Bela-wet: Hoe dit jou raak

--:--
Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette (Bela) is al ‘n stappie nader om wet te word. Openbare verhore daaroor vind nou weer in Mpumalanga plaas. Donderdag is dit in Ehlanzeni, by Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi.
Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole (Fedsas) verduidelik hoe dit die funksionering van skole kan raak, sowel as die voorgestelde veranderinge waarteen hulle gekant is, en waarmee hulle saamstem.
28 Nov 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Steve vier 60ste

Steve Hofmeyr vier môre sy 60ste verjaarsdag, en dan moet ons hom Oom Steve begin noem. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor sy 40 jaar in die musiekbedryf.
28 Aug 9 min

Hou jou oë oop vir die positiewe

Brent Lindeque, beter bekend as The Good Things Guy is Vrydagoggend in Nelspruit en hy wil saam met jou koffie drink. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
28 Aug 12 min

Nellie wen groot in LA

Ronel Basson van Hoërskool Nelspruit het 'n akteursprys gewen by die onlangse Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste wat in Los Angeles gehou is.
28 Aug 10 min

Groener oplossings gesoek

Die Mpumalanga Green Cluster Agency, ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2022 gestig is om te help met die billike en regverdige energie-oorgang ondersteun ondernemings wat hul deel doen vir ʼn groener ekonomie. Gift Mkhatshwa vertel meer. Opskud! Inskrywings vir die SMME Green Innovation Challenge sluit Vrydag.
27 Aug 7 min

Veldtog teen onwettige mediese prosedures van stapel gestuur

We Care 4 Nelspruit is op 'n missie om 'n einde te bring aan onwettige agterstraat aborsies en die advertering van sinlose "mediese" behandeling - ten einde die algemene publiek te beskerm. TJ Maré gesels met Sonop Ontbyt oor wat jy kan doen.
26 Aug 8 min