Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2760 – 2780

Djokovic vertel van sy en Andy Murray se skeiding

Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nie haastig om ʼn nuwe afrigter te kry voor die Franse Ope nie. Sy en nog 'n gewese nommer-een, Andy Murray, se paaie het onlangs geskei nadat hulle ses maande saamgewerk het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is ʼn promotorskeuse vir die Geneefse Ope,…
21 May 2025 2AM 1 min

Vermiste Visrivier-canyon stapper veilig gevind

Die 63-jarige Suid-Afrikaner wat in die Visrivier-canyon vermis was, Jacobus Linteeze, is opgespoor en is veilig. Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, sê hy is 'n goeie toestand. Linteeze was laas op 16 Mei gesien toe hy saam met 'n groep van 12 lede in die canyon gaan…
21 May 2025 2AM 1 min

Elon Musk sê Starlink nie in SA toegelaat omdat hy wit is

Die miljardêr Elon Musk het Suid-Afrika se wette oor swart ekonomiese bemagtiging gekritiseer. Hy sê die Starlink-internetdiens word nie in die land toegelaat nie omdat hy wit is. Om in Suid-Afrika gebruik te word, moet Starlink netwerk- en dienslisensies kry, wat albei 30-persent eienaarskap deur voorheen benadeelde groepe vereis. Die…
21 May 2025 1AM 1 min

Eletroniese afval word 'n bekommernis

Volgens die jongste nasionale e-afvalmonitor belemmer Namibië se beperkte kapasiteit om e-afval te monitor die vordering na 'n volhoubare, sirkulêre ekonomie. 'n Konsep nasionale beleid oor die bestuur van afval-elektriese en elektroniese toerusting is versoek. Die navorsing identifiseer uitdagings in e-afvalbestuur, soos 'n gebrek aan kwantifiseringsmetodologie en wetgewende prosesse. Kosmos…
21 May 2025 1AM 1 min

VN sê kos vir Gaza nog nie versprei nie

Die Verenigde Nasies sê geen hulp is nog in Gaza versprei nie, ondanks vragmotors met onder meer meel, babakos, mediese toerusting en farmaseutiese medisyne, wat die grens begin oorsteek het. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het Sondag die elf weke lange versperring opgehef, wat 'n basiese hoeveelheid voedsel toelaat om…
21 May 2025 12AM 1 min

SA vorder met minerale-strategie, nuwe hulpbronnewet

Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het die Kabinet se goedkeuring van die kritieke minerale en metale-strategie aangekondig, asook die publikasie van die 2025 Wet op Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkeling vir openbare kommentaar. Mantashe het op 'n nuuskonferensie gesê die strategie gee voorrang aan minerale soos platinum, mangaan…
21 May 2025 12AM 1 min

Beroepsveiligheid 'sal sake-doeltreffendheid verbeter'

'n Twee-dae werkswinkel om die wetsontwerp op beroepsveiligheid en gesondheid te verfyn het in Windhoek afgeskop. Die wetsontwerp sal dien as die ruggraat van die land se pogings om veiliger werkplekke en gesonde kulture te bevorder, en almal verantwoordelik te hou vir hul rol in die bevordering van veiligheid in…
20 May 2025 11PM 1 min

EU, CAF span saam om skolesokker te ontwikkel

Sokker: Die Europese Unie-kommissaris Jozef Sikela en die CAF-president Patrice Motsepe het 'n ooreenkoms van miljoene euro gesluit om die CAF Afrika-skolesokkerkampioenskap te verbeter. Die inisiatief is gemik op die ontwikkeling van jeugsokker regoor Afrika, met die Motsepe-stigting wat 179- miljoen Namibiese dollar in prysgeld bydra. Motsepe sê die vennootskap…
20 May 2025 11PM 1 min

Afrika moet op blou ekonomie fokus vir ontwikkeling

Voormalige president Thabo Mbeki het Afrika-nasies versoek om die blou ekonomie voorrang te gee as 'n hoeksteen vir die ontwikkeling en herlewing van die vasteland. Mbeki het voor die 15de Jaarlikse Thabo Mbeki Afrika-dag-lesing in Dar es Salaam, Tanzanië, die transformerende potensiaal van Afrika se oseane-ekonomie beklemtoon. Hy beklemtoon die…
20 May 2025 10PM 1 min

