Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3000 – 3020

Ons reageer nie op opdragte via media: Katima HUB aan minister

Katima Mulilo se uitvoerende hoof, Raphael Liswaniso, het landelike en stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se versoek om voertuie terug te gee wat glo in ruil vir grond ontvang is, verwerp. Liswaniso ontken dit was ’n ruiltransaksie, en verduidelik dat grond verkoop is en goedere van gelyke waarde ontvang is om…
12 May 2025 7AM 1 min

Plant bome vir Nujoma, bid vir eenheid: NNN

Wyle stigterspresident Sam Nujoma se verjaarsdag was vandag by die Heldeakker herdenk. Namibiërs is gevra om 'n boom te plant ter herdenking aan die president se lewe en sy passie vir bewaringspogings. Tydens die seremonie het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gepraat oor die land se probleme, veral werkloosheid. Ndaitwah sê die…
12 May 2025 7AM 1 min

Goudprys effe af, maar sal weer styg, sê kenner

Goudpryse het met 3 persent gedaal tot die laagste vlak in meer as ’n week nadat die VSA en China ooreengekom het om wederkerige tariewe te verlaag. Dit het die Amerikaanse dollar versterk en goud se aantrekkingskrag as 'n veilige belegging verminder. Spothandel in goud het tot 3 224, 34…
12 May 2025 7AM 1 min

Gautent onderbestee R1,8 miljard, UDM eis ondersoek

Die UDM in Gauteng eis 'n onafhanklike forensiese ondersoek na die provinsiale regering se onderbesteding van sy jaarlikse begroting. Die provinsie het geld aan die Nasionale Tesourie terugbetaal nadat hy 1,8 miljard-rand onderbestee het. Andile Jabavu van die UDM sê dit is oneties en onredelik dat 'n regering wat met…
12 May 2025 6AM 1 min

Man U se Amorim praat prontuit oor swak vertoning

Sokker: Manchester United se hoofafrigter, Ruben Amorim, het voorgestel dat hy vervang word indien hy nie volgende seisoen die klub se kultuur kan verander nie. Die Reds het gisteraand hulle Premierligawedstryd teen West Ham op Old Trafford 2-0 verloor. Hulle staan op 39 punte en is 16de op die punteleer,…
12 May 2025 6AM 1 min

Dis hoekom nuwe N$50-noot opdateer is

Die sentrale bank het ‘n nuwe 50-dollar banknoot vandag bekendgestel. Die verskil lê in die handtekening van die goewerneur wat opdateer is van Ipumbu Shiimi na Johannes !Gawaxab. Volgens !Gawaxab volg die bank internasionale standaarde. Hy verduidelik.
12 May 2025 5AM 1 min

Polisie skiet 5 verdagtes in KZN dood

Vyf verdagtes wat verbind word met die moord op twee polisiebeamptes en 'n paartjie is dood in 'n skietgeveg met die polisie in Mophela by Hammarsdale, wes van Durban. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting ontvang dat die verdagtes op die Mophela-pad onderweg was. Hy sê hulle het…
12 May 2025 5AM 1 min

SAKP onderhandel steeds oor deelname aan plaaslike verkiesing

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê hulle gaan voort om met mekaar te onderhandel oor hul besluit om aan die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 deel te neem. Die SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die grondkwessie is die afgelope 30 jaar ongelukkig afgeskeep…
12 May 2025 3AM 1 min

Britte versterk migrasie-wette

Die Arbeidersparty het wetgewing rakende migrante verskerp. Amper ‘n miljoen mense het in 2023 die land binnegekom wat gedaal het na 728 000 in 2024. Luidens die nuwe reëls is die standaarde verhoog met ‘n universiteitsgraad en volmagtig Engels as basiese vereiste, onder andere. Die Britse premier Keir Starmer…
12 May 2025 3AM 1 min

Huldeblyke vir Philander

Huldeblyke stroom in vir die bekende dramaturg, akteur en kulturele aktivis Freddie Philander. Die 76-jarige is aan hartversaking oor die naweek oorlede. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië gepraat, wat as joernalis werksaam was en Philander deur sy joernalistiek en Namibiese kuns goed…
12 May 2025 3AM 1 min

