Hierdie week het Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Charné Mostert onder andere AfriForum se veldtog by die Verenigde Nasies bespreek, asook die onsekerhede rondom die stemproses vir die Nasionale Gesondheidversekering.
Hierdie week het Podlitiek se Ernst van Zyl, Charné Mostert en Louis Boshoff AfriForum se privaat-vervolgingseenheid se nuutste platform oor valse rassisme, Transnet se aansienlike agterstande in Durban se hawe, asook Argentinië se nuwe president Javier Milei bespreek.
Hierdie week het Ernst van Zyl, Charné Mostert en Louis Boshoff van Podlitiek die rasreëls op landbou bespreek, asook AfriForum se nuutste verslag oor plaasmoorde en hoekom Suid-Afrika hul goudreserwes moet hou.
Die stories wat in dié episode ontnonsens word, sluit in: Alan Winde wat ‘n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie waarby 169 buurtwagte betrokke was, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldspiraal en die ATKV se interessante debatsonderwerpe wat jongmense se honger vir kritiese denke verbreed.
Die stories wat in dié episode ontnonsens word, sluit in: die Samwu-staking wat stadige vullisverwydering in Pretoria veroorsaak, AfriForum se kommentaar op die haatspraakwetsontwerp, asook die uitwerking wat die Bela-wetsontwerp op basiese onderwys gaan hê.
Hierdie week se agenda sluit in die EFF se nuutste verlies, so kort voor hul tiende verjaarsdag, asook die lankbeloofde kragopwekkingsbootprojek wat sloer.
Hierdie week kyk die Podlitiek-span na die Nasionale Gesondheidsversekering wat skynbaar op Suid-Afrikaners wag, asook na voormalige Amerikaanse president Donald Trump se nuutste hofsaak.
Soos wat die winter al hoe nader kruip, wonder die Podlitiek-paneel hierdie week wat op aarde in Hammanskraal aangaan, en waarom Eskom aanhou om Rural Maintenance, die Frankfortse sonkragmaatskappy, uit die werk uit te hou.
Duitsland se besluit om hul kernkragstasies af te skakel kan dalk langtermyngevolge hê, meen Ernst, en Paul wonder waarom Suid-Afrika nie na die G7-beraad genooi is nie.
Skaars het sy amp begin, of die nuwe minister van elektrisiteit se planne is so min soos Eskom se reserwekapasiteit. Hierdie en ander vrae op Podlitiek.
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl en Arno Roodt president Ramaphosa se kabinetskommeling, wat neergekom het op ʼn lang gewag vir ʼn antiklimaks.
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Frederik van Dyk, Arno Roodt en Paul Maritz die week se groot kampusstories. Dit is weer daai tyd van die jaar vir eerstejaars om op kampusse verwelkom te word, en soos wat dit vir Podlitiek lyk, is dit weer daai tyd van die jaar…
16 Feb 2023
33 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.