Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1240 – 1260

Ekonoom meen US dollar sal weer styg in 2026

Die Amerikaanse president Donald Trump se pogings om beheer oor Groenland oor te neem, het beleggers wêreldwyd geskud, met aandelemarkte en die Amerikaanse dollar wat getuimel het na sy jongste dreigemente oor die gebied. Die Amerikaanse dollar, tradisioneel 'n veilige hawe vir beleggers gedurende periodes van wisselvalligheid op die aandelemark,…
21 Jan 6AM 1 min

Billike indiensneming onder loep voor kommissie

Die Kommissie vir Billike Indiensneming het vanoggend tweedaagse openbare verhore afgeskop waar 15 maatskappye gedaag is om te antwoord op mislukkings en tekortkominge in die nakoming van wetlike vereistes rakende billike indiensneming in Namibië. Rauha Haufika, die adjunkvoorsitter van die kommissie, beklemtoon die belangrikheid van nakoming van regstellende aksie en…
21 Jan 5AM 1 min

VN-hoof boos oor Israel wat UNRWA-gebou sloop

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat…
21 Jan 5AM 1 min

Cosatu steun afdwinging van pensioenfondsbydraes-betaling

Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal…
21 Jan 4AM 1 min

Skotland kies 40 spelers vir Sesnasiesreeks

Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het 40 spelers aangewys vir die Sesnasiesreeks, met Sione Tuipulotu as kaptein. Dit bestaan uit 23 voorspelers en 17 agterspelers, met Jonny Gray en Dave Cherry wat terugkeer. Freddy Douglas en Liam McConnell is twee van sewe spelers wat nog in slegs enkele toetse…
21 Jan 4AM 1 min

Permit van bestuurder in leerder-ongeluk het verval

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die bestuurder wat betrokke is by die dodelike leerdervervoerongeluk in Vanderbijlpark waarin 14 leerders dood is, se openbare bestuurderspermit het in November verlede jaar verval. Lesufi het tydens 'n media-inligtingsessie bevestig die provinsiale regering voer intensiewe kontroles uit op alle leerdervervoervoertuie en -bestuurders,…
21 Jan 2AM 1 min

Wissel gewasse af

Monokultuur, veral onder bestaansboere, kan oor die langtermyn nadelig wees vir grondgehalte en produksie. Dit kan ook peste vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur vir akkerbou by Agribank gepraat wat meer inligting gee oor die kwessie en die skade wat dit kan berokken.
21 Jan 2AM 1 min

NAMA's se terugkeer verwelkom

Na 'n onderbreking van vyf jaar keer Namibië se voorste musiektoekennings, die NAMAS, terug. Die kultuurministerie het amptelik die hervatting van die Namibië Jaarlikse Musiektoekennings later vanjaar bevestig, 'n stap wat deur rolspelers in die bedryf verwelkom word. Nascam-voorsitter Joseph Ailonga sê die terugkeer moet reg gedoen word, met billike…
21 Jan 2AM 1 min

As daar beweging is, sal brandstofprys styg

Die Sentrale Energiefonds van Suid Afrika voorspel 'n daling in petrolpryse, met selfs groter besparings vir diesel. Maar kenners meen met Donald Trump en globale faktore wat deurmekaar is, kan dinge vinnig verander. Kosmos 94.1 Nuus het met Oliver Diggle, ekonoom van Cirrus gepraat oor die neigings.
21 Jan 2AM 1 min

Fishrotters se aansoek vir onbepaalde uitstel, van die hand gewys

Hoërhofregter Marilize du Plessis het versoeke van verskeie beskuldigdes in die Fishrot-korrupsiesaak om die verhoor uit te stel, vanoggend van die hand gewys. Die beskuldigdes het die hof gevra om die saak weens verskeie redes uit te stel, insluitend voortdurende regsuitdagings in ander howe en probleme om regsverteenwoordiging te bekom.
21 Jan 2AM 1 min

Weermagoefening was Brics-oefening - Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Suid-Afrika se deelname aan die omstrede Brics-vlootoefening, waarby Iran ook betrokke was, verdedig. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, gaan ondersoek laat instel ná berigte dat die Suid-Afrikaanse Vloot president Cyril Ramaphosa se opdrag dat Iran onttrek, geïgnoreer het. Rusland en China het…
21 Jan 1AM 1 min

Soedan se humanitêre krisis ergste in moderne geskiedenis

Die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge, Barham Salih, sê die krimping van humanitêre hulp die 'ongekende' Soedanese vlugtelingkrisis baie moeiliker maak. Hy sê 117 miljoen is ontheem – die ergste in die moderne geskiedenis. Hy het met Sky News gepraat.
21 Jan 1AM 1 min

Cosatu kritiseer verhoging vir staatsamptenare

Die vakverbond Cosatu is ontsteld oor die 2026-salarisverhoging vir politici, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede. Die verhoging van 3,8-persent is effens minder as die voorgestelde 4,1-persent. Dit volg egter terwyl voorstelinie-werkers en munisipale personeel betalingsvertragings en besparingsmaatreëls moet trotseer. Matthew Parks van Cosatu sê die verhoging stuur die verkeerde boodskap…
20 Jan 11PM 1 min

Oshikoto rol bystand vir SME's handelaars, projekte uit

Gemeenskapslede van verskillende kiesafdelings in die Oshikoto-streek het toerusting en materiaal van die Oshikoto-streekraad ontvang onder sy Mikro-inkomstegenererende Projekte-skema, wat daarop gemik is om lewensomstandighede te verbeter en selfstandige werk te bevorder. Tydens die oorhandigingsplegtigheid het die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, gesê die inisiatief vorm deel van die…
20 Jan 11PM 1 min

BOSA vra nasionale ondersoek na leerdervervoer

Build One South Africa vra vir 'n landwye ondersoek na die leerdervervoerstelsel. Dit volg op die dood van 12 leerders hierdie week terwyl hulle skool toe vervoer is in Vanderbijlpark in Gauteng. Die party wil hê die ondersoek moet bestuurdersopleiding, voertuigveiligheid, oorlaaide voertuie en die afdwing van regulasies hersien. BOSA…
20 Jan 10PM 1 min

Carney se Davos-toespraak eggo Newsom se kommentaar

Die gebeure by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bly in die nuus. Wêreldleiers het hulle sterk uitgespreek teen die nuwe neiging in internasionale politiek, geopolitiek en die aanslag van Amerikaanse president Donald Trump. Kanada se premier Mark Carney was nie ‘n uitsondering nie.
20 Jan 10PM 1 min

LGBT-gemeenskap ruk op na hof met moordsaak wat voorkom

Twee verdagtes wat aangekla word van die wrede moord op die transgender vrou Christof “Sexy Charmy” Fredericks, moet vanoggend om nege-uur in die Windhoek hoërhof verskyn. Fredericks is in Mei 2024 doodgesteek gevind te midde van 'n krisis in anti-LGBT-geweld na omstrede parlementêre wetsontwerpe en haatspraak. Kosmos 94.1 Nuus het…
20 Jan 10PM 1 min

Trump se tariewe-dreigement kan verhouding versuur

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê president Donald Trump van Amerika se dreigement om tariewe teen Europese lande in te stel oor hul standpunt oor Groenland, is ʼn fout. Trump het die naweek gesê hy gaan van Februarie af tariewe van tien-persent instel op goedere van…
20 Jan 10PM 1 min
1240 – 1260