Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3140 – 3160

Nekongo belowe NNN-administrasie sal werklose vissermanne-saak aanspreek

Die Swapo LP, Ephraim Nekongo, het homself uitgespreek oor die kwessie van werklose vissermanne aan die kus. Ten spyte van die Fishrot-skandaal wat steeds by die gemeenskap spook, word werkers afgedank in wat hulle beskryf as onregverdige afdanking. Kosmos 94.1 Nuus het met Nekongo gepraat. Hy sê die huidige administrasie…
6 May 2025 9PM 1 min

Hidrologiese Diens gesels oor oorstromings in Benede-Oranje

Owerhede in Suid-Afrika het bevestig dat die vloede langs die Oranjerivier die ergste sedert 1988 is, en massas water is steeds op pad na oewergemeenskappe in Namibië. Die plaaslike hidrologiese diens het reeds inwoners van Noordoewer en Aussenkehr teen die moontlikheid van oorstromings gewaarsku. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
6 May 2025 9PM 1 min

Kanada sal nooit te koop wees nie - Carney

Kanadese eerste minister Mark Carney en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump het in die Withuis ontmoet vir die eerste keer sedert Kanada se verkiesing. Analiste is van mening Carney het die ontmoeting goed benader, en dit het nie ontaard in 'n onsmaaklike vertoning soos met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie…
6 May 2025 8PM 1 min

Steenkamp lê onderwysbegroting voor

Die begroting vir die onderwysministerie, wat insluit innovasie, jeug, sport, kuns en kultuur, Stem 27, is deur lynminister Sanet Steenkamp in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Besprekings en debatte daaroor sal vandag plaasvind. Steenkamp het 'n oorsig gegee van die bewilliging, wat 'n voorgestelde begroting van 1,2 miljard Namibiese dollar beloop…
6 May 2025 8PM 1 min

Vesel-internetverbindinge groei, en RocketNet help

Die Namibiese regering het ‘n beleid oor internetverbinding wat fokus op die bereiking van universele toegang tot inligting- en kommunikasietegnologieë, insluitend breëbandinternet, vir alle burgers. Die plaaslike veselnetwerk is besig om uit te brei met nuwe spelers wat die bedryf betree. In 2019 het RocketNet die industrie betree om Namibiërs…
6 May 2025 9AM 1 min

Parlement vra optrede na George-bouramp

Die parlement se portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings betreur die administratiewe mislukkings by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad wat tot die instorting van 'n gebou in George gelei het. Die voorsitter, Nocks Seabi, het in die Parlement gepraat op die eerste herdenking van die tragedie en eis die vinnige vervolging van die ontwikkelaar…
6 May 2025 9AM 1 min

Namcor, vennote versnel ontwikkeling van Venus-olieveld

Namcor en sy gesamentlike ondernemingsvennote Totalenergies, QatarEnergy en Impact Oil and Gas, sê hoewel die Marula-1x-eksplorasieput droog was, bly hulle gefokus op die kommersiële potensiaal van die Venus-veld. Die Venus-veld is geleë in Blok 2913B in PEL 56, aflandig van die Namibiese suidkus, terwyl Marula-1x ver buite die veld was…
6 May 2025 8AM 1 min

SA regering trek te velde teen mensehandel

Die regering sê mensehandel is 'n ernstige misdaad wat belangrike menseregte skend. Die owerhede het verlede maand 23 jong Suid-Afrikaners van dwangarbeid in Mianmar gered nadat hulle valslik gewerf is vir werk met die belofte van 'n maandelikse salaris van 15 000 Suid-Afrikaanse rand. In Februarie is 26 Ethiopiërs gered…
6 May 2025 8AM 1 min

Soektog na man wat in Swakopmund-see inloop duur voort

Op 3 Mei het 'n soektog na 'n onbekende man begin wat volgens die publiek gesien was waar hy op die strand naby die akwarium in Swakopmund rondgedwaal het. Volgens ooggetuies het hy later die see ingestap. Dit is al dag drie van die soektog en gemeenskaplede het 'n vermoede…
6 May 2025 7AM 1 min

Krieket Namibië HUB besing nuwe Eagles-afrigter Williams

Krieket Namibië het die voormalige nasionale veelsydige speler Craig Williams as die nuwe hoofafrigter van die FNB Eagles aangestel, na Pierre de Bruyn uitgetree het. Williams, 'n ervare speler met jare se ondervinding, tree in die rol om die span na sy volgende fase van ontwikkeling te lei. Krieket Namibië…
6 May 2025 7AM 1 min

NV hoor MIV/Vigs-behandeling nie deur befondsingkrisis geraak

Parlementslede is steeds besig om die bewilligingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering te bespreek. Stem 17, die 12,8 miljard Namibiese dollar toewysing aan gesondheid, was aan die beurt. Tydens die motivering het gesondheidminister Esperance Luvindao die verskillende programme uiteengesit. Sy het benadruk dat MIV/Vigs-behandeling nie deur die onttrekking van USAid-befondsing geraak…
6 May 2025 7AM 1 min

Dis hoekom Gaseb nie van moord aangekla is nie

'n Sosiale media-storm het losgebars na die vermeende bestuurder wat 1 Mei se gru-ongeluk veroorsaak het, in die hof verskyn het. Die botsing het die lewens van vyf mense, insluitend die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, geëis. Die 37-jarige Ronnie Gaseb is onder andere op vyf klagtes van…
6 May 2025 7AM 1 min

Savannah Beef in wording, vele werksgeleenthede wag

Die beplanning vir die opening van Savannah Beef Namibia is goed op dreef met die eerste toetsverslagting wat in Augustus sal begin. Die droom vir 'n eie, wêreldklas abattoir wat deur boere besit en bestuur word was vyf jaar gelede van stapel gestuur deur die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum,…
6 May 2025 7AM 1 min

Oud-Nudo hoë Kauandenge vertel van sy planne

Josef Kauandenge, die president van die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, sal die organisasie amptelik onder die tema "Pulling Others Up" op 9 Mei bekendstel. Hy sal ook aan die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar vir die hoofstad meeding. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige sekretaris-generaal van Nudo,…
6 May 2025 6AM 1 min

Mike Pence kap Trump-regering oor Oekraïne

President Donald Trump se adjunk tydens sy vorige termyn, Mike Pence, sê Rusland wil nie eintlik die Oekraïnse oorlog beëindig nie, en president Validimir Putin wil die land hê. Hy voeg by dat die wankelende steun oor die afgelope maande vir Oekraïne deur die Trump-administrasie Rusland net aangemoedig het. Hy…
6 May 2025 6AM 1 min

Huishoudings maak steeds min skuld, maar dit tel op

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Cirrus sê die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het. Die makelaarsfirma sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met…
6 May 2025 5AM 1 min

GOOD soek geregtigheid, 1 jaar na gebou se instorting

Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê met die eerste herdenking van die instorting van 'n gebou in George vandag word mense herinner dat tyd nie geregtigheid of aanspreeklikheid gebring het vir die slagoffers se naasbestaandes nie. Vier-en-dertig mense is dood toe die vyfverdiepinggebou in aanbou ingetuimel het. Die minister van…
6 May 2025 5AM 1 min
3140 – 3160