100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
900 – 920

Aanlyn pornografie: Hoe beskerm ek my kind?

Onlangse navorsing deur die Youth Research Unit by Unisa se bureau vir marknavorsing toon dat meer as die heflte (55%) van jong Suid-Afrikaanse kinders gereeld pornografie aanlyn kyk. Nicole dos Santos, hoof van ontwikkeling by Penryn, het met Ludi en Mireille gesels oor wat ouers kan doen om hul kinders…
1 Sep 2022 12 min

Mnr. en Mej. Bergvlam 2022 gekroon

Mnr. en Mej. Bergvlam 2022 is Donderdag tydens 'n gala-aand by die skool gekroon. Dyllan van Zyl en Danelle Mader het saam met die organiseerder van die kompetisie, juf. Yolandie O'Reilly, in die ateljee kom kuier saam met Ludi en Mireille.
23 Aug 2022 6 min

Die Laeveld JOC sê hulle sal deurnag beweging monitor voor beplande landwye stak

Die gesamentlike operasionele bevel van Laeveld sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers is op ‘n hoë vlak van gereedheid vir die beplande landwye staking môre. Die vakbonde Cosatu en Saftu het dit uitgeroep uit protes teen stygende lewenskoste. John Meintjes sê dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur…
23 Aug 2022 3 min

Eenmanvertoning? Ja, al is daar hoeveel karakters

“Hans steek die Rubicon oor” is deel van die Innibos-teaterweek wat volgende naweek in Mbombela afskop. Regisseur Lizz Meiring en akteur Charlie Bouguenon het met Amanda gesels oor wat die gehoor te wagte kan wees van hierdie komedie. Hans is van 1 tot 3 September in die Mbombela stadsteater te…
23 Aug 2022 3 min

Nadiya Bezhnar verruil SA vir Portugal

Nadiya Bezhnar het uit haar geboorteland gevlug toe Rusland Oekraïne aan die einde van Februarie binnegeval het. Sy en haar Suid-Afrikaanse man, Derrick, en hul tweejarige seuntjie Lev, het besluit om hulself eerder tydelik in Nelspruit te vestig as om in Europa te bly. Hulle het die naweek Portugal toe…
22 Aug 2022 22 min

Jong sangeres wen geleentheid op groot verhoog

Zimri Leuvennink was die wenner onder die plaaslike jong kunstenaars om die geleentheid te kry om môre by Penryn Festival op te tree as deel van die voorvertoning vir die legendariese Mango Groove. Sy het met Ludi en Mireille gesels oor haar sang.
22 Aug 2022 13 min

Alles wat jy wil weet van Mpumalanga Skou 2022

Woensdag skop die eerste Mpumalanga Show sedert 2019 by Mbombela-stadion. Hierdie familiefees bied iets vir almal. Lyzelle van Wyk het vir Ludi vertel wat alles vanjaar nuut is by die skou.
18 Aug 2022 9 min

Reaksie op 'Plesierengel' verras skrywer Van Nierop

Charles Gentle gesels in Op ‘n Drafstap met Leon van Nierop oor “Plesierengel”, 'n toneelstuk gebaseer op sy romans "Plesierengel" en "Katelknaap" wat vanaf 2 September te sien is by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees-teaterweek in die Mbombela-stadsteater. Ruan Wessels vertolk die rol van die plesierengel in hierdie tragi-komedie eenmanvertoning…
18 Aug 2022 12 min

Cowrie: Jou vrae beantwoord

Cowrie is ‘n kriptogeldeenheid, en meer, met spesifieke, unieke aanbieding vir Suid-Afrikaners. Maurice Crespi verduidelik aan Ludi en Mireille wat jy moet weet.
16 Aug 2022 9 min

Spear bring wildtuin en gemeenskap bymekaar

Stop Poaching Endangered African Rhino (Spear) het op Vrouedag gister hul waarderingstoekennings in Skukuza gehou, om hul ondersteuners te bedank. Die organisasie sonder winsbejag het ten doel om gemeenskappe wat direk langs die wildtuin woon, in die area suid van Skukuza waar die meeste renosters voorkom, met bewaring in aanraking…
10 Aug 2022 4 min

