Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
300 – 320

Gru-ongeluk: NCS het Quantum-bus was beskikbaar gehad

Sekuriteitsminister Lucia Iipumbu sê 'n Quantum-bus was beskikbaar vir die 12 Namibië Korrektiewe Diens-beamptes wat Saterdag in die Mariental-ongeluk dood is. Sy het by 'n perskonferensie gesê dit is onduidelik waarom die beamptes in 'n voertuig vir gevangenes vervoer is. Vier oorlewende beamptes is in 'n kritieke toestand en kan…
1 Sep 8PM 1 min

SA verskerp stappe teen bek-en-klouseer

Landbouminister John Steenhuisen sê die regering gryp in om die verwoestende bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp. Hy het 274 onopgeloste gevalle in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga bevestig. Steenhuisen sê ook die oorblywende 400-duisend entstofdosisse uit Botswana is ontvang, met 50-duisend wat reeds versprei is. Hy sê die oorblywende dosisse…
1 Sep 8AM 1 min

'Hardwerkende' Shalulile verdien sy doelskiet-prestasie

Gelukwensinge stroom steeds in vir die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile. Shalulile, 'n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken, die meeste ooit in die Premierliga. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige hoofafrigter van die Brave Warriors,…
1 Sep 8AM 1 min

Aansoeke vir belastingvrye suiwel- en koringprodukte invoere nou oop

Die Namibiese regering nooi plaaslike firmas uit om aansoek te doen vir belastingvrye invoere van geselekteerde suiwel- en koringprodukte. Dit is deel van 'n poging om voedselkoste te verlaag en besighede te ondersteun onder 'n spesiale tariefkwotastelsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Regina Valombola, 'n skakelspesialis by die ministerie van…
1 Sep 7AM 1 min

Veerpyltjiespan maak skoonskip by AU Streek-5 toernooi

Namibië het vyf medaljes by die Afrika-Unie Sportraad Streek 5-veerpyltjietoernooi, wat die afgelope naweek in Zimbabwe gehou is, verower. Die land is verteenwoordig deur 'n span van agt spelers - vier meisies en vier seuns. Kosmos 94.1 Nuus het met Ludwig Ralph, president van die Namibiese Veerpyltjiefederasie, gesels oor die…
1 Sep 7AM 1 min

Ekonomie onder druk weens belasting op minderheid, lae lone

Namibië se ekonomie is onder druk. Kenners waarsku dat 'n kombinasie van hoë belasting op 'n klein groepie individue, 3,8 persent van die werkende bevolking, en lae lone vir die meerderheid ekonomiese groei kan vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Josef Sheehama gepraat, wat gewaarsku het dat hoë…
1 Sep 7AM 1 min

Privaatsektor 'moet meer help om korrupsie te bekamp'

Die Teenkorrupsie-kommissie het die privaatsektor versoek om groter verantwoordelikheid te neem om deursigtigheid en verantwoordbaarheid in hul handelinge te bevorder, veral in regeringskontrakte. Die kommissie het opgemerk dat baie van die klagtes wat hy ontvang, verband hou met verkrygings- en tenderprosesse, waar privaat entiteite dikwels as diensverskaffers aan die regering…
1 Sep 7AM 1 min

Asoli stel verkiesingsmanifes op 27 Sept. bekend

Die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, sal sy verkiesingsmanifes op 27 September bekendstel voor die komende streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Die vereniging se president Joseph Kauandenge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Asoli beplan om in Windhoek, Swakopmund en Otjiwarongo mee te ding.
1 Sep 6AM 1 min

Rowers slaan toe op kerke in Mpumalanga

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, doen 'n beroep op kerkleiers om sekuriteitsmaatreëls te verskerp om hulleself en hul gemeentelede beter te beskerm. Ses gewapende mans het Vrydag 'n kerk in SunCity A, KwaMhlanga, tydens 'n naggebedsdiens bestorm en gemeentelede beroof. Twee kerke is ook in Bosbokrand beroof. Die…
1 Sep 6AM 1 min

