Die Ohlthaver & List Groep sal op 1 Julie sy eie landwye kleinhandelwinkels onder die Model-handelsmerk bekendstel. Sven Thieme, die groep se voorsitter, het aangekondig dat dit sal gebeur na die groep, wat voorheen winkels onder die Model Supermarket-handelsmerk bedryf het, die Pick N Pay-franchise-ooreenkoms verlaat het. Sven Thieme, die…
Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid…
Die DA het die hernuwing van belangrike Memorandums van Verstandhouding tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou en groot kommoditeitsorganisasies verwelkom. Hierdie vennootskappe is gemik op die ondersteuning van boereontwikkeling deur mentorskap, opleiding en toegang tot markte, wat begunstigdes van grondhervorming bevoordeel. Woordvoerder van die DA, Noko Masipa, sê die samewerking…
Oudpresident Joe Biden het sy eerste onderhoud sedert hy die Withuis verlaat het aan die BBC toegestaan. Hy het gepraat oor sy nalatenskap, buitelandse beleid en sy siening van president Donald Trump se eerste 100 dae.
Inligtingminister Emma Theofelus het haar begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Sy het beklemtoon dat die ministerie beoog om die netwerk met behulp van vennote uit te brei na kiesafdelings met swak of geen dekking. Kubersekuriteit sal aandag geniet, terwyl die Kubermisdaad-wetsontwerp en wysigings aan die Kommunikasiewet vanjaar voor die…
Die Amerikaanse sentrale bank waarsku dat president Donald Trump se tariewe soveel onsekerheid geskep het dat hy onseker is wat om met rentekoerse te doen. Die Federale Reserweraad het rentekoerse onveranderd gehou, ten spyte van druk van Trump om leenkoste te verlaag. Die voorsitter van die raad, Jerome Powell.
President Cyril Ramaphosa sê die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering sal 'n mededingende mark skep, koste besnoei en doeltreffendheid verhoog. Ramaphosa het aangekondig om Eskom te herstruktureer en die transmissie-infrastruktuur uit te brei. Hy het ook bevestig Transnet se spoorwegnetwerk sal binnekort privaat operateurs verwelkom, en 'n Nasionale Wateragentskap sal gevorm word…
Paris St-Germain is deur na die Kampioeneliga se eindstryd na hulle Arsenal met 2-1 in hulle tweede halfeindstryd-ontmoeting geklop het en met 3-1 op doelgemiddelde geseëvier het. Doele deur Fabian Ruiz en Achraf Hakimi het die oorwinning vir PSG beklink wat in die eindstryd teen Inter Milan te staan kom…
Afrikaans vier vandag 100 jaar van erkenning as 'n amptelike taal! Op 8 Mei 1925 is die taal amptelik erken as landstaal in Suid Afrika en word steeds wyd gepraat, ook hier en elders. Chrisna O’Kennedy, uitvoerende hoof van Netwerk Namibië het ‘n spesiale boodskap vir Kosmos 94.1 se luisteraars.
Die gasvryheidsektor is bekommerd oor 'n voortgesette inkrimping in besettingsyfers in die eerste drie maande van die jaar. Die sektor hoop dat die piekseisoen tussen Julie en September die gewone hoë kamer- en bedbesettingsyfers sal lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Theo Klein, bekende ekonoom by Oxford Economics in…
In die Swapo manifes implementeringsplan vir 2025 beplan die regering om groter eienaarskap van myne en eksplorasie in die land te verkry. Die manifes se Swapo het ten doel gestel om te verseker dat minimum 50 persent van alle nuwe eksplorasie lisensies aan Epangelo Mining, die regering se mynmaatskappy, toegestaan…
Die parlementêre portefeuljekomitee oor die Polisie het die polisiebestuur gekritiseer oor die onskuldigbevinding van agt BBP-lyfwagte van adjunkpresident Paul Mashatile na die N1-hoofweg-aanranding in 2023. Die beamptes, wat 12 strafregtelike aanklagte, insluitend aanranding, in die gesig staar, is elk op borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand vrygelaat. Die komitee se…
Spanning laai op tussen die kernmoondhede Indië en naburige Pakistan, na Indië missielaanvalle op Pakistan en Pakistan-geadministreerde Kasjmir geloods het. Dit was na 'n terroriste-aanval op toeriste in Indies-geadministreerde Kasjmir. Volgens 'n Pakistanse militêre woordvoerder is minstens 31 burgerlikes dood en 46 gewond. Pakistanse premier Shehbaz Sharif het op die…
Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney…
'n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op 'n daling in…
Adjunk eerste minister en myne en energie-minister, Natangwe Ithete, het in sy begrotingsverklaring in die parlement 'n opsomming van die ministerie se werksaamhede gegee. Hy het die rol van hernubare energie uitgesonder en verwys na die biomassa-aanleg by Tsumeb, en hoe dit die elektrisiteitsnetwerk sal ondersteun.
Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, is teleurgesteld met sy span se vertoning in die tweede helfte van hulle wedstryd teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha. Australië het na rustyd 'n agterstand van 17 punte omgekeer om Suid-Afrika 29-24 te klop. Foote…
Namibië het sowat 300 ampules slangbyt-teenmiddel in voorraad, te midde van 'n breër tekort aan teenmiddels regoor Afrika. Anders as in lande soos Kenia, bly die plaaslike voorraad stabiel danksy 'n vennootskap vanaf 2021 met Indië se Premium Serums. Die land het egter nog nie 'n voorraad van effektiewe teenmiddels…
Kort op die hakke van drie verdagtes wat in Keetmanshoop gearresteer en in die hof verskyn het in verband met die Namdia-rooftog, kom die nuus dat nog 'n verdagte aangekeer sal word. NamPol adjunk-hoofinspekteur-generaal Elias Mutota het aan die nasionale uitsaaier gesê die verdagte is 'n Namdia-sekuriteitsbeampte, en 'n familielid…
Die Walvisbaai-jeugforum kla geweldig op sosiale media oor die stand van sake met munisipale dienste in Walvisbaai. Volgens die groep gaan die sanitasie van die dorp ook agteruit. Die munisipaliteit maak ook nie die dorp skoon nie. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale raadslid, Ryan Gordon gepraat wat sê die…
7 May 2025 8AM
1 min
3100 – 3120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.