Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1500 – 1520

Ramaphosa vestig regterlike kommissie, plaas Mchunu op verlof

President Cyril Ramaphosa het die vestiging van 'n regterlike kommissie van ondersoek aangekondig om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi te ondersoek. Hy het bewerings gemaak teen senior wetstoepassingsbeamptes en die polisieminister Senzo Mchunu. Waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga sal die ondersoek lei. Ramaphosa sê die kommissie sal bewerings ondersoek…
13 Jul 2025 8PM 1 min

Sinner wen sy eerste Wimbledon

Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner het die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Wimbledon-titel gewen. Die 23-jarige speler het met sy sege van 4-6, 6-4, 6-4, 6-4 teen die Spanjaard vergoed vir sy nederlaag verlede maand in die Franse Ope en sy vierde Grand Slam-titel opgeraap. Hy is…
13 Jul 2025 8PM 1 min

Huurpryse bly doring in Windhoekers se vlees

PDM-parlementslid Inna Hengari sê die gebrek aan huurbeheer vererger Windhoek se behuisingstekort en dryf huurpryse op. Die gemiddelde huur vir ’n tweeslaapkamer-eenheid het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg – ’n 14,7 persent toename, teenoor 5,1 persent inflasie. Sy het die dormant Huurordonnansie van 1977 uitgelig en beklemtoon…
13 Jul 2025 3AM 1 min

Okahandja trek nie sakelui voor, sê munisipaliteit

Die Okahandja-munisipaliteit het reageer op bewerings dat dit polities-verbinde sakemense bevoordeel het in die onlangse grondtoekenningsproses. Woordvoerder Penna Master sê dat alle wetlike prosedures en raadsprotokolle gevolg is. Hy sê bewerings van vooroordeel is vaag en ongegrond, en kritici moet bewyse daarvan deur die korrekte kanale indien.
13 Jul 2025 2AM 1 min

Malema se polisieminister se kop

Die EFF-leier Julius Malema voer aan die polisieminister Senzo Mchunu en lede van die polisiebestuur moet ontslaan word in die lig van bewerings van politieke inmenging in die uitvoerende gesag. Malema het tydens die begrafnis van oud-adjunkpresident David Mabuza in Mbombela gesê die publiek het vertroue in wetstoepassing verloor en…
13 Jul 2025 1AM 1 min

Hier’s die wenners van Tsumeb se supertydren

In motornuus het die derde been van die Shell V Power-supertydren Saterdag op Tsumeb plaasgevind en vir harde wedren-aksie gesorg. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die uitslae:
13 Jul 2025 12AM 1 min

Veediewe teister boere in Hardap

Reaksie word ontvang op die nuus dat daar tussen Januarie en Junie vanjaar 1 894 stuks vee in die Hardapstreek gesteel is . Slegs 8 persent is teruggevind. Streeksgoewerneur Riaan McNab sê 285 gevalle van veediefstal is in die 180 dae gerapporteer en 222 verdagtes is gearresteer, almal mans. Die…
12 Jul 2025 11PM 1 min

Rugby: Welwitschias pak Algerië vandag

Namibië se Welwitschias draf vandag in Kampala, Uganda in die semi-finaal van die Rugby Afrikabeker teen Algerië uit. Prince !Gaoseb voer die manne aan, terwyl Danco Burger die span se onderkaptein is. Die wedstryd begin om een-uur Namibiese tyd en word regstreeks op die Facebook-blad van Rugby Afrique uitgesaai. Afrigter…
12 Jul 2025 10PM 1 min

Tennis: Iga Swiatek maak skoonskip op Wimbledon

Iga Swiatek het Saterdag die eerste Pool geword om ‘n Wimbledon-enkelspeltitel te wen toe sy Amanda Anisimova van Amerika met 6-0, 6-0 in net 57 minute verslaan het. Dit is die eerste keer in meer as ‘n eeu dat ‘n speler ‘n Wimbledon-finaal in skoon stelle verloor. Saterdag se oorwinning…
12 Jul 2025 9PM 1 min

Drie voertuigmodelle in SA herroep

Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig hy herroep sekere Range Rover Evoque- en Mercedes-Benz-modelle weens veiligheidsrisiko's. Jaguar Land Rover herroep die 2021 tot 2025 Evoque-modelle oor foutiewe lugsakke wat kan skeur wanneer dit geaktiveer word, terwyl 'n fout op die stroombaanpaneel in sekere 2023 Mercedes-Benz-modelle kragverlies kan veroorsaak of die gevaar…
12 Jul 2025 3AM 1 min

Solidariteit vra VSA-optrede teen Bidvest

Die vakbond, Solidariteit, het die Amerikaanse regering en beleggers gevra om teen Bidvest op te tree oor sy beleid wat die kinders van lae-inkomste wit werknemers verhoed om skoolhulp te ontvang. Briewe is gestuur aan die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio en groot aandeelhouers in die VSA, wat…
12 Jul 2025 2AM 1 min

Beskerm senior burgers beter teen kubermisdaad

Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van 'n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit…
12 Jul 2025 1AM 1 min

‘SA moet aanhou verlede konfronteer’

#NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en 'n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria 'n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die…
12 Jul 2025 12AM 1 min

Hoës sit koppe bymekaar oor groenwaterstof

'n Hoëvlak-groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai gehou. Die dialoog wat môre eindig, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheids-landskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones…
11 Jul 2025 11PM 1 min

Aantygings teen Namcor kom ‘n land pad, sê IPPR

Vier voormalige Namcor-werknemers en vyf private individue is vandeesweek in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie gekoppel aan vorige transakies met die nasionale oliekorporasie. Die Anti-Korrupsiekommissie sê al nege staan tereg op aanklagte onder die Teenkorrupsiewet. Die hoë-profiel name sluit die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga,…
11 Jul 2025 10PM 1 min

Nóg ‘n storm op pad na Texas

Inwoners in Texas staal hulself vir nóg ‘n storm ná kitsvloede verlede naweek die lewens van ministens 120 mense geëis het en 160 nog vermis word. President Donald Trump van Amerika het Vrydag rampgebiede in die staat besoek, waar vrae toenemend opduik oor onder meer die doeltreffendheid van die vroeë-waarskuwingstelsel…
11 Jul 2025 9PM 1 min

VN vies oor VSA-sanksies teen spesiale gesant

Die Verenigde Nasies sê sanksies teen spesiale gesante skep ʼn gevaarlike presedent. Dit volg nadat Amerika sanksies ingestel het teen die VN se spesiale gesant vir die Wesoewer en Gaza, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die…
11 Jul 2025 8AM 1 min

James O’Connor onverwags terug vir Wallabies

Rugby: Die losskakel James O’Connor keer die eerste keer sedert 2022 terug na die Wallabies se groep van 36 vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige O’Connor vervang Noah Lolesio, wat ʼn nek-operasie ondergaan het. Die eerste toets is volgende naweek op die Suncorp-stadion in Brisbane…
11 Jul 2025 8AM 1 min
1500 – 1520