Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2320 – 2340

Trump oorweeg Opstandwet oor Los Angeles

Honderde Amerikaanse seesoldate het Dinsdag in die Los Angeles-omgewing aangekom onder bevele van president Donald Trump, wat ook 4 000 Nasionale Wag-troepe geaktiveer het om betogings in die stad te beëindig. Dit is ondanks besware van die Kaliforniese goewerneur Gavin Newsom dat die ontplooiings polities gemotiveerd is. Die gebruik van…
10 Jun 2025 8PM 1 min

Straf voertuig-eienaars, nie bestuurders: vervoer-riglyn

Vervoerminister Veikko Nekundi, het 'n riglyn uitgereik aan verkeersbeamptes onder die jurisdiksie van plaaslike owerhede oor bestuurders van voertuie soos taxi's wat deur die voertuie se eienaars aangestel is. Volgens Nekundi beskerm dit die bestuurders en sal onregverdige strawwe verminder. Daarbenewens is die riglyn daarop gemik om openbare vertroue in…
10 Jun 2025 8AM 1 min

Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike…
10 Jun 2025 8AM 1 min

Rundu-inwoners 'moet help met waterkrisis, rekeninge betaal'

Rundu staar 'n toenemende waterkrisis in die gesig namate vinnige bevolkingsgroei toenemende druk op verouderde infrastruktuur en beperkte watervoorsieningstelsels plaas. Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het onthul dat die dorp tans slegs 857 kubieke meter water kan voorsien maar daar is 1 400 nodig. Intussen is die…
10 Jun 2025 8AM 1 min

Sonkragsentrum vir Windhoek goeie idee, maar ...

Die Windhoekse munisipaliteit gaan ‘n skenking van sowat 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global se Nakopa-program ontvang om ‘n sonkragsentrum in die hoofstad met die Stad van Berlyn te vestig. Die plaaslike sentrum sal op die suksesvolle een in Berlyn geskoei wees. Dit sal die gebruik van sonkrag bevorder…
10 Jun 2025 7AM 1 min

PDM soek antwoorde in NV oor gratis studies

Die Nasionale Vergadering het sy werksaamhede vandag hervat, en die kwessie van gratis hoër-onderwys het ter sprake gekom. Die PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Ttjeundo het vrae gerig aan onderwysminister Sanet Steenkamp, na sy gesê het dit sal gekoppel word aan die behoeftes van sleutel-ekonomiese sektore. Die minister se antwoorde is geskeduleer vir…
10 Jun 2025 7AM 1 min

Cran opdateer Universele Diensfonds-vordering

Tydens die regering se inligtingsessie het Emilia Nghikembua, die uitvoerende hoof van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, 'n opdatering gegee oor die Universele Diensfonds wat op 19 Maart van stapel gestuur is. Die inisiatief is daarop gemik om internetdienste aan gemarginaliseerde gemeenskappe te verskaf. Nghikembua het meer.
10 Jun 2025 6AM 1 min

Madleen-deportasies fokus aandag op Gaza-krisis: GOOD

Die GOOD-party sê die deportasie van die klimaatsaktivis Greta Thunberg en ander aan boord van die Madleen het dalk onbedoeld aandag getrek na die humanitêre krisis in Gaza. Die boot met 12 mense aan boord wat volgens berigte humanitêre hulp na Gaza wou neem, is na die Israelse hawestad Asdod…
10 Jun 2025 6AM 1 min

Lughawensmaatskappy reg vir Avia Dev-beraad

Die Avia Dev-beraad vind hierdie week plaas. Dit sal die derde agtereenvolgende keer wees dat die Lughawensmaatskappy deelneem. Daar word 36 lugdienste, 408 verteenwoordigers van 46 lande en meer as 1 200 vergaderings verwag. Die beraad bied 'n platform vir Namibië om sy samewerking te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het…
10 Jun 2025 5AM 1 min

SABC TV weer in spervuur oor Afrikaanse nuus

AfriForum sê die jongste herskedulering van Afrikaanse nuus op SABC TV is swak beplan en loop die risiko om kykers te verloor. Die organisasie waarsku dat die nuwe tyd om 5.30 nm op weeksdae en 8 nm oor naweke op S3 landelike kykers kan vervreem en toegang tot belangrike nuus…
10 Jun 2025 5AM 1 min

