100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
880 – 900

Hoekom nie bloot die Numbi-hek sluit nie? Die wildtuin verduidelik.

Die dood van ‘n toeris onderweg na die wildtuin gistermiddag het wyd kritiek ontlok. Die Duitse toeris is tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet op die R538. Die Numbi-pad, soos hy bekend staan, is nou al berug vir die veiligheidsrisiko na ‘n reeks geweldadige aanvalle op besoekers aan die wildtuin. Ike…
4 Oct 2022 6 min

Innibos Buitelug Familiefees: Alles wat jy moet weet

Daar word vandag en môre behoorlik feesgevier by die Innibos Buitelug Familiefees wat by Kwanyoni Lodge aangebied word. Daar is iets vir elkeen se smaak, en met hierdie fees is die klem op lekker doen-dinge, sê bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs. Sy deel die paar praktiese reëlings met Gerhardt en Andri.
30 Sep 2022 2 min

Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbaarheid

'n Span van die Laeveld Voortrekkers was onlangs die gelukkige wenners van Soek-soek die tuk-tuk op 100.5FM. Liezel Theron het saam met twee dolfyne (gr. 5-leerlinge) Monette en Ecardt in die ateljee met Gerhardt en Andri gesels oor die skool buite die klaskamerr waar kinders leer om onafhanklik te wees.
29 Sep 2022 14 min

Voortrekkers vier 91ste jaar

Die Voortrekkers vier môre hul 91ste bestaansjaar. Lilanie de Jager en Berno Venter, kommandoleier en kommandojeugleier van die Laeveld Voortrekkers, het vir Ludi en Mireille vertel wat dié organisasie vir hulle beteken.
29 Sep 2022 9 min

Aloe simii: Alles wat hy van dié plant moet weet

SANRAL se beplande P166 ringpad na die R40 suid tussen Witrivier en Mbombela is moontlik terug op die kaarte, maar kry weereens baie teenkanting uit die Witirivier-gemeenskap. Hulle voer onder meer aan dat dit die vleilande in en om die dorp, sowel as die kritiek bedreigde aloe simii, bedreig. Willem…
23 Sep 2022 5 min

Reef 10's hierdie naweek by Robbies

Rob Legacy se derde Reef 10's-toernooi is hier en vind Vrydag en Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas. Rugby, krieket en netbal is vanjaar op die spyskaart, vertel voorsitter Charles Gates vir Ludi en Mireille.
23 Sep 2022 6 min

Renosterdag: Waar staan hulle in Afrika?

Dit is Internasionale Renosterdag. Lara Rall van WWF Suid-Afrika sê dat die renosterbevolking in Afrika sedert 2017 tot ongeveer 22 137 wit- en swartrenosters aan die einde van 2021 afgeneem het. Die slegte nuus is dat stroping hul grootste bedreiging is en dat 90% van renosters wat in Afrika gestroop…
22 Sep 2022 16 min

Argeologiese opgrawings ouer as Mapungubwe in Krugerwildtuin ontdek

‘n Argeologiese ontdekking in Letaba in die Krugerwildtuin toon tekens dat dit ouer kan wees as die Koninkryk van Mapungubwe, die oudste bekende inheemse koninkryk in Suider-Afrika wat sowat 1 000 jaar oud is. Artefakte wat by Letaba ontdek is word beskou as ten minste 1 600 jaar oud en…
21 Sep 2022 4 min

Nelspruiter bereik hoë hoogtes in Dowekrieket

Arthur McGee. 'n oud-leering van Laerskool Bergland en Hoërskool Nelspruit, is aangewys as Krieket Suid-Afrika se Dowe Krieketspeler van die Jaar 2022. Hy is die jongste speler in die Titans Dowekrieketspan en is ingesluit in die SA Dowekrieketspan wat vanaf 1 Oktober in Dubai aan die DICC T20-kampioenetrofee deelneem. Hy…
16 Sep 2022 11 min

Heerlike gesinspret by Buitelug Familiefees

Innibos het vanjaar sy resep aangepas en hou op Vrydag 30 September en Saterdag 1 Oktober ‘n buitelug familiefees provol vermaak vir die hele gesin. Dit vind plaas by Kwanyoni Lodge op die N4 net buite Nelspruit. Buiten die musiekprogram, is daar 'n volgepakte program vol doen-dinge en demonstrasies. Sandra…
14 Sep 2022 2 min

