Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2960 – 2980

Vrae in VSA oor of dit werklik gaan oor 'narco terrorists'

Daar is bronne in die Amerikaanse weermag wat aan internasionale nuusagentskappe gesê het dat die aanvalle op verskeie bote in die Stille Oseaan, sowel as die opbou van Amerikaanse magte in Puerto Rico en die vragskip Gerald Ford wat ook op pad is, handel oor Nicolas Maduro se regering in…
30 Oct 2025 10PM 1 min

So lyk die voorspelling vir reën

Die reënseisoen blyk om in volle swang te wees met storms wat aangemeld word en naby Abenab het boere tot 100mm in een bui ontvang terwyl storms verwoesting gesaai het op Aranos. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Aiyambo, die hoof-weerkundige by die Namibië metereologiese diens, wat die reënvoorspelling…
30 Oct 2025 9PM 1 min

Unam keer hard teen aanlyndobbel onder studente

Daar is groot kommer in die buurland oor studente wat die fondse wat hulle van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente kry, misbruik om aanlyn te dobbel. Wisselvallige betalings van die hulpskema word gedeeltelik hiervoor blameer. Plaaslik sê Unam hulle het nog geen verslae ontvang dat dit hier gebeur nie…
30 Oct 2025 9PM 1 min

Aranos-gemeenskap staan saam maar kort bystand

Opdaterings kom in na 'n kragtige donderstorm Woensdag deur Aranos geskeur het. Ongeveer 200 inwoners bly ontheem terwyl herstelpogings voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met Aranos-kiesafdelingraadslid Salomon Boois gepraat, wat sê 'n ramprisikoverslag word saamgestel om te bepaal hoe om slagoffers die beste te help. Intussen staan die gemeenskap saam…
30 Oct 2025 9PM 1 min

DA dring aan op misdaadstatistiek

Die DA het 'n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die Polisiediens en waarnemende minister Firoz Cachalia te dwing om die lank-uitstaande misdaadstatistiek vir die kwartaal tussen Januarie en Maart vry te stel. Die DA se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, sê ondanks…
30 Oct 2025 8PM 1 min

Trump beveel Pentagon om kernwapens te toets, na Russiese toets

Die Amerikaanse president Donald Trump het die weermag gelas om onmiddellik toetse van Amerikaanse kernwapens te hervat ná 'n 33-jaar gaping. Die bevel is minute voor die aanvang van 'n vergadering met die Chinese president Xi Jinping uitgereik. Trump het gesê hy het die Pentagon opdrag gegee om die Amerikaanse…
30 Oct 2025 8PM 1 min

NV gevra om oor Brics-aansluiting te besluit

Die Swapo-parlementslid Tobie Aupindi het die parlement versoek om te besluit of Namibië by BRICS moet aansluit. Aupindi sê dat Brics-lidmaatskap ekonomiese groei sal bevorder, beleggings sal lok en internasionale samewerking sal verbeter. Hy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
30 Oct 2025 8AM 1 min

Adjunkministers onnodig, sê ActionSA

ActionSA sê sy voorgestelde grondwetlike wysiging om adjunkministers af te skaf, is weer in die parlement geldig bewys. Matthew George van die party sê tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting Dinsdag het die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, erken dat geen verantwoordelikhede aan hom jaar toegeken is nie en…
30 Oct 2025 8AM 1 min

NamPost maak toelaag-betalings se datums bekend

NamPost het kennis gegee dat geen maatskaplike toelaes voor 3 November betaal sal word nie, want dit is wanneer die betalingsiklus begin. Die maatskappy het ook die datums bekendgestel wanneer betalings gemaak sal word. Begunstigdes kan al die datums op die NamPost sosiale media blaaie kry. Kosmos 94.1 Nuus het…
30 Oct 2025 7AM 1 min

Euro-verpligting is betaal, maar 40% van die skuld bly

Namibië het amptelik sy Euro-verpligting van 750 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Rondom 6 miljard Namibiese dollar, sowat 40 persent van die skuld, is geleen van plaaslike banke wat ‘n impak kan hê op privaatsektor kredietverlening. Die Cirrus ekonoom Robert McGregor verduidelik.
30 Oct 2025 6AM 1 min

SA rand sterk na gryslys-verwydering, en Namibië baat ook

Die Suid-Afrikaanse rand het versterk tot net bo 17 teenoor die Amerikaanse dollar nadat Suid-Afrika van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Die ontwikkeling volg op die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy maatstafkoers te verlaag met 25 basispunte, wat vraag na die Amerikaanse geldeenheid afdwing en dus…
30 Oct 2025 6AM 1 min

Onderwys, opleiding 'moet in lyn kom met markvraag'

Die onderwysministerie word aangespoor om 'n holistiese blik op die land se huidige vaardigheids- en arbeidsbehoeftes te neem. Mede-ekonomiedosent by Unam, professor Denis Yuni, sê 'n omvattende assessering sal help om Namibië se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug en te verseker dat onderwys en opleiding beter in lyn is met werklike…
30 Oct 2025 5AM 1 min

Trump kan dooiepunt oor regeringsluiting oplos: Bernie Sanders

Die Amerikaanse regering se sluiting is nou in sy vyfde week. Die mees kritieke element is die sperdatum vir SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Die befondsing sal op 1 November opraak. Maar, die Republikeine en Demokrate wys vinger na mekaar, terwyl die president reis. Die leier van…
30 Oct 2025 5AM 1 min

Namibië op pad na Tweede Wêreldberaad vir Maatskaplike Ontwikkeling

Namibië berei voor om die Tweede Wêreldberaad vir Maatskaplike Ontwikkeling by te woon. Dit sal van 4 tot 6 November in Doha, Katar, gehou word. Die beraad sal wêreldleiers byeenroep om hul verbintenisse tot maatskaplike ontwikkeling te hernu, met die fokus op armoede-uitwissing, volle en produktiewe indiensneming, en maatskaplike integrasie…
30 Oct 2025 5AM 1 min

'Cat' Matlala het glo R500 000 vir Mchunu se ANC-veldtog betaal

Getuie C het aan die Madlanga-kommissie vertel die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala beweer hy het ongeveer 500-duisend Suid-Afrikaanse rand betaal vir die polisieminister, Senzo Mchunu, se veldtog vir die ANC-presidentskap. Hy sê Matlala het na bewering betalings deur die sakeman Brown Mogotsi gedoen om die vlugte en verblyf vir die…
30 Oct 2025 5AM 1 min

IRR stel staatsbestedingsplan voor

Die Instituut vir Rasseverhoudinge het 'n "Waarde vir Geld"-wetsontwerp voorgestel. Die nuwe voorgestelde wetsontwerp wil die manier waarop die regering staatsgeld bestee, verander. Dit sal die ingewikkelde punte-gebaseerde voorkeurstelsel met 'n enkele, deursigtige standaard vervang. Hermann Pretorius van die instituut sê die wetsontwerp behou beperkte en deursigtige gelykstaande voorkeure, soos…
30 Oct 2025 3AM 1 min
2960 – 2980