EU, Namibië bevestig samewerkingsbande

Die 2025 Namibië-Europese Unie Vennootskapsdialoog is in Windhoek aan die gang. Die eendag-dialoog sal fokus op kwessies van ekonomiese en ontwikkelingsamewerking op die gebied van energie, kritieke grondstofwaardekettings, vroue, vrede en veiligheid. Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, het by die geleentheid gepraat.
1 Sep 5AM 1 min

Beveilig all weermagbasisse dringend, eis DA

Die DA eis ʼn onmiddellike, dringende en volledige opknapping van alle installasies by die Suid-Afrikaanse Weermag se militêre basisse. Dit volg ná die onlangse diefstal van ammunisie by die Bloemspruit-lugmagbasies in die Vrystaat. Die party sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en die SANW moet voor die parlement verskyn…
1 Sep 5AM 1 min

Madlanga-kommissie kan nie vandag begin nie

Die Madlanga-kommissie sê ʼn nuwe begindatum vir sy werksaamhede sal bevestig word sodra alle ICT-stelsels ten volle operasioneel is. Die kommissie wat misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel moet ondersoek, sou vandag met sittings begin. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling kon egter nie die nodige infrastruktuur…
1 Sep 3AM 1 min

Britte is sat vir migrante

Protesaksies neem toe in Brittanje, veral by hotelle waar migrante gehuisves word. Die Tories se skadu-minister vir binnelandse sake, Chris Philp, sê dat sedert Januarie het 29 000 migrante in die land op bote aangekom en mense is sat. Hy sê die Arbeidersregering luister nie na die bevolking nie.
1 Sep 3AM 1 min

Groenwaterstofprogram verduidelik vertraagde omgewingsimpakstudie

Die Namibiese groenwaterstofprogram het ná jare se vertragings 'n internasionale firma beopdrag om 'n omgewingsimpakstudie in die Tsau//Khaeb Nasionale Park uit te voer. Woordvoerder Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat plaaslike bieërs nie aan die nodige kriteria voldoen het om die studie uit te voer nie en…
1 Sep 3AM 1 min

Kommer in SA dat VSA-sanksies SWIFT stelsel kan raak

Staar Suid-Afrika finansiële isolasie in die gesig? Te midde van toenemende spanning oor die land se vermeende verbintenis met Rusland, neem kommer toe dat Amerikaanse sanksies daartoe kan lei dat Suid-Afrika afgesny word van SWIFT, die globale stelsel wat internasionale betalings beveilig en versnel. Maar ekonoom Dawie Roodt dring aan…
1 Sep 3AM 1 min

Aanslag tot elektrisiteit moet verander, raak onbekostigbaar

Stygende elektrisiteitstariewe in Namibië dreig om 'n basiese noodsaaklikheid in 'n luukse te omskep wat slegs die wel-af inwoners kan bekostig, en huishoudings en klein besighede sukkel om te oorleef. Namate kostes styg, studeer kinders by kerslig, gesinne staar gesondheidsrisiko's in die gesig, en besighede sluit hul deure. Kosmos 94.1…
1 Sep 3AM 1 min

Onderwys, gesondheid kry aandag - Ngurare

Eerste minister Elijah Ngurare het gehalte-onderwys en uitgebreide gesondheidsorg aan al 121 kiesafdelings van die land belowe. Die eerste minister het vanuit die Oshihepo-nedersetting in Omundaungilo, Ohangwena-streek, gesê dat geen gemeenskap agtergelaat sal word nie.
1 Sep 2AM 1 min

SA-regering het kommer oor omvang van Soedan se burgeroorlog

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die voortslepende burgeroorlog in Soedan hou ʼn groot bedreiging in vir die land en omliggende streek se bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Die konflik tussen die Soedannese Weermag en die Rapid Support Forces wat in April 2023 uitgebreek het, het meer as 150…
1 Sep 2AM 1 min

Uitsettingsbevele uitgereik om staatsgrond terug te kry in SA

Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, het uitsettingskennisgewings uitgereik aan meer as 100 onwettige besetters wat staatseiendom in Kaapstad gekaap het. Twee eiendomme in Goodwood en Khayelitsha wat vir die polisie se gebruik bedoel is, is gesteel en word onwettig beset. Dis deel van Operasie Bring Terug,…
1 Sep 1AM 1 min
300 – 320