Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1620 – 1640

Trump stuur meer wapens na Oekraïne

President Donald Trump se misnoeë met sy Russiese eweknie Vladimir Putin raak al hoe duideliker en hy het bevestig dat die VSA meer wapens na die Oekraïne sal stuur. Dit kom na hy ‘n besending in Pole teruggehou het. Trump sê die wapens is hoofsaaklik vir verdediging.
8 Jul 2025 6AM 1 min

Polisie-portefeuljekomitee takel ernstige bewerings

Die voorsitter van die parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê ingewortelde korrupsie verlam die SAPD en die regstelsel. Dit volg ná die KwaZulu-Natalse Polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se uitlatings oor sameswering in wetstoepassing en die regbank. Cameron vra vir 'n onafhanklike ondersoek, 'n Parlementêre debat en dat dossiere van…
8 Jul 2025 5AM 1 min

NFA juig oor samewerking met Botswana-sokkervereniging

Die sportministerie het 'n vennootskap tussen die Namibiese en Botswana sokkerverenigings aangekondig, wat die Brave Warriors toelaat om internasionale tuiswedstryde in Francistown, Botswana, aan te bied. Dit ondersteun voortgesette kompetisie terwyl Namibië sy sportinfrastruktuur opgradeer. Cassius Moeti, die waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging, het meer.
8 Jul 2025 5AM 1 min

Mbalula vaar uit teen die media

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê sekere joernaliste het hulle rol as onafhanklike verslaggewers prysgegee om na bewering politieke agendas te bevorder. Terwyl die party mediavryheid verdedig, mag dit nie met straffeloosheid verwar word nie. Mbalula beweer hierdie soort gekaapte joernalistiek ondermyn die publiek se vertrou en die…
8 Jul 2025 3AM 1 min

IDF is aanspreeklik meen oud-woordvoerder

Oud-woordvoerder van die Israelse weermag en navorser by die Stigting vir Verdediging van Demokrasieë, Jonathan Conricus, het met Britse media gepraat oor aantygings dat Israelse soldate oorlogsmisdade in Gaza pleeg. Hy sê dit gebeur maar, daar is aanspreeklikheid.
8 Jul 2025 3AM 1 min

Sinomine-afleggings: Minister verklaar dispuut

Arbeidsminister Wise Immanuel wil die vrywillige aflegging van 650 werkers by Sinomine Resources staak en sal ‘n versoener deur die kantoor van die arbeidskommissaris aanstel om die dispuut te hanteer. Immanuel het nie toegang tot die myn verkry nie en het met die werkers, die Arbeidskommissaris en die vakbond by…
8 Jul 2025 2AM 1 min

Toename in ongelukke wek kommer

Die MVA-fonds het 'n beduidende toename in padongelukke, sterftes en botsings in 2025 aangeteken sedert verlede jaar, wat ernstige kommer wek oor padveiligheid landwyd. Kosmos 94.1 nuus het met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder vir ongeluk- en beseringsvoorkoming gepraat.
8 Jul 2025 2AM 1 min

Trump verloor goeie wil met sy optrede

Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Donald Trump wat sê 'n bykomende 10 persent invoertarief sal gehef word op enige land wat hom by die BRICS-groep se "anti-Amerikaanse beleide" skaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van Suid Afrika, wat sê Trump se optrede…
8 Jul 2025 2AM 1 min

Ondangwa nader NHE met agterstand van 7 000 huise

Die Ondangwa-stadsraad staar 'n behuisingskrisis in die gesig, met 7 000 mense op hul waglys uit informele en semi-formele gebiede. Dit is volgens die raad se uitvoerende hoof, Ismael Namgongo, tydens 'n ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding met die Nasionale Behuisingsonderneming. Die voorsitter van die onderneming se raad, Toska…
8 Jul 2025 1AM 1 min

ANC probeer kaderontplooiing verdoesel - DA

Die DA sê die ANC verdedig die onverdedigbare deur volledige en onvoorwaardelike steun te gee aan minister Nobuhle Nkabane van Hoër Onderwys en Opleiding, wat krimineel ondersoek word. Die DA beskuldig Nkabane dat sy die Parlement bedrieg het om kaderontplooiing te verdoesel. Karabo Khakhau van die party waarsku dat sulke…
8 Jul 2025 1AM 1 min

