildtuin steenkool te myn

Tenbosch Mining, wat steenkool aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin wou myn, het sy aansoek om ‘n mynlisensie en omgewingsgoedkeuring teruggetrek. Dit sou oor ‘n gebied van 18 000 ha naby die wildtuin en Komatipoort strek. Verskeie organisasies het hul stem teen die ontwikkeling dikgemaak omdat dit straks enorme…
26 Oct 2022 7 min

Kommer oor kapings in Mpumalanga

Die Valke sê hulle is bekommred oor ‘n toename in kapingsvoorvalle in Mpumalanga. Kapt. Dineo Sekgotodi het met Gerhardt en Andri kom gesels oor brandpunte in die provinsie. Sy doen 'n beroep op bestuurders om nie rylopers of vreemdelinge op te laai nie. Bestuurders word ook gemaan om seker te…
26 Oct 2022 6 min

Gedragskenner verduidelik: Dít is wat 'n veghond is

Taryn Blyth is 'n kenner op die gebied van dieregedrag en lei honde ook op. In die lig van die jongste noodlottige aanval op 'n kind deur veghonde en 'n petiisie wat teen hulle opgestel is, gaan vind Ludi en Mireille by haar uit of sy die petisie ondersteun -…
21 Oct 2022 12 min

Petisie teen veghonde: Wat sê die kenners?

Na die soveelste noodlottige aanval deur 'n hond is 'n petisie begin om die eienaarskap van veghonde in Suid-Afrika te verbied. Dit het reeds meer as 35 000 handtekeninge en word deur die NDBV gesteun. Ludi en Mireille het by Albertus Coetzee van West Acres Dierehospitaal in Mbombela gaan uitvind…
21 Oct 2022 6 min

Kenner: Verbanning van veghonde nie die antwoord

Finland, Denemarke, Brittanje en dele van Duitslan en China verbied of het beperkinge op die eienaarskap en invoer van veghonde. Na ‘n 10-jarige seuntjie in September deur sy gesin se eie honde doodgebyt is, het meer as 35 000 mense al die petisie vir soortgelyke wetgewing in Suid-Afrika geteken. Laura…
21 Oct 2022 8 min

15 Mpumalanga kunstenaars vertoon hul werk by Christie's

John-Anthony Boerma is die kurator van “A cry, a song, a dance”, wat gister by Christies at 32 on Russell in Nelspruit geopen het. Die kunsuitstalling is gebou rondom die titel van die debuutalbum van Judith Sephuma, wat gisteraand by Jazz at Christie’s opgetree het. Die 15 kunstenaars is almal…
19 Oct 2022 4 min

Van Komatipoort tot Mzanzi Ballet: Dirk Badenhorst se reis

Dirk Badenhorst is die stiger van die Mzansi Ballet, 'n ongewone, wêreldklas dansgeselskap wat Vrydag “The ABBA Show - A Cinderella Story” in Nelspruit opvoer. Dit is 'n moderne vertelling van die klassieke feëverhaal met tydlose ABBA-treffers. Hy het met Gerhardt en Andri gesels oor sy dansloopbaan, wat as kind…
19 Oct 2022 9 min

Erwin Mavimbela skitter op liggaamsbou verhoog

Die plaaslike liggaamsbouer, Erwin Mavimbela (28), het groot drome. Hy het onlangs 'n derde plek verower by 'n nasionale kompetisie. Boonop is hy self opgelei. Hy het met Ludi en Mireille gesels.
17 Oct 2022 8 min

Laevelders verower Laser Run-medaljes in Lisabon

Drie Laevelders het aan die einde van September medaljes gewen in moderne vyfkamp by die wêreldbyeenkoms vir Laser Run wat in Lisabon, Portugal aangebied is. Janke Steenkamp, Julian Middel en Reuben Matthysen het met Ludi en Mireille gesels.
14 Oct 2022 9 min

Direkte vlugte van Duitsland land eersdaags by KMIA

Op 16 November begin die eerste interkontinentale vlugte van Europa land by die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe. Eurowings Discover is ‘n filiaal van die Lufthansa Groep. Dit skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt, Duitsland via Windhoek, Namibië. Andre Schulz van Lufthansa…
12 Oct 2022 3 min

FOWM help om nog 'n ietermagô te red

Friends of Wildlife Management (FOWM), die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA), polisie, SANParke, Sabi Sands, West Acres Dierehospitaal, Wildlife Emergency Fund / Dereck Milburn en CessZani Aviation Nelspruit het op 27 September saamgewerk om ‘n ietermagô te kon red. Chris Hobkirk het saam met Karin Youssoufian van FOWM met Mireille…
12 Oct 2022 7 min

Addisionele sekuriteit op Numbi-pad aangebring na moord op toeris

Addisionele sekuriteitmaatreëls word op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin geïmplementeer sedert die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê private patrollies en ‘n kamera is sedert April geïnstalleer. Bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie sal binne die volgende twee…
12 Oct 2022 6 min

Wat kan gedoen word om landelike veiligheid te verbeter

Ten minste drie boere is binne minder as twee weke op hul plase in Mpumalanga vermoor. Die ervare ondersoeker Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice sê hy hoop dit is toevallig, en nie 'n opbloei nie. Hy het met Ludi en Mireille gesels.
6 Oct 2022 6 min

Cele: Langtermyn oplossing nodig vir gemeenskappe en toeriste

Die polisie in Mpumalanga sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin nie. Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê drie persone van belang is vir ondervraging ingeneem. Die minister van polisie, gen. Bheki Cele, het gister saam met die nasionale…
6 Oct 2022 1 min

Barberton skopboksertjie plant internasionale uitklophoue

Die jonge Kian Pieters van Barberton is na afloop van die Afrika Kontinentale Skopboks-kampioenskappe in Augustus, tans derde op die wêreldranglys in sy kategorie. Hy het ook by die SA-kampioenskappe in Mei goud en gewen en is toe vir die span gekies. Hy het saam met sy afrigter, Brand Ehlers,…
5 Oct 2022 9 min

Sonkrag in die vooruitsig vir Sonpark

Beurtkrag is hier om te bly, en sakeondernemings dra die gevolge. Winkelsentrums het ook 'n verantwoordelikheid teenoor hul huurders. Gené van Niekerk vertel watter uitdagings dit aan Sonpark-sentrum stel, en hoe hul planne vorder om na sonkrag oor te skakel.
4 Oct 2022 10 min
860 – 880