Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3060 – 3080

Ministerie sê oor arbeidsinspeksies

Die arbeidsministerie het in die vorige boekjaar 1 739 werkplekinspeksies oor basiese diensvoorwaardes uitgevoer. Dit het betaling, werksure, verlof, akkommodasie en meer ingesluit. ‘n Totaal van 353 maatskappye, amper een ‘n dag, was in stryd met arbeidswette. Die ministerie se woordvoerder, Maria Hedimbi, het meer.
9 May 2025 3AM 1 min

Besnoeiing aan studentehulp wek kommer

Onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê begrotingsbesnoeiings bly ’n bedreiging vir die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het in hierdie akademiese jaar beduidend minder finansiële ondersteuning aan privaat diensverskaffers gegee vir studentebehuising. Makaneta doen ’n beroep op die regering om voldoende befondsing vir studentebehuising te…
9 May 2025 2AM 1 min

Onbekend wanneer VK, VSA ooreenkoms in werking tree

Die hoofsekretaris vir die Britse Tesourie, Darren Jones, sê daar is nog baie werk om te doen in verband met Amerikaanse tariewe en sektore moet uitgebrei word. Dit kom na ‘n ooreenkoms rakende voertuie en aluminium uitvoere na die VSA.
9 May 2025 2AM 1 min

Nust en sy wagte kom tot verhaal

Dit wil voorkom asof Nust daadwerklike stappe geneem het om die agterstallige minimumloon teen 23 Mei te betaal. Dit kom na wagte van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit het. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt van…
9 May 2025 1AM 1 min

Katolieke op die vasteland juig

Katolieke op die vasteland juig oor die vinnige verkiesing van ‘n nuwe pous in pous Leo XIV. Hy is die eerste Amerikaner wat die amp sal vul. In Cape Coast in Ghana sê die bekende Katolieke priester, father Bonaventure Quaidoo, en sy ondersteuners daar is geen politiek betrokke nie. Quaidoo…
9 May 2025 12AM 1 min

Groot koue op pad na die Kaap

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak-vier waarskuwing uitgereik vir sterk winde en golwe langs die Wes-Kaapse kus hierdie naweek. Woordvoerder van die Rampbestuursentrum, Sonica Lategan, sê die winde sal vanaf vanaand tot môreaand toeneem en moontlik skade aan dakke, bome en langs die kusgebiede veroorsaak:
9 May 2025 12AM 1 min

Wagte sluit Nust se hekke

Vanoggend het werkers van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit, blykbaar in protes teen die maatskappy se versuim om aan die minimumloonbevel te voldoen. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt saam met die werkers en eis regverdige…
8 May 2025 11PM 1 min

Knopvelsiekte: Landbou sê oor inenting, reëls

Die landbouministerie het verlede week 'n uitbreking van knopvelsiekte in die Outjo-omgewing aangekondig, en ook 'n inentingsprogram uitgereik vir hervestigde plase. Die skedule kan by die ministerie aangevra word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die woordvoerder van die landbouministerie, wat die regulasies uiteensit.
8 May 2025 11PM 1 min

VSA en VK beklink handelsooreenkoms

Amerika se president, Donald Trump, het Donderdag 'n handelsooreenkoms met die Verenigde Koninkryk aangekondig. Hy het die 25-persent-tarief op Britse staal en aluminium geskrap en die koers op motor-uitvoere van 27,5 persent tot 10 persent verlaag. In ruil daarvoor het Brittanje die tarief op etanol verwyder. Trump sê Amerika sluit…
8 May 2025 11PM 1 min

Europaliga: Dis Man U teen Spurs in eindstryd

Manchester United kom op 21 Mei teen Tottenham Hotspurs in die eindstryd van die Europaliga in Bilboa, Spanje te staan. Twee doele deur Mason Mount van United, wat met een doel agter was, het aan sy span die oorwinning van 4-1 teen Athletic Club besorg in hulle tweede halfeindstryd-ontmoeting op…
8 May 2025 10PM 1 min

Giwusa sê GNU lewer die land uit aan imperialistiese belange

Die algemene nywerheidswerkersvakbond Giwusa sê die regering van nasionale eenheid is ’n sameswering om onder die vaandel van ekonomiese groei, die privatisering van staatsbates en die verswakking van omgewingsregulasies te fasiliteer. President Cyril Ramaphosa het die tweede fase van Operasie Vulindlela van stapel gestuur met die doel om vinniger en…
8 May 2025 10PM 1 min

Canyon se staproete is oop, maar...