Man wat gyselaar gehou is, gesels oor Gaza-oorlog

Keith Siegel, 'n Amerikaanse Israeli wat deur Hamas gevange gehou is, sê dat Amerikaanse president Donald Trump die mag het om die vrystelling van die oorblywende gyselaars te verseker en die oorlog in Gaza te beëindig. Siegel, 66, en sy vrou Aviva is by die Kfar Aza kibboets ontvoer op…
8 Jul 2025 12AM 1 min

Sinner sê dis jammer Dimitrov moes onttrek

Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner van Italië is deur na die kwarteindronde by Wimbledon nadat die Bulgaar, Grigor Dimitrov, weens ʼn besering moes onttrek terwyl hy met 6-3, 7-5, 2-2 voorgeloop het. Die Serwiër, Novak Djokovic, het die Australiër, Alex de Minaur, naelskraaps geklop om sy 16de Wimbledon-kwarteindronde te bereik. Die…
8 Jul 2025 12AM 1 min

Ysland se ondersoek na Samherji sal nie die Fishrot-saak raak nie

Meer reaksie word ontvang op die Yslandse distriksaanklaer wat sy ondersoek na die visserye-maatskappy Samherji se aandeel in Fishrot voltooi het. Volgens 'n Yslandse ondersoekende program, Kveikur, sluit misdade wat plaaslik gepleeg is in geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die plaaslike Fishrot-hofsaak is geskeduleer om in Augustus te begin. Toni Hancox,…
8 Jul 2025 12AM 1 min

Banyana skop Wafcon met 'n wen af

Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het die Afrikabeker-vrouetoernooi op ʼn goeie noot afgeskop met ʼn 2-0-oorwinning oor Ghana in Marokko. Linda Motlhalo het met ʼn strafskop geslaag voordat Jermaine Seoposenwe die tweede doel in die eerste helfte bygevoeg het. Die Suid-Afrikaners begin dus die toernooi met die maksimum punte. Banyana…
8 Jul 2025 12AM 1 min

Skok oor verslag wat rassediskriminasie in gesondheid vind

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê daar is geen plek vir diskriminasie in die gesondheidsorgsektor nie. Dit volg ná 'n Artikel 59-verslag deur Advokaat Tembeka Ngcukaitobi, wat mediese skemas soos Discovery en die mediese fonds vir staatsamptenare se rassepartydigheid teen swart gesondheidsorgverskaffers bevestig. Die Raad vir Gesondheidsorgbefondsers veroordeel die…
7 Jul 2025 11PM 1 min

Trump kondig eerste tariewe aan, dreig 25% as daar vergelding is

Amerikaanse president Donald Trump het 'n tarief van 25 persent op invoere vanaf Japan en Suid-Korea vanaf 1 Augustus aangekondig, terwyl hy die eerste twee van 'n verwagte 12 briewe aan handelsvennote op sy Truth Social-platform onthul het. Hy het bygevoeg dat as hulle besluit om hul tariewe op Amerikaanse…
7 Jul 2025 11PM 1 min

Al hoe meer IDF soldate praat oor gruweldade

Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het gereageer op kommentaar op ‘n SkyNews-verslag van 'n Israeliese soldaat wat sê hulle het opdrag gekry om burgerlikes in Gaza dood te maak, al is hulle nie ‘n bedreiging nie. Sy sê die tipe kommentaar raak…
7 Jul 2025 10PM 1 min

Cosatu vra dringende ondersoek na KZN-aantygings

Die vakbond Cosatu vra vir 'n dringende onafhanklike ondersoek na aantygings oor ernstige korrupsie deur senior beamptes in die polisie, die regbank en korrektiewe dienste. Matthew Parks van Cosatu sê die aantygings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi kan die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn. Hy dring daarop aan…
7 Jul 2025 10PM 1 min

Tsumeb is gasheer vir derde been van tydren-kampioenskap

Die derde been van die 2025 Nasionale Tydren-kampioenskappe vind Saterdag op Tsumeb plaas. Inskrywings het Maandagaand gesluit en 12 spanne se name is op die lys. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
7 Jul 2025 10PM 1 min
1620 – 1640