Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1820 – 1840

Oplossing vir Gaza-krisis is polities: VN-hoof

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.
30 Jun 2025 5AM 1 min

Onderwysministerie erken uitdagings in vroeë-leer

Die onderwysministerie het die Namibiese weergawe van die "End of learning poverty for all in Africa" veldtog geloods. Tydens 'n inligtingsessie by die inligtingministerie het die adjunk-direkteur van onderwys, Edda Bohn, van die uitdagings uiteengesit.
30 Jun 2025 4AM 1 min

Kaapstad vra meer aksie teen onwettige skrootmetaal-handel

Die Stad Kaapstad sê die onwettige handel in skrootmetaal bly 'n reuse-uitdaging. Die stad het die nuus verwelkom dat 'n kabeldief wat twee jaar gelede deur die metro se eenheid teen metaaldiefstal aangekeer is, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Kaapstad…
30 Jun 2025 4AM 1 min

ANC se jongvroue-kantoor looi regering oor GBV

Die ANC se kantoor vir Jong Vroue het die pandemie van geslagsgeweld en vrouemoord in al sy vorme veroordeel. Nkanyezi Thabethe van die ANC het verwys na die onlangse moord op twee graad 12-leerders van die Oos-Kaap. Sy sê die twee meisies is dood ná 'n onskuldige besluit oor ontspanningsbedrywighede,…
30 Jun 2025 3AM 1 min

Belastingopgawe moet vandag in wees

NamRA herinner belastingbetalers daaraan dat vandag die finale sperdatum is vir die indien van individuele belastingopgawes. Die voorkeur metode is aanlyn deur ITAS maar NamRA-kantore kan ook besoek word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA-woordvoerder Tonateni Shidhudhu gepraat.
30 Jun 2025 3AM 1 min

VN bepleit tweestaatoplossing in Gaza

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.
30 Jun 2025 3AM 1 min

RPO-hoof gesels oor rooivleismarkte

Verskuiwings in verbruikersvraag, globale handelsdinamika en produksie-uitdagings hervorm die rooivleismarklandskap. Die voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie in die buurland, dr. Frikkie Maré brei uit oor die verskeie faktore wat 'n impak op die rooivleismarkte die afgelope tyd gehad het.
30 Jun 2025 3AM 1 min

Vryhandelsooreenkoms kan Namibië se potensiaal ontsluit

By die amptelike bekendstelling van handel onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied vanoggend gehou het Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, die belangrikheid van die smee van sterker vennootskappe, die verkenning van nuwe sakegeleenthede en die bydrae tot Namibië se volhoubare ontwikkeling, beklemtoon.
30 Jun 2025 3AM 1 min

DA kan kies om eenheidsregering te verlaat

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die DA kan kies om die regering van nasionale eenheid te verlaat. Die DA het vroeër aangekondig hy onttrek hom aan die Nasionale Dialoog en gaan nie vir belangrike besluite rakende die begroting stem nie ná president Cyril Ramaphosa se afdanking van…
30 Jun 2025 2AM 1 min

Baster- en Nama-kultuur op Rehoboth gevier

Rehoboth het die Root 77-markdag aangebied, 'n geleentheid wat plaaslike entrepreneurskap en die kulturele erfenis van die Nama- en Rehoboth Baster-gemeenskappe vier. Hardap-goewerneur Riaan McNab sê die mark bevorder eenheid, kreatiwiteit en trots deur plaaslike talent en tradisies ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met McNab gesels.
30 Jun 2025 2AM 1 min

PDM berei voor vir November

Die PDM is druk besig met sy voorbereidings vir die komende plaaslike owerheidsverkiesings wat op 26 November plaasvind. Die party is tans besig met die identifisering van kandidate in die verskillende kiesafdeling. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het meer.
30 Jun 2025 12AM 1 min

Nasionale Dialoog: ANC look DA vir sy onttrekking

Die ANC sê hy is steeds verbind tot die sukses van die regering van nasionale eenheid en sal voortgaan om met alle gewillige vennote saam te werk om die waardes van die Grondwet te bevorder. Die DA-leier, John Steenhuisen, het vroeër aangekondig dat die party nie aan die Nasionale Dialoog…
30 Jun 2025 12AM 1 min

Gauteng begin vandag sy e-tolskuld betaal

Gauteng se LUR vir Finansies, Lebogang Maile, sê die provinsie betaal vandag 5,76 miljard Suid-Afrikaanse rand aan e-tolskuld en die ondersteuning van SANRAL se snelwegverbeterings. Maile sê dit is deel van Gauteng se Provinsiale Inkomsteverbeteringstrategie en breër infrastruktuurplanne. Hy sê verder werk is aan die gang is om die finansieringsmodel…
30 Jun 2025 12AM 1 min

Trump sê hy het 'n koper vir TikTok

Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ‘n koper vir TikTok. Die Chinese toep moes reeds op 19 Januarie vanjaar in die VSA verbied gewees het maar, Trump het reeds drie keer die sperdatum uitgestel, die jongste, tot September vanjaar. Trump het met Fox News gepraat.
30 Jun 2025 12AM 1 min

Vrystaat-polisie vind R19m se vervalste goedere, in een week

Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 19 miljoen Suid-Afrikaanse rand en ses buitelandse burgers in hegtenis geneem tydens operasies in Bloemfontein die afgelope week. Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere het met die ondersteuning van SARS Doeane, meer as 13 000…
29 Jun 2025 11PM 1 min

Idaho-brand gestig om brandbestryders dood te skiet

Daar was ‘n skietvoorval in Idaho aangemeld nadat die brandweer gereageer het op ‘n noodoproep by die Canfield-berg in Kootenai County. ‘n Skieter het losgebrand en twee brandweermanne is doodgeskiet met nog een, ernstig beseer. Die sheriff Bob Norris het met die media gepraat en sê hulle glo die brand…
29 Jun 2025 11PM 1 min

FOSA verwelkom DA se onttrekking uit Nasionale Dialoog

Die Forum vir Suid-Afrika het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog verwelkom en noem dit opportunisties maar noodsaaklik. Die FOSA-woordvoerder, Tebogo Mashilompane, hou vol die dialoog is 'n verkwistende poging om ministers wat misluk te beskerm. Mashilompane voer aan landsburgers wil optrede sien oor werkgeleenthede, veiligheid en dienste,…
29 Jun 2025 10PM 1 min

Jy kan in Augustus nog registreer vir verkiesing

Die Verkiesingskommissie van Namibië het sy verkiesingskalender en Raak Betrokke-veldtog bekend gestel vir die plaaslike en streekraadverkiesings op 26 November. Aanvullende kiesersregistrasie vind plaas van 1 tot 14 Augustus vir nuwe kiesers en adresveranderings. Die verkiesingsuitslae word op 30 November verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka,…
29 Jun 2025 10PM 1 min

Elektroniese ID’s sal lewe vergemaklik

Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê dat Namibië se komende elektroniese identiteitskaarte landsburgers in staat sal stel om toegang tot noodsaaklike dienste te verkry sonder om die fisiese ID-kopie te toon. Die digitale ID-inisiatief, wat in vennootskap met die VN se ontwikkelingsprogram bekendgestel is, vorm deel van die land se breër…
29 Jun 2025 10PM 1 min
1820 – 1840