Namibia Wildlife Resorts het in laat April aangekondig dat die Visrivier afgrond-stapseisoen, wat op 1 Mei sou begin, uitgestel is tot verdere kennisgewing. Dit was weens die stygende watervlak van die Visrivier nadat sluise by die Neckartal- en Nautedamme, wat toe vol was, getrek is. Kosmos 94.1 Nuus het met…
8 May 2025 10PM 1 min

Daar is nog groot dele van die land wat uiters droog is

Ten spyte van wydverspreide goeie reën word dele van die land, soos Gochas, steeds erg deur droogte geraak. Inwoners rapporteer uiters droë toestande, met min plantegroei en skaars waterbronne. Boere sê die droogte bedreig steeds hul lewensbestaan, en hulle doen 'n beroep op dringende verligting en ondersteuning van die owerhede…
8 May 2025 9PM 1 min

GRN se Epangelo-aandeelplan is dom

Nog reaksie word ontvang op die Swapo-manifes se implementeringsplan, veral die standpunt oor mynwese. Onder die sektor, beloof die party om 50 persent van alle nuwe eksklusiewe prospekteerlisensies aan Epangelo Mining, ‘n regeringsmaatskappy toe te ken. Die manifes praat ook oor 900 megawatt in geïnstalleerde energiekapasiteit wat bereik moet word…
8 May 2025 9PM 1 min

Amerikaner verkies as pous, neem Leo XIV aan

Die 69-jarige Amerikaanse kardinaal Robert Francis Prevost is verkies as pous Leo XIV, waarna hy meer as 100 000 pelgrims en toeriste op Sint Petrusplein in die Vatikaanstad toegespreek het. Die gematigde, Chicago-gebore kardinaal is in senior rolle onder pous Franciskus aangestel. Hy het beduidende sendingervaring in Peru opgedoen, waar…
8 May 2025 8PM 1 min

Suid-Afrikaners moet saamstaan en kinders beskerm

Die regering vra Suid-Afrikaners in Kinderbeskermingsmaand om saam te staan en elke kind se waardigheid, veiligheid en onskuld te beskerm. Verslae toon dat meer as die helfte van die land se kinders steeds onder die broodlyn leef. Geweld, armoede en wanvoeding, ongelykheid en onvoldoende toegang tot noodsaaklike dienste belemmer ook…
8 May 2025 8PM 1 min

AfriForum kap stilswye oor myn-aansoek by Krugerwildtuin

AfriForum sê dit is kommerwekkend dat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, stilbly oor Tenbosch Mining se aansoek om 'n steenkoolmyn naby die Krugerwildtuin te vestig. Die burgerregteorganisasie het in April die departement en SANParke versoek om 'n openbare verklaring uit te reik oor hul standpunt…
8 May 2025 9AM 1 min

Itoje kaptein van Britse en Ierse Leeus vir Australië-toer

Rugby: Maro Itoje sal die eerste Engelse kaptein van die Britse en Ierse Leeus wees sedert Martin Johnson in 2001. Dit is vanmiddag in 'n seremonie in Londen aangekondig, tydens die bekendmaking van die toerspan na Australië. Hoofafrigter Andy Farrell het die Suid-Afrikaners Duhan van der Merwe en Pierre Schoeman…
8 May 2025 9AM 1 min

Aktivis bly oor ingryping oor Khoekhoegowab by Auas Laerskool

Auas Laerskool het 'n perskonferensie gehou om sosiale media-aantygings aan te spreek oor die verwydering van Khoekhoegowab as onderrigmedium. Die geleentheid het by die skool plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Shaun Gariseb gesels. Hy sê hulle stel nie belang in die heen en weer nie en is…
8 May 2025 8AM 1 min
3060 – 3080