Ekonoom sê oor brandstofprys met olie wat klim

Sal die styging van die Brent-olieprys die brandstofprys beïnvloed? Dit kom, onder andere, na die kommoditeit herstel het na die aankondiging van ‘n 90-dag ooreenkoms rakende tariewe tussen die VSA en China. Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê terwyl dit nog vroeg in die maand is, is olie steeds baie laer as…
12 May 2025 3AM 1 min

Bitcoin klim weer (en steeds)

Die prys van Bitcoin styg sedert 6 Mei en staan tans net bo 105 000 Amerikaanse dollar, rondom 1,9 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Nikolai Tjongarero van EasySats gepraat wat meer inligting gee oor die moontlike redes vir die styging.
12 May 2025 3AM 1 min

Air Namibia: 'First call-back' is in hulle afleggingskontrakte

AR-parlementslid Vaino Hangula het vervoerminister Veikko Nekundi gevra om voormalige Air Namibia-werknemers te betrek by die stigting van die nuwe nasionale lugdiens, wat teen Desember 2026 beplan word. Hangula, self 'n voormalige Air Namibia werknemer, beklemtoon dat hulle unieke vaardighede het en eis dat hulle eerste oorweeg word vir werk…
12 May 2025 2AM 1 min

Vergeet van Brittanje, Soweto sal my altyd verwelkom - Malema

Die EFF-leier Julius Malema sê hy is nie skaam dat sy visum vir die Verenigde Koninkryk verlede week geweier is nie. Hy sou by die Cambridge-universiteit se Africa Together-konferensie praat. Die Britse Hoëkommissariaat in Suid-Afrika sê Malema se visum kon weens bankvakansiedae in Brittanje nie afgehandel word nie. Malema het…
12 May 2025 2AM 1 min

VSA-China ooreenkoms stoot olieprys op

Die prys van Brent ru-olie is besig om te styg en het sedert markte oopgemaak het met amper 3 persent geklim. Dit kom na die VSA en China tariewe aansienlik verlaag het vir die volgende 90 dae met onderhandelings wat voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Dawie Klopper gepraat.
12 May 2025 1AM 1 min

Ngurare sê kleinsake is 'n belegging in lewenskragtigheid

Eerste minister Elijah Ngurare sê ‘n belegging in klein besighede is ‘n belegging in lewenskragtigheid. Ngurare het tydens die fondsinsamelingsdinee van die Oshakati Totem Expo op die dorp gesê dié skou bied nie net ‘n platform vir SME’s nie, maar ook vir kleinskaalse boere, groot besighede en kultuur. Dit bevorder…
12 May 2025 1AM 1 min

Nieu-Seeland vat onder-20-trofee

Nieu-Seeland het Suid-Afrika op die Nelson Mandelabaai-stadion in die Baai naelskraaps met 48-45 geklop om die Onder-20-Rugbykampioenskapstitel te behou. Die Kiwi’s was met 19-0 agter, maar het met net 13 spelers sokkies opgetrek vir ʼn epiese oorwinning. Australië is tweede na ʼn welverdiende 40-36-sege oor Argentinië, wat laaste is, met…
12 May 2025 12AM 1 min

Maak die kanaal finaal reg - Shaningwa

Tydens 'n Nasionale Vergadering-sitting het die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, reageer op die landbouminister se verslag oor water en mariene hulpbronne. Sy sê die ministerie mors jaarliks geld op slote grawe sonder dat water van die Calueque-Oskahati-knaal ooit Omuthiya bereik. Sy het ook duidelik gemaak dat sy nie belangstel…
12 May 2025 12AM 1 min

DBV behaal sukses in beskerming van 600 000 teelkuikens

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hulle is steeds verbind tot die handhawing van hul mandaat om alle diere in Suid-Afrika te beskerm. Die raad het suksesvol 'n dringende tussentydse hofbevel verkry van die Hooggeregshof in Johannesburg, wat Daybreak Foods dwing om onmiddellik alle onmenslike uitdunningspraktyke te staak en voldoende,…
11 May 2025 11PM 1 min
3000 – 3020