Nienaber: Malcolm Marx verpersoonlik wat 'n Springbok is

Die Springbokke het Saterdag hul 100%-toetsrugby-wenrekord by Mbombela-stadion behou deur die All Blacks met 26-10 af te ransel. Malcolm Marx, wat sy 50ste toets gespeel het, is as die speler van die wedstryd aangewys. Afrigter Jacques Nienaber het Marx en die ondersteuners by Mbombela uitgesonder vir prys.
7 Aug 2022 4 min

Kontant of kaart by Mbombela-stadion Saterdag?

Meer as 40 000 mense gaan Saterdag 6 Augustus die toets tussen die Springbokke en All Blacks by Mbombela-stadion kyk. Kan jy kontant gebruik? Stadionbestuurder, Roelf Kotze, verduidelik.
3 Aug 2022 1 min

Maak so as jy Saterdag by Mbombela-stadion móét parkeer

Saterdag sal die meeste mense ooit wees wat 'n rugbywedstryd by Mbombela-stadion bywoon. As jy voel jy móét naby die stadion parkeer, eerder as om van die parkeer- en -rystelsel gebruik te maak, maak dan só, sê stadionbestuurder, Roelf Kotze.
3 Aug 2022 2 min

Hier is dit: Al die parkeer- en rypunte vir Saterdag se Mbombela-toets

Saterdag sal die meeste mense ooit wees wat 'n rugbywedstryd by Mbombela-stadion bywoon. Maak liefs van die parkeer- en -rystelsel gebruik vra stadionbestuurder, Roelf Kotze. DIe punte is by Laerskool Witrivier, Witrivier-rugbyklub, Penryn, Riverside Mall, Grove-sentrum, Valley Hyper, Hoërskool Nelspruit, Laerskool Nelspruit, Church Unlimited, TUT, Nelspruit Primary, Hoërskool Bergvlam, Laerskool…
3 Aug 2022 4 min

Bokspan vir Saterdag se toets in Mbombela aangewys

Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan wat teen Wallis uitgedraf het in hul laaste toets om Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela te begin. Malcolm Marx sal sy 50ste Boktoets speel. Hy vervang Bongi Mbonambi op haker. Faf de Klerk begin op skrumskakel en sal met Jaden…
2 Aug 2022 1 min

SANParke verduidelik finale waarskuwings aan werknemers na luiperdvideo

SANParke het gister die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin 'n man die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is. ‘n Kontrakteur is geskors hangende die ondersoek. Volgens Ike Phaahla is vier van die nege mense wat betrek word SANParke se…
28 Jul 2022 4 min

Parkeer- en ry bus na Mbombela-stadion vir die All Black-toets

Ongeveer 40 000 toeskouers sal na verwagting volgende Saterdag die toets tussen die Springbokke en All Blacks by Mbombela-stadion bywoon. Om die verkeer rondom dit te bestuur, is een van die organiseerders se grootste uitdagings. Daarom is verskeie parkeer- en ry-punte in Mbombela en Witrivier opgestel. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, verduidelik…
28 Jul 2022 2 min

Ondersteun die Bokke by Mbombela op 6 Augustus

Die Springbokke is in die Laeveld om voor te berei vir die eerste van twee toetse op tuisbodem wat hulle op 6 Augustus by Mbombela-stadion teen Nieu-Seeland speel. Marlon Kruger, bemarkingsbestuurder vir SA Rugby, moedig plaaslike rugbyondersteuners aan om die Bokke te ondersteun.
27 Jul 2022 1 min

Nie alle slangbyte is giftig nie

Lowveld Venom Suppliers bied hierdie naweek die South African Snakebite Symposium (SASS) aan. Dié nie-winsgewende organisasie (NGO) word deur Gift of the Givers ondersteun en poog om mediese praktisyns in landelike areas te bemagtig om slangbyte te kan behandel. Chris Hobkirk het met Ludi gesels oor verskillende slangbyte.
26 Jul 2022 3 min
900 – 920