Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2280 – 2300

SA het 10 jaar om 7,4 werksgeleenthede te skep

Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035, 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe…
12 Jun 2025 12AM 1 min

Ministerie sê oor oor-toerismeplan

Die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Sikongo Haihambo het by die regering se inligtingsessie gesels oor kommer rakende oor-toerisme by verskeie sensitiewe gebiede, insluitend Etosha Nasionale Park en Sossusvlei terwyl ander gebiede in die land onderbenut is.
11 Jun 2025 11PM 1 min

SA het kommer oor sanksies teen Strafhof-regters

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy is bekommerd oor Amerika se besluit om sanksies in te stel teen vier regters van die Internasionale Strafhof. Dis in reaksie op die strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisneming van Israelse amptenare, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu, en die ondersoek na beweerde Amerikaanse oorlogsmisdade in…
11 Jun 2025 11PM 1 min

Onluste in Ierland duur voort

Ses mense is gearresteer en 32 polisie-beamptes beseer tydens onluste in Ballymena in Noord-Ierland. Die oproer het Maandagaand uitgebreek na twee 14-jarige Roemeense seuns in die hof verskyn het op aanklagte van seksuele aanranding van 'n tienermeisie in die dorp, 45km vanaf Belfast. Die seuns het skuld ontken. Vier eiendomme…
11 Jun 2025 10PM 1 min

Bok-vroue wen weer in Madagaskar

Die Springbok-vroue het Kenia met 19-12 verslaan en hul tweede agtereenvolgende oorwinning by die Rugby Afrika-vrouebeker in Madagaskar ingepalm. Die verdedigende kampioene wat Uganda met 62-7 verpletter het in hul eerste wedstryd, het drie drieë gedruk en twee verdoel. Suid-Afrika se laaste wedstryd van die toernooi is Sondag teen die…
11 Jun 2025 10PM 1 min

Liggaamskenkings aan wetenskap meer ‘aanvaarbaar’

Openbare bewustheid en aanvaarding van liggaamsskenkings aan wetenskap by Unam neem toe, met vier nuwe beloofde skenkings wat tussen Februarie en Mei gemaak is. Die universiteit het onlangs 'n tekort aan kadawers by sy mediese skool aangekondig. Verskerpte mediadekking en openbare besprekings het belangstelling aangewakker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
11 Jun 2025 10PM 1 min

NamPol vra vir toesig vir kinders tydens skoolvakansie

Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om 'n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie…
11 Jun 2025 9PM 1 min

Geen tydsberekening vir Stad Whk om watertariewe te hersien nie

Die sentrale gebied-waterbestuurskomitee het einde Mei vergader om waterbronne vir die gebied te bepaal. Na die verslag voorberei is kan Stad Windhoek bepaal of die droogte-watertariewe nog van krag moet wees. Windhoek is steeds in kategorie D vir waterbesparing en water is uiters duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
11 Jun 2025 9PM 1 min

Weinstein skuldig bevind in New York

Die gevalle filmbaas Harvey Weinstein is skuldig bevind aan seksuele aanranding in New York, nadat 'n skuldigbevinding aan seksmisdade in die staat verlede jaar omgekeer is. Sewe vroulike en vyf manlike jurielede het vyf dae lank beraadslaag in die ses-weke-lange verhoor voordat hy eenparig aan een van drie aanklagte skuldig…
11 Jun 2025 8PM 1 min

DA eis verduideliking van nuwe loterylisensie

Die DA sê die handelminister, Parks Tau, en die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, moet die hantering van die nuwe loterylisensie aan die parlement verduidelik. Dit volg op kommer oor die aanstelling van Sizekhaya Holdings as die nuwe lisensiehouer en Ithuba Holdings as 'n tydelike operateur. Toby Chance…
11 Jun 2025 8PM 1 min

Oranjemund, só werk doeane vir julle SA inkopies

Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het reageer op Oranjemund-inwoners se toenemende kommer oor die 16,5 persent doeane-belasting op kruideniersware en toiletware wat in die naburige Suid-Afrika aangekoop is. Inwoners van die dorp steek gereeld die grens oor om in Springbok inkopies te gaan doen, weens hul beperkte plaaslike kleinhandelopsies. Steven Ndorokaze,…
11 Jun 2025 8AM 1 min

Skoolbus-bestuurder onder liggame gevind in Dikolinirivier-tragedie

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van 'n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van 'n kleuter en 'n beampte…
11 Jun 2025 8AM 1 min

Boksbeheerraad, Faith Foundation haaks oor geveg

Drama broei in die plaaslike bokswêreld, met die Namibië Boksbeheerraad wat 'n geleentheid wat deur die Faith Foundation vir 14 Junie geskeduleer is, nie goedgekeur het nie. Die geveg sou die gewilde Harry Simon en Ninja teen mekaar in aksie sien. Volgens die beheerraad is daar nie 'n aansoek vir…
11 Jun 2025 8AM 1 min

Okahandja-munisipaliteit weer in die spervuur

Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het weereens klagtes oor die Okahandja munisipaliteit. Die gemeenskap gaan die naweek bymekaarkom om die kwessies te probeer aanspreek. Hierdie keer gaan dit oor die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte. Gariseb verduidelik wat die probleem is.
11 Jun 2025 8AM 1 min

Namibië, Rosatom bespreek glo kernkragsentrale

Business Insider Africa berig besprekings is aan die gang tussen Namibië en Rusland se Rosatom vir die oprigting van 'n kernkragsentrale. Ryan Collyer, die uitvoerende hoof van Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika, is aangehaal dat hy sê hulle sien Namibië as 'n belowende vennoot in die kernkrag-veld. Uranium One in…
11 Jun 2025 8AM 1 min

Kamanjab kameelmelk, enigiemand?

Hier is 'n interessante boerdery-opsie in 'n warm, droë klimaat – hoe lyk dit met Kamanjab kameelmelk? Dit is presies waarmee Hans Knoesen van die plaas Koppieskraal duskant Askham in die Kalahari boer. Knoesen het Camel Milk South Africa in Maart 2015 gevestig. Dit was droogte en hy het opsies…
11 Jun 2025 7AM 1 min

TechHuddle-konferensie hoor van Innovasiesentrum

Die TechHuddle-konferensie is aan die gang in die hoofstad. Die program sluit in 'n volle dag van insigte en denkleierskap deur ervare bedryfskundiges wat hul kennis, ervaring en strategieë vir die toekoms sal deel. Tydens sy hoofrede het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die belangrikheid van die…
11 Jun 2025 6AM 1 min

Vierde Industriële Rewolusie? Wat van lees en skryf: VF-Plus

Die Vryheidsfront-Plus sê dis ironies dat Suid-Afrika die bemagtiging van die jeug vir die Vierde Industriële Rewolusie debatteer terwyl baie leerders steeds sukkel om die basiese vaardighede van lees, skryf en begrip te bemeester. Die Nasionale Vergadering het Dinsdag 'n debat met die titel Vaardighede in die konteks van die…
11 Jun 2025 6AM 1 min

Dodetal in Oos-Kaapse oorstromings styg tot nege

Die dodetal na stortreën en gure weer in die Oos-Kaap het tot nege gestyg. Ses liggame is naby die dorpie, Decoligny, gevind en ʼn sewende liggaam by Tsolo. Gisteraand is nog twee liggame in die Mthatha-area gevind. ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering, Khuselwa Rantjie, sê owerhede soek nog na…
11 Jun 2025 5AM 1 min
2280 – 2300