Sankwasa vra oor Noa se uiters lang termyn by ACC

Die Teenkorrupsie-kommissie gaan nie ‘n transaksie van die dorpsraad van Katima Mulilo ondersoek waarin ‘n motor glo vir munisipale grond verruil is nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, is tydens ‘n onderhoud met die Agenda van Namibian Sun gevra of die verlenging van Paulus Noa se…
10 Jun 2025 3AM 1 min

SA-rooivleisbedryf stel fase een op BKS-reaksie in

Die Rooivleis-bedryfsdienste sê ná die aktivering van sy gesentraliseerde operasionele sentrum, het hy fase een van sy gekoördineerde reaksie op die voortslepende bek-en-klouseer-uitbreking in die land ingestel. Gevalle van die siekte is in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga aangemeld. Die diens se uitvoerende hoof, Dewald Olivier, sê hulle fokus…
10 Jun 2025 3AM 1 min

AfDB is reg oor wat Namibië moet doen - ekonoom

Reaksie word ontvang op die Afrika-ontwikkelingsbank wat Namibië versoek om deelname aan die private sektor te versterk en ekonomiese diversifikasie te versnel om langtermyn, volhoubare groei te ontsluit. Die bank sê verder die land moet weg beweeg van sy afhanklikheid van wisselvallige kommoditeitsmarkte en inkomste van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Hy…
10 Jun 2025 3AM 1 min

WhatsApp oor Bank Windhoek se kuberaanval is fopnuus

'n WhatsApp boodskap wat meen dat Bank Windhoek 'n kuberaanval ervaar word gesirkuleer. Dit is fopnuus en lede van die publiek word aangemoedig om nie aan enigiemand besonderhede te verskaf nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jacquilin Pack gepraat, die uitvoerende direkteur van Bank Windhoek wat bevestig dat dit fopnuus…
10 Jun 2025 3AM 1 min

Hartseer oor Amerikaners wat nog steenkool ontgin

Die Trump-administrasie het die uitbreiding van die Bull Mountains-steenkoolmyn in Montana, Amerika goedgekeur. Dit sal bykans 60 miljoen ton steenkool aan bondgenote van die VSA, Japan en Suid-Korea uitvoer. Die myn se lewe is met tot nege jaar verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham,…
10 Jun 2025 3AM 1 min

Newsom dagvaar Trump, Trump sê daar was geen keuse nie

Die goewerneur van Kalifornië Gavin Newsom gaan die Trump-administrasie dagvaar vir die ontplooiing van die Nasionale Wag en aktiewe-diens seesoldate in Los Angeles. Hy sê die ontplooiing, waarvoor sy regering nie gevra het nie, het inwoners meer ontstoke gelaat en was ‘n oplossing vir iets wat nie ‘n probleem was…
10 Jun 2025 2AM 1 min

PEL 83 se eksplorasie vorder, TotalEnergies betree blok

Dit blyk dat TotalEnergies teenstanders uitgestof het om 'n 50 persent bedryfsbelang in Galp Energia se enorme Mopane-ontdekking in PEL 83 aflandig die Namibiese suidkus te verseker. Volgens Reuters het Magda Chambriard, uitvoerende hoof van Petrobras, gesê dat hulle bod deur TotalEnergies oortref is. Galp bedryf PEL 83 met 'n…
10 Jun 2025 2AM 1 min

KAS bied belangrike gesprek aan vandag

Die Konrad-Adenauer-Stiftung bied vandag 'n belangrike openbare bespreking aan oor digitale hulpmiddels burgerlike opvoeding, toegang tot geregtigheid en menseregte in Namibië kan verbeter. Vooraanstaande regsgeleerde dr. John Nakuta sal praat oor die rol van KI en digitalisering in die bevordering van burgerlike onderwys en menseregte, terwyl ombud Basilius Dyakugha ook…
10 Jun 2025 1AM 1 min

Swaar sneeu in Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse Vervoerdepartement sê die N2-hoofweg tussen KwaBhaca en Kokstad is die jongste toevoeging tot verskeie paaie wat met 'n dik sneeukombers bedek is. Die snelweg kan binnekort vir verkeer gesluit word as toestande nie verbeter nie. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê swaar sneeuval kom steeds op die…
10 Jun 2025 1AM 1 min
2320 – 2340