AR kap Windhoek Stadspolisie oor hardhandige optrede

Die AR-beweging se Khomas-leierskap het die gedrag van Windhoek Stadspolisie-beamptes teenoor straatverkopers ten sterkste veroordeel, na video's van twee beamptes wat ‘n vrou geslaan en ‘n vuurwapen in ‘n skare ongewapende mense getrek het, gesirkuleer is. Die leierskap eis ‘n deeglike ondersoek en dat die betrokke beamptes ontslaan of gestraf…
20 May 2025 10PM 1 min

CAN bied gratis kanker-siftingstoetse aan

Die Kankervereniging van Namibië bied môre gratis papsmere, borsondersoeke en vinnige PSA-prostaatkankersifting aan by hul Hoofkantoor Mediese Sentrum in Windhoek-Wes. Dit geld net vir die eerste 100 vroue en 25 mans, op 'n eerste daar, eerste bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.
20 May 2025 10PM 1 min

Nasionale Raad hoor van nalatigheid, geldvermorsing by Nida-projekte

Die opvolgverslag van die Nasionale Raad se staande komitee oor Openbare Rekeninge en Ekonomie oor sy besoeke aan die Karas-, Otjozondjupa-, Zambezi-, Kavango Wes- en Oshana-streke oor landbouverwerkingsprojekte is hersien. Die projekte sluit in die van die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida. Een van die bevindinge is dat die nalatigheid en…
20 May 2025 9PM 1 min

Cyril-Trump ontmoeting reeds voordelig vir Suider-Afrika

Suider-Afrika, Namibië ingesluit, se oë is vandag op die Withuis, waar Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa en Amerikaanse president Donald Trump sal ontmoet. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die samesprekings plaas Suider-Afrika as ontwikkelingstreek weer op die internasionale toneel. Dit sal positief vir die streek wees as die…
20 May 2025 9PM 1 min

VK skort vrye handel-gesprekke met Israel op

Betrekkinge tussen die Verenigde Koninkryk en Israel het die laagste vlak in dekades bereik nadat die Britse buitelandse sake-minister, David Lammy, onderhandelinge oor 'n nuwe vrye handelstransaksie opgeskort het. Hy sê dat breër gesprekke oor 'n toekomstige bilaterale strategiese padkaart met Israel ook hersien word. Lammy het in die parlement…
20 May 2025 8PM 1 min

SA immigrasiekrisis raak buite beheer: Action SA

ActionSA sê Suid-Afrika worstel met 'n immigrasiekrisis wat buite beheer raak. Lerato Ngobeni van die party sê die land het 'n grens vol gate, 'n binnelandse sake-departement wat ineenstort en 'n regering wat die politieke wil verloor het om op te tree. Sy sê ActionSA het lankal gewaarsku dat onbeheerde…
20 May 2025 8PM 1 min

VK skort vrye handel-gesprekke met Israel op

Betrekkinge tussen die Verenigde Koninkryk en Israel het die laagste vlak in dekades bereik nadat die Britse buitelandse sake-minister, David Lammy, onderhandelinge oor 'n nuwe vrye handelstransaksie opgeskort het. Hy sê dat breër gesprekke oor 'n toekomstige bilaterale strategiese padkaart met Israel ook hersien word. Lammy het in die parlement…
20 May 2025 8PM 1 min

Danny Jordaan prys Amajita, SA sokker

Sokker: Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê Amajita se 1-0 oorwinning oor Marokko in Kaïro, Egipte, om hul eerste Afrikabeker-titel vir onder-20-spelers te verower, was 'n ongelooflike prestasie. Hy het afrigter Raymond Mdaka geprys vir sy langtermynwerk met die span en sê stabiele afrigting het 'n groot…
20 May 2025 10AM 1 min

Mondesa jeug, Erongo-polisie spreek misdaad aan

Die Erongo-polisie en Mondesa Youth Against Crime het ’n uitreikprogram in Swakopmund aangebied om gemeenskapslede in te lig oor buurtwagte, misdaadvoorkoming, reserviste en meer. Die geleentheid het ook gesprekke oor ontvoerings- en mensehandelkwessies gefasiliteer, met deelnemers wat groter ouerbetrokkenheid en meer polisiesigbaarheid geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het met Senior…
20 May 2025 10AM 1 min

Nissan se aanleg-sluit planne bekommer Numsa

Numsa sê hy neem met kommer kennis van mediaberigte dat Nissan planne het om van sy aanlegte, insluitend die in Suid-Afrika, te sluit as deel van 'n kostebesparingsplan. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het geen formele kommunikasie of bevestiging ontvang nie en die inligting is slegs op mediaberigte…
20 May 2025 9AM 1 min
2760 – 2780