100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,191 Episodes
960 – 980

Vyf rondloper-olifante geskuif, een van kant gemaak

Vyf van die olifante wat Saterdag in Nkomazi opgemerk is, is gister gevang en in die vroeë oggendure na die Krugerwildtuin verskuif. Een bul moes van kant gemaak word, weens ‘n ernstige skietwond in sy skouer wat sy beweging belemmer het. Die trop, geskat op 11 olifante, se reis het…
12 May 2022 10 min

Flinkdink speletjiesaand is terug

Raap jou slimste en skerpste vriende bymekaar en skryf as ’n span in vir Innibos se tweede Flinkdink op Donderdag, 19 Mei, om 18:00. Dit gaan nie net julle algemene kennis toets nie. In die Noot vir noot- en Beat the intro-afdeling kan die spanne mekaar lekker troef met hulle…
12 May 2022 8 min

Oekraïnse vlugteling neem vlag en hardloop op vir haar land

Nadiya Bezhnar het uit haar geboorteland gevlug toe Rusland Oekraïne einde 24 Februarie binnegeval het. Sy en haar Suid-Afrikaanse man en hul tweejarige seuntjie het besluit om hulself eerder tydelik in Nelspruit te vestig as om in Europa te bly. Nadiya se familie is egter steeds in die beleërde land…
11 May 2022 12 min

Die wonder van sierduiwe

Sommige mense noem duiwe vlieënde rotte, sonder om te besef hoe skoon hulle werklik is. Jan Labuschagne van die Oostelike streek van die Suid-Afrikaanse Sierduif-vereniging sê hulle is baie meer gepas bekend as die voël van vrede. Hulle het ook heelwat gewoontes soos mense, vertel hy vir Ludi en Mireille…
10 May 2022 10 min

Op my eish! 2: Episode 4: Lee-Anne Baker verlaat die reeks op 5 Mei

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Daarna het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe deelnemers…
6 May 2022 4 min

Dun die olifante uit! Krugerwildtuin verduidelik hoekom nie

Wilderness Search and Rescue vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik hervat word in die Krugerwildtuin, wat volgens sommige bronne net 7 000 olifante kan huisves. Daar is na raming tans sowat 40 000. Wildtuin woordvoerder, Ike Phaahla, sê egter hulle kan veel meer olifante akkomodeer as in…
3 May 2022 4 min

Que’s burger-uitdaging

Werner Terblanche het vanmiddag eerste aangesit by Que’s Café vir hul burger-uitdaging. Hy moes 'n trippeldekker burger van 2,5 kg kafdraf binne 20 minute. Kon hy slaag? Luister hier.
29 Apr 2022 3 min

Ramaphosa loof Suid-Afrikaners se veerkragtigheid op Vryheidsdag

President Cyril Ramaphosa het gister Vryheidsdag amptelik in Mpumalanga herdenk. Hy het in die hoofrede wat hy gelewer het by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg gesê Suid-Afrikaners het bewys hulle is veerkragtig, en het ‘n verantwoordelikheid om nie moed te verloor nie. Luister weer hier na ‘n uittreksel uit sy…
28 Apr 2022 4 min

Dorp van die jaar semi-finaliste: Dullstroom

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Stephen de Meyer van Dullstroom…
28 Apr 2022 2 min

Dorp van die jaar semi-finaliste: Kaapsehoop

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Alita Steenkamp van Kaapsehoop gesels…
28 Apr 2022 2 min

Dorp van die jaar semi-finaliste: Pelgrimsrus

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Leona Oosthuizen van Pelrgrimsrus gesels…
28 Apr 2022 2 min

Op my eish! 2: Elizna de Waal verlaat die reeks op 21 April

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy kon in die eerste episode verlede week 15 vroue kies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Gisteraand het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy het met Ludi…
22 Apr 2022 6 min

Makhonjwa boorprojek goed op dreef

Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal kan help bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele en Rodney Tucker het met Ludi…
21 Apr 2022 4 min

Span Slowvelders pak Expedition Africa aan

Die Slowvelders-span (Harry Wiltshire, Stephan Pinker, Wihan Jacobs en Megan Andersen) het die onlangse Expedition Africa 2022 in Lesotho aangepak. Dit is ‘n uithouwedloop soos min: Spanne het sewe dae om saam 500 km te voet, per bergfiets en met kajakke af te lê. Harry, Stephan en Megan het vir…
21 Apr 2022 17 min

Wat is volgende vir Penryn swemster?

Penryn se Miela Banza het drie goue medaljes losgeswem by die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe. Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag. Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela…
20 Apr 2022 6 min

Crux bring nuwe perspektief na die Paasverhaal

“Crux: The Musical” maak hierdie naweek sy debuut, net hier in die Laeveld by Church Unlimited in Mbombela. Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Die musiekteaterproduksie wemel ook van plaaslike talent met Laeveldse orkeste, kore, soliste en selfs dansers. Meas het…
14 Apr 2022 13 min

'Wanneer die eerste bomme val, is 'n kind se kindertyd verby'

Dr. Victor E. d'Assonville is 'n Suid-Afrikaanse teoloog wat al jare by 'n sendingstasie in Duitsland betrokke is. Sedert Rusland Oekraiëne ingeval het, is hulle ook betrokke daarby om vlugtelinge uit die land te help. Hy het vir Ludi en Mireille vertel wat werklik op die grond gebeur.
14 Apr 2022 20 min

Losloper vertel oor verfilming van Op my eish! 2

Die tweede seisoen van Op my eish! skop op 14 April af en het hierdie keer 'n definitiewe Laeveldse geur. Francois Jacobs is die gesogte losloper en groot dele van die reeks is in die Laeveld verfilm. Oor die volgende 13 weke sal kykers op kykNET kan sien hoe hy…
13 Apr 2022 3 min
960 – 980