100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
940 – 960

Silverdae hou kuierdag

Die SAVF Silverdae Ons Tuiste in Waterval Boven hou Saterdag 'n heerlike kuierdag. “Ons oumensies is uitgehonger vir sosiale kontak en sien vreeslik uit,” sê bestuurder, Elize Steenkamp. Sy het vir die Ontbytspan vertel wat hulle alles beplan. Luister weer hier. Dit begin om 10:00. Kom bou ‘n burger. Bespreek…
16 Jun 2022 10 min

Gesin verloor alles in huisbrand

Die Mair-gesin het verlede week alles in ‘n huisbrand naby Church Unlimited buite Nelspruit verloor. Hugh Williams (65) is in die brand oorlede. Sy dogter, Chanell, haar man Richard, hul agtjarige dogter en 20-jarige seun het hul dank betuig vir die oorweldigende ondersteuning wat hulle sedertien van die gemeenskap ontvang…
16 Jun 2022 6 min

TCM beboet oor besoedeling

Thaba Chweu-munisipaliteit is gister effektief ‘n boete van R5 miljoen opgelê vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur. Stadsbestuurder Sphiwe Matsi, wat namens die munisipaliteit verskyn het, het skuldig gepleit op sewe van die elf klagte wat hoofsaaklik verband hou met waterbesoedeling. Die Lydenburg-hof het gelas dat R4,8 miljoen van…
14 Jun 2022 3 min

Groot afwagting voor Pumas-Griekwas kragmeting

Vyrdagaand is maak of breek op Mbombela-stadium vir die Pumas. Wen hulle met 'n bonuspunt teen die Griekwas, is hulle verseker van 'n plek in vanjaar se Curriebeker halfeindronde. Agterlyn-afrigter, MJ Mentz, sê die span is tans nog nie 100% gefinaliseer nie.
8 Jun 2022 1 min

Wat 'n halfeindronde vir die Pumas kan beteken

Die Pumas kom Vrydag in ‘n bepalende wedstryd in die Curriebeker te staan teen die Griekwas op Mbombela-stadion om te speel vir 'n plek in vanjaar se halfeindstryd. Dit sal die span se eerste halfeind wees, na hulle verlede seisoen met een punt daarop uitgemis het. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse,…
6 Jun 2022 1 min

Jeannedré verlaat OME met hele groep goeie vriendinne

Jeannedré de Waal (29) is gisteraand tydens die agtste episode van Op My Eish! 2 huis toe. Sy sê dit was geen verrassing nie, en stem saam dat sy en Francois Jacobs nie tydens haar sowat twee en 'n half weke op die program, 'n sterk verbintenis aangeknoop het nie…
3 Jun 2022 7 min

Op die rusbank: Wat hou Innibos 2023 in?

Sandra Jacobs van Innibos gesels “On the couch” met Lasea Swift - en verklap wat alles beplan word vir volgende jaar se Innibos Kunstefees, wanneer dit hopelik weer "normaal" aangebied sal kan word.
1 Jun 2022 2 min

Bloedbank vir honde en renosters red lewens

Dit was ‘n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy ‘n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het. “Dit was baie moeilik om ‘n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,” sê…
1 Jun 2022 11 min

Innibos hou weer In jou Huis-musiekteater

Reisiger, kunstenaar, storieverteller... Jak de Priester is môre saam met Bibi Slippers te sien in die tweede aflewering van Innibos se In jou huis-musiekteaterreeks. Jak, 'n ou hand in musiekteater en wat ook self dig, het vir Ludi en Mireille vertel hoe baie hy daarna uitsien. Skakel om 19:00 in…
31 May 2022 11 min

Petisie begin teen beplande straatnaam veranderinge in Mbombela

‘n Petisie is opgestel om Mbombela-munisipaliteit se besluit, om 14 straatname in Nelspruit, Witrivier, Hazyview en Barberton te verander, teen te staan. Inwoners is genooi om binne 30 dae insette te lewer en nuwe name voor te stel vir die strate. Hulle is: Piet Retief, Bester, Anderson, Brown, Ferreira, Henshall…
30 May 2022 3 min

Op my Eish se reguit Maryna praat

Maryna Lourens (29) van Lydenburg wat gisteraand die realiteitsreeks “Op my Eish!” verlaat het, sê sy dink sy weet wie het gewen. Die reeks waarin die Laeveld se eie Francois Jacobs liefde soek, is gedeeltelik in die area verfilm. Sy het met Ludi gesels. Kyk “Op my Eish! 2” elke…
27 May 2022 10 min

Nelspruit-fotograaf wen #GoeieGons

Johan Orton is aangewys as Solidariteit Helpende Hand se Fotograaf van die jaar in die Aktuele-kategorie. Dié sportfotograaf van Nelspruit het al verskeie wêreldsportgeleenthede afgeneem - sedert 2011 het hy 37 Springboktoetse gedek, wat die Rugby Wêreldbeker-eindstryd in Japan 2019 ingesluit het. Hy was ook by Wimbledon in 2017 en…
20 May 2022 10 min

Episode 6: Elaine Adlem groet Op my eish! 2

Op my eish! het tydens gisteraand se episode 'n bietjie in Pelgrimsrus gekuier. Elaine Adlem (29) van Kaapstad sê sy het besef sy en Francois Jacobs, wat in die reeks liefde soek, sal nooit meer as net vriende wees nie, en het daarom besluit om huis toe te gaan. Hulle…
20 May 2022 6 min

Laeveld nuus – Week 20 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: # Hetta Potgieter se moordenaar kry vierde lewenslange vonnis # Kommer oor tekort aan ambulanse in Mpumalanga # Vroue genooi om in te skryf vir Mev. Mpumalanga # KANSA RFL trek 'n korter baadjie aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.
20 May 2022 3 min

Op my eish! episode 5: Gené van Niekerk oor die risiko’s

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Gisteraand (12 Mei) is Gené van Niekerk en Michelle van der Merwe huis toe. Gené was meer as gereed om die reeks vaarwel toe te roep. Sy het met die Ontbyt-span gesels oor haar ervaring.
13 May 2022 10 min

Laerskool Witrivier gereed vir die Clashes of the Schools

Die Pumas se "Clashes of Schools" is aan vir môre-aand by Mbombela-stadion wanneer die tuisspan die besoekende WP die stryd aansê in hul Curriebeker-kragmeting. Laerskool Witrivier White River Primary se rugbyspelers het vanmiddag hul staal in die ateljee kom wys. Het dié skool die grootste gees? Ons vind Vrydag uit…
13 May 2022 7 min

Laeveld nuus - week 19 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: # Vyf rondloper-olifante na NKW geskuif, een van kant gemaak # Hillary Gardee se vermeende moordenaars laat vaar hul borgaansoeke # Oekraïense vlugteling neem Parkrun in die Laeveld op vir haar landgenote # Mbombela ingesluit by die SPAR Grand Prix-reeks # Die…
13 May 2022 5 min
940 – 960