Silulumanzi waarsku weer oor water

Silulumanzi waarsku dat die voortslepende beurtkrag watertoevoer in Mbombela-munisipaliteit affekteer. Produksie vanaf die Kanyamazane-waterwerke het beduidend afgeneem met die Pienaar-pomplyn wat van 40 ML per dag na 27 ML afgeneem het en Kanyamazane vanaf 12 ML tot 7 ML. Aanvullings na Witrivier word ook geraak. Woordvoerder, Richmond Jele het inwoners…
13 Sep 2022 11 min

Riana Nel skryf vir jou

Die geliefde Afrikaanse sangeres Riana Nel het die grendeltydperk gebruik om liedjies vir mense te begin skryf oor hul eie liefdes- en lewensverhale. Sy het met Ludi gesels oor haar jongste enkelsnit “Vanaand” en vertel hoe die ervaring haar perspektief op storievertel en optredes verander en verryk het.
13 Sep 2022 2 min

Testamenteweek: Het ek een nodig?

Dit is Nasionale Testamenteweek, wat die publiek die geleentheid bied om vanaf 12 tot 16 September 'n basiese testament gratis deur ‘n prokureur te laat opstel. Ambress Dickenson van Stegmanns Inc. verduidelik aan Gerhardt en Andri hoekom dit nodig is om die belange van geliefdes te beskerm, selfs al het…
13 Sep 2022 4 min

Veiligheidskwessies wat toerisme raak kry aandag

‘n Toerisme lekgotla wat verlede week in die Laeveld gehou is, het verskeie veiligheidskwessies uitgelig. Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld-sakekamer (KLCBT) sê hulle werk saam met die regering om die probleme op te los. Die adjunkminister vir toerisme, Fish Mahlalela, het dit ook bygewoon en die Numbi-pad besoek, waar…
9 Sep 2022 5 min

Witrivier vrou behaal 15de plek onder vroue in debuut Comrades

Caroline Josten van Witrivier het tydens haar Comrades-debuut vanjaar, algeheel 15de geëindig en was negende van almal in die veteran-kategorie met haar tyd van 07:09. Verstommend het sy kort voor die ultramarathon ‘n besering en varkgriep opgedoen. Sy het vir Ludi en Mireille vertel wat sy vir 2023 beplan.
8 Sep 2022 13 min

Ervaring van onskatbare waarde vir toekomstige chefs

Die Fred Kinnear Uitnodigings Gholftoernooi vind môre plaas by Mbombela Gholfklub, ten bate van Pro-Gratia-leersentrum. Die skool se gasvryheid-leerlinge het die geleentheid om self die voorgereg en nagereg vir die deelnemers voor te berei en te bedien. Die bekende televisie-kok en skrywer Errieda du Toit het vandag kom hand bysit…
8 Sep 2022 2 min

Errieda du Toit help Pro Gratia voorberei vir gholfdag

Die Fred Kinnear Uitnodigings Gholftoernooi vind môre plaas by Mbombela Gholfklub, ten bate van Pro-Gratia Skool. Die skool se gasvryheid-leerlinge het die geleentheid om self die voorgereg en nagereg vir die deelnemers voor te berei en te bedien. Die bekende televisie-kok en skrywer Errieda du Toit het vandag kom hand…
8 Sep 2022 6 min

Jan Braai ontbyt vir die Laeveld JOC

24 September is om die draai. Jan Braai, wat natuurlik Braaidag 18 jaar gelede vir nasiebou gestig het, het vanoggend by 100.5FM ingeloer op sy warrelwindtoer. Hy braai in sewe stede binne sewe dae voor #Braaidag. 100.5FM het die Laeveld JOC genooi om saam te kom smul vir ontbyt in…
5 Sep 2022 1 min

Rose-Mare Pretorius wen R100 000

Rose-Mare Pretorius was die gelukkige wenner van R100 000 kontant Saterdag by Grove SUPERSPAR. Sy het met Gerhardt gesels oor hoe verbaas sy was om te wen.
5 Sep 2022 1 min
880 – 900