Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2660 – 2680

Onstuimige 2025 knou kommoditeitsprestasie, markte

Die jaar het met 'n aansienlike intensiteit begin, volgens Simonis Storm se 2025 Wisselvalligheid en Waarde van Kommoditeite-verslag. Die jaar was sover onstuimig, met beleidskokke en stygende geopolitieke spanning wat beleggersvertroue ontwrig en vinnige prysskommelings in alle bateklasse veroorsaak. Die studie ontleed belangrike kommoditeitsprestasie en identifiseer faktore wat oplewings of…
24 May 2025 3AM 1 min

R1 miljard tenderbedrogsaak in Kaapstad vir eers teruggetrek

Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap het die aanklagte in die Stad Kaapstad-tenderbedrogsaak van een-miljard Suid-Afrikaanse rand voorlopig teruggetrek. Dit raak die voormalige burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Malusi Booi, die vermeende 28s-bendeleier, Ralph Stanfield, sy vrou Nicole Johnson en ander medebeskuldigdes. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê…
24 May 2025 2AM 1 min

Bipa hou werksessie oor deregistrasie van besighede

Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, het 'n belanghebbende-werksessie in Ongwediva gehou oor die deregistrasie van nie-nakomende besighede. Sake-eienaars is gemaan om hul voordelige eienaarskap-inligting in te dien of hulle kan deregistreer word, met gevolge soos kontrakverliese en regsprobleme. Deregistrasies het amptelik op 16 Mei vanjaar begin. Kosmos…
24 May 2025 2AM 1 min

Giwusa woedend oor voorstel om wette te buig vir Starlink

Die nywerheidsvakbond Giwusa verwerp met minagting wat hy noem Cosatu se skaamtelose voorstel, dat Suid-Afrika sy wette en regulasies tersyde moet stel vir Elon Musk se Starlink-internet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê dit is nie bloot 'n beleidstoegewing nie, maar klasseverraad. Hy sê die vakbondfederasie is nou verplig om…
24 May 2025 12AM 1 min

Veldtog kap McKenzie se opdrag oor buitelandse werkers

Die Veldtog vir Vrye Uitdrukking veroordeel die minister van Sport, Gayton McKenzie, se onlangse opdrag om buitelandse burgers in die Departement van Sport, Kuns en Kultuur te ontslaan. Direkteur Nicole Fritz noem die opmerking ongrondwetlik en skandelik en waarsku dat McKenzie nie die wettige gesag het om sulke optrede af…
23 May 2025 11PM 1 min

Bestuur versigtig, wees bedagsaam op paaie: MVA

Die Motorvoertuigongelukkefonds vra bestuurders om veiligheid voor oë te hou tydens die langnaweek en komende vakansiedae. Padongelukke het toegeneem en daar's gewoonlik meer ongelukke in vakansietye, weens meer verkeer op die paaie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming.
23 May 2025 11PM 1 min

Bendegeweld knou SA, sê ActionSA

ActionSA rig weer 'n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê…
23 May 2025 10PM 1 min

Sorteer jou vullis, Stad Windhoek sal jou betaal

Die Stad Windhoek het 'n nuwe opleidingsveldtog oor vaste afvalbestuur van stapel gestuur om herwinning en skoner gemeenskappe te bevorder. Deur hierdie inisiatief kan inwoners nou gesorteerde afval vir kontant verruil. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya gepraat.
23 May 2025 9PM 1 min

Limpopo Gesondheid ondersoek dokter oor poging tot verkragting

Limpopo se Gesondheidsdepartement ondersoek 'n klagte van wangedrag teen 'n mediese dokter wat na bewering probeer het om 'n swanger pasiënt te verkrag in die George Masebe-hospitaal. Die voorval het in die sonarkamer plaasgevind tydens 'n ondersoek. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê die dokter sal ook dissiplinêr verhoor…
23 May 2025 9PM 1 min

Swakop-munisipaliteit maak plan met groeiende ontwikkeling

In reaksie op die toenemende vraag na gedienste grond en ongevraagde ontwikkelingsvoorstelle, het die Swakopmund-munisipaliteit gestruktureerde prosedures vir grondtoewysing geïmplementeer om deursigtigheid, doeltreffendheid en billike toegang te verseker. Die dorpsraad het bepaal dat beplande ontwikkelings grond vir openbare gebruik moet reserveer, en het duidelike kriteria vir private ontwikkelings opgestel. 'n…
23 May 2025 9PM 1 min

SA moordsyfers neem effe af

Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê moordsyfers het in agt van die nege provinsies afgeneem. In totaal 6 467 mense is tussen Januarie en Maart dood - 'n afname van 3,1-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Mchunu het tydens die vrystelling van die jongste misdaadstatistieke in Pretoria…
23 May 2025 9PM 1 min

Copps 94.1-span ruim op na gefnuikte gewapende roof

Die Copps 94.1-span was Vrydagaand nog besig met voorstaandiens in die hoofstad, toe hulle ontbied is en moes hand bysit na 'n gefnuikte gewapende roof in Pionierspark. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die aksie en vertel meer:
23 May 2025 9PM 1 min

Bendegeweld knou SA, sê ActionSA

ActionSA rig weer 'n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê…
23 May 2025 8AM 1 min

Sesde Nama Kultuurfees reg om af te skop

Die finale voorbereidings is afgehandel vir die 6de uitgawe van die Nama Kultuurfees, wat van 29 Mei tot vroeg in Junie in Keetmanshoop sal plaasvind. Die fees is 'n jaarlikse viering van die ryk erfenis, tradisies en identiteit van die Nama-gemeenskap. Die voorsitter van die feesorganiseringskomitee, Dirk #Eigub, het met…
23 May 2025 7AM 1 min

Dis hoekom ACC nie Katima grond-vir-voertuig transaksie ondersoek nie

Die direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie, Paulus Noa, en die Stedelike en Landelike Ontwikkeling-minister James Sankwasa het vandeesweek 'n media-debat gehad oor 'n motor wat vir munisipale grond verruil is in Katima Mulilo. Die kommissie het verklaar dat hulle nie die Katima Mulilo-stadsraad se transaksie sal ondersoek nie. Noa het…
23 May 2025 7AM 1 min

Natau rig waarskuwing oor nie-nakoming van minimumloon

Die nasionale koördineerder van die Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersunie, Natau, Helvi Hamukoshi, het 'n sterk waarskuwing gerig aan eienaars van sekuriteitsmaatskappye wat nie die verpligte minimumloon betaal nie. Sy beklemtoon dat nakoming van die loonbepalings dringend en ononderhandelbaar is. Hamukoshi waarsku dat voortgesette nie-nakoming ernstige gevolge sal hê, insluitend…
23 May 2025 7AM 1 min

Cyril se VSA-besoek ‘n hupstoot vir handel, diplomasie: Agbiz

Die hoofekonoom by Agbiz, Wandile Sihlobo, sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan die VSA dui op 'n keerpunt in die herstel van bande tussen Suid-Afrika en die VSA. Sihlobo het die groeiende uitvoermomentum beklemtoon in produkte wat wêreldwyd in 2024 uitgevoer is. Hy waarsku egter misdaad bly 'n landwye…
23 May 2025 6AM 1 min
2660 – 2680