Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, waarsku dat Amerika 'n waterskeiding-oomblik bereik het na die sluipmoord op die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk. Hy het op 'n perskonferensie gepraat na die vermeende skieter, Die 22-jarige Tyler Robinson, in hegtenis geneem is. Die grusame video van die skietery vergelyk met die politieke…
Die onderwysministerie gaan landswye konsultasies oor die Wetsontwerp op die onderwysberoep en sy regulasies van 15 September tot 17 Oktober aanbied. Hierdie sessies sal in al 14 streke plaasvind en volgende Maandag in Keetmanshoop in die Karas-streek afskop. Ayesha Wentworth, direkteur vir programme en gehalteversekering in die ministerie, verduidelik.
Die veroordeelde moordenaar Thabo Bester se regsverteenwoordiger, Courage Morero, is teleurgesteld omdat die Hooggeregshof in Pretoria sy en Nandipha Magudumana se dringende aansoek verwerp het om Netflix se dokumentêr, Beauty and the Bester, te verbied. Regter Sulet Potterill het beslis Bester het toegang tot ander regsmiddels en voorafgaande beperking is…
Volgende week Woensdag sal die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sy splinternuwe Departement Digitale Kunste en Animasie bekendstel, onder die tema “Herbeelding van Storievertelling Deur Digitale Innovasie”. Dit het ten doel om Namibië se kreatiewe en digitale nywerhede 'n hupstoot te gee deur studente toe te rus met baanbrekersvaardighede…
Die eindronde van die 2025 Swakopmund Burgemeestersbeker-sokkertoernooi vind môre en Sondag plaas by die DRC Sportveld in Mondesa. Die toernooi het op 29 Augustus afgeskop en speel 'n belangrike rol om mense van alle uithoeke van die dorp en omliggende gebiede bymekaar te bring, terwyl dit ook 'n geleentheid bied…
Die Verkiesingskommissie van Namibië het belangrike voorlopige datums en statistieke vrygestel vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings wat vir 26 November geskeduleer is. Die Kommissie het onthul dat uit 949 890 stemgeregtigde kiesers in die land se 59 plaaslike owerhede, 745 429 geregistreer het, wat 'n opkoms van 70…
Die Sekretaris-Generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, daarvan beskuldig dat sy beheer oor die parlement verloor het. Dit volg op haar besluit om AR-lede Tuhafeni Kalola en Job Amupanda uit Donderdag se sitting te laat verwyder na 'n hete woordewisseling. Ngaringombe…
Die skokgolwe na die sluipmoord op die Trump-bondgenoot Charlie Kirk, 'n uitgesproke voorstander van vuurwapen-besit al word kinders gereeld in skole vermoor, kring steeds uit. Die Demokratiese senator Tim Kaine van Virginia, het oor toenemende politieke geweld gepraat in twee Senaat-komitee verhore. Hy sê dit word al moeiliker vir Amerikaners…
ʼn Vennootskap tussen die Stad Kaapstad en The Litterboom Project het sedert Mei vanjaar meer as 23 ton vullis uit riviere en kanale verwyder. Met die metro se toelaag kon die projek agt nuwe vullisversperrings reg oor die metro oprig. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê Litterboom…
John Bolton, 'n Amerikaanse politikus en voormalige ambassadeur na die Verenigde Nasies, het met Brittanje se Times Radio gepraat oor die verslegtende verhouding tussen die VSA en Indië. Dit kom na president Donald Trump invoertariewe van 50 persent op Indië gehef het, en Indiese premier Narendra Modi die Chinese leier…
Die Stad Windhoek gaan na verwagting meer as 250 miljoen dollar verloor wat vir die opgradering van informele nedersettings toegeken is. Die Stedelike en Landelike Ontwikkelingminister, James Sankwasa, het die stad se toewysing van 750 miljoen dollar met 34 persent verminder. Sankwasa verwys na swak samewerking en stadige lewering en…
Utah se Departement van Openbare Veiligheid het ʼn nuwe video vrygestel wat wys hoe die verdagte in die moord op Charlie Kirk oor die dak van ʼn gebou hardloop en in ʼn beboste gebied verdwyn. Die Amerikaanse konserwatiewe jeugleier is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University gepraat…
Minister van Onderwys, Sanet Steenkamp, en haar adjunk, Dino Ballotti, het vanoggend 'n motiverende besoek aan Jan Möhr Sekondêre Skool afgelê, waar Graad 12 Gevorderde Subsidiêre Vlak-leerders van verskeie skole vakansieklasse bywoon gedurende die middeltermynvakansie. Steenkamp het die leerlinge se toewyding geprys en hul verbintenis 'n inspirasie genoem.
12 Sep 4AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.