Valley Hyper en Crossing-sentrum het vandag aangekondig dat elk R25 000 vir die Pumas skenk om hul welwillendheidsorganisasies te ondersteun. Pumas-hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle is betrokke by Cyril Clarke Sekondêr, Woodhouse weeshuis, en Cosmos. Hy het saam met Anita McGarry met Mireille gesels.
Die 14-jarige LeeAnn Kholwane het by die International Talent Showcase 'n beurs van $15 000 losgeslaan om vir 'n jaar aan die New York Conservatory for Dramatic Arts te studeer. Sy het ook die geleentheid om 'n somerkamp vir 'n maand by te woon, terwyl sy skool klaarmaak. Sy het…
Die afwagting bou op voor die All Blacks op 6 Augustus by Mbombela-stadion teen die Springbokke uitdraf. George Stainton, die kommersiële bestuurder van die Pumas, sê die direkte ekonomiese impak op die area word beraam in die omgewing van R200 miljoen. Boonop bied dit ‘n groot bemarkingsgeleentheid. Om dit ‘n…
In kloofing (canyoning) gebruik avontuurlustiges ‘n verskeidenheid tegnieke om klowe te navigeer: jy stap nie net nie, maar klim, spring, swem, en abseil onder meer. Kestell Barnarnd van Kestell Adventures in Sabie het vir Charles verduidelik presies wat dit alles behels.
Francois Jacobs het liefde gevind by Shané (Nykie) Pretorius tydens die tweede seisoen van Op my Eish! Ons hoor uiteindelik direk van hulle, hoe dit gebeur het. Ludi en Mireille het met die paartjie gesels oor hul toekomsplanne.
Rocco de Villiers, wat die naweek in die Laeveld kuier, is vanaf môre te sien in "Boeremusiek en Mirrorballs" wat hy en sy orkes tydens die Woordfees opgeneem het. Hy het vir Gergardt vertel dat boeremusiek eintlik in sy bloed is.
Die All Blacks speel op 6 Augustus 'n toets teen die Springbokke by Mbombela-stadion. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, het in die ateljee kom gesels oor die praktiese reëlings vir die dag. Hier is alles wat jy moet weet.
Dit was baie disrespekvol teenoor Claudia en Leyla vir Francois en Nykie om oor die (spreekwoordelike) tou te trap tydens gisteraand se finale episode van Op my Eish! Sy het Nykie het egter intussen opgemaak, sê Leyla van Greuning (23) aan Ludi en Mireille.
Die vonke het behoorlik gespat tydens die laaste episode van Op my Eish! wat gisteraand uitgesaai is. Francois Jacobs het kennelik liefde gevind by Nykie, maar hulle het die reëls van die realiteitsreeks gebreek en die ander twee oorblywende deelnemers was minder as gelukkig daarmee. Claudia Hermann (28) het met…
Anneke van Schoor, vrywilliger by Wild and Free Wildlife Rehabilitation wat beseerde wilde diere inneem, rehabiliteer en in die natuur vrylaat. Sy sê hulle sien gedurende skoolvakansies ‘n beduidende toename in die aantal voëls met skietwonde wat hulle moet red. Sy skryf dit toe aan stout kinders, vertel sy vir…
Jordan Jansen van Rensburg (18), Miss Teen Grand SA, is op pad na Guatemala waar sy die land in November in die internasionale kompetisie sal verteenwoordig. Dié kompetisie beoog om jongelinge se definisie van skoonheid te herdefinieer en hul betrokke in hul gemeenskappe te maak. Sy het in die Laeveld…
Sander/liedjieskrywer Candy Benson kuier in die Laeveld, en het in die ateljee by Gerhardt kom inloer. Sy vertel hoe Covid-19 haar platgetrek het, en hoe sy weer begin sing het.
In die voorlaaste episode van “Op my Eish!” 2 het Francois Jacobs gisteraand vir Ceylonia Bekker (26) teruggestuur na Kaapstad. Sy het vir opskuddings en groot vermaak gesorg op hierdie realiteitsreeks, en sê sy het die meeste van haarself geleer. Slegs drie deelnemers bly oor. Skakel Donderdag om 20:00 in…
Juane Bekker (26) is gisteraand huis toe uit "Op my Eish!". Met slegs twee episodes oor in die realisteitsreeks, waarin Francois Jacobs liefde soek, is daar nou vier deelnemers oor, en dinge raak nou ernstig en emosioneel. Juane het met die Ontbyt-span gesels oor haar ervaring.
Plaaslike musikant Coenie Naudé het sy debuutalbum by Van Coke Studios opgeneem en is amper gereed om dit vry te stel. Die bekendstelling is op 16 Julie 2022 by The Blue Gate in Nelspruit, 'n verhoog na aan sy hart. Hy beskryf dit as 'n rock-album en die liedjies daarop…
Die Curriebeker-finaal word Saterdag in Kimberley gespeel tussen die Pumas en Griekwas en pienk koors loop hoog in die Laeveld. Robin het met Herklaas du Preez en Arrie Myburgh, ou hande in plaaslike rugbygeledere, gesels oor hoe die unie tot hier gekom het.
Tegnologiese vooruitgang bring soveel goed met dit saam, veral in onderrig, maar met dit gaan gevare tepaard. Ouers is dikwels nie toegerus om hul kinders te help om dit die hoof te bied nie, sê Nicole dos Santos, innovasiebeampte by Penryn. "Ouers is bang vir sosiale media omdat kinders dit…
Die Pumas gaan Saterdag vir die eerste keer ooit in 'n Curriebeker-eindstryd in Kimberley speel. Hulle het Saterdagmiddag 'n opwindende halfeindstryd-oorwinning teen die Cheetahs in Bloemfontein behaal. Die span van Mpumalanga het met 38-35 gewen, danksy 'n drie op die nippertjie deur Ali Mgijima. Die Pumas kom teen die Griekwas…
Akteur en regisseur Francois Jacobs is op soek na liefde in “Op my Eish!”. Hierdie realiteitsreeks is gedeeltelik in die Laeveld verfilm. Geen deelnemer is gisteraand tydens ep. 10 huis toe nie, so vyf vroue bly oor. Ons kyk terug op wat hulle al oor die reeks te sê gehad…
17 Jun 